Nasa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
NASA se hoofkantoor in Washington, D.C.

Die National Aeronautics and Space Administration, afgekort as NASA, is 'n onafhanklike agentskap van die federale owerheid in die Verenigde State van Amerika (VSA), wat verantwoordelik is vir die VSA se menslike ruimtevaartprogram. NASA doen ook navorsing, en koördineer navorsing op die gebied van lug- en ruimtevaart.

Die Amerikaanse president Dwight D. Eisenhower het die National Aeronautics and Space Administration in 1958[1] gestig met 'n duidelike burgerlike (eerder as 'n militêre) oriëntasie om vreedsame aansoeke in die ruimtelike wetenskap aan te moedig. Die NASA-wet is op 29 Julie 1958 aanvaar en het die NASA se voorganger, die National Advisory Committee for Aeronautics (NACA), ontbind. Die nuwe agentskap het op 1 Oktober 1958 amptelik in werking getree.[2][3]

NASA het verskeie navorsing senters reg oor die VSA (bv. Johnson Space Center,Jet Propulsion Laboratory, JPL, Kennedy Space Center, Goddard Space Flight Center, Glenn Research Center) en ook verskeie vuurpyl lanseer plekke, die bekendste is Cape Canaveral in Florida.

Simbole[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Ike in History: Eisenhower Creates NASA”. Eisenhower Memorial: 2013. URL besoek op 27 November 2013.
  2. (en) The National Aeronautics and Space Act”. NASA: 2005. URL besoek op 29 Augustus 2007.
  3. (en) Bilstein, Roger E. (1996). “From NACA to NASA”, NASA SP-4206, Stages to Saturn: A Technological History of the Apollo/Saturn Launch Vehicles. NASA. p. 32–33. ISBN 978-0-16-004259-1. Besoek op 6 Mei 2013. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: