Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigeen verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Antarktika is 'n kontinent by die Suidpool van die Aarde, omring deur die Suidelike Oseaan en in twee verdeel deur die Transantarktiese Berge. Antarktika is die koudste plek op aarde (die laagste temperatuur ooit gemeet was op die suidpool: -94.7 °C) en die kontinent is byna volledig met ys bedek. Dit is ook die kontinent met die laagste gemiddelde lugvogtigheid en dit is die winderigste en hoogste (gemiddeld) kontinent op aarde. Die kontinent se 14 miljoen km² oppervlak maak dit die vyfde grootste kontinent, ná Asië, Afrika, Noord-Amerika en Suid-Amerika, en die grootste woestyn ter wêreld. Daar is geen permanente menslike inwoners nie en slegs plante en diere wat aangepas is tot die koue oorleef daar. Dit sluit pikkewyne, pelsrobbe, mosse, korsmosse en honderde soorte alge in. Die naam "Antarktika" kom van die Grieks antarktikos, "teenoor Arktika", die Noordpoolstreek, wat verwys na die Groot Beer-sterrebeeld wat slegs in die Noordelike Halfrond sigbaar is.) Van al die ys op die wêreld lê 90% op Antarktika. Die gemiddelde dikte van die yskap bedra 2200 meter en op die dikste punt is die ys 4776 meter dik. Die meeste ys is miljoene jare oud, maar nie die hele Antarktika was die heeltyd onder die ys nie. 'n Brits-Sweedse ekspedisie het in 1949 ontdek dat groot dele van Antarktika, soos Koningin Maudland, tot ongeveer 10 000 v.C. nog ysvry was. Alhoewel mites en spekulasie oor 'n Terra Australis ("Suidelike Land") tot die oudheid teruggespoor kan word, word algemeen aanvaar dat die kontinent vir die eerste keer in 1820 deur die Russiese ekspedisie van Michail Lazaref en Fabian Gottlieb von Bellingshausen waargeneem is. In die 19de eeu is die kontinent grootliks geïgnoreer as gevolg van die ongunstige omgewing, gebrek aan doeltreffende hulpbronne en die afgeleë ligging. Antarktika is nie onder die politieke soewereiniteit van enige nasie nie. Sewe lande, Argentinië, Australië, Chili, Frankryk, Noorweë, Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk, handhaaf egter gebiedsaansprake. Meeste ander lande erken nie die aansprake nie en die aansprake van Argentinië, Chili en die Verenigde Koninkryk oorvleuel mekaar. Menslike aktiwiteit op die kontinent is onderworpe aan die Antarktiese Verdrag wat in 1959 deur 12 lande geteken is. Dit verbied enige militêre aktiwiteite, ondersteun wetenskaplike navorsing en beskerm die kontinent se ekogebied. Volgehoue eksperimente word deur meer as 4000 wetenskaplikes met baie verskillende nasionaliteite en navorsingsbelange uitgevoer. In die nuus
Het u geweet...
... dat Noord-Sotho nie 'n enkele taal is nie, al is dit 'n amptelike taal van Suid-Afrika? Dit is bloot 'n versamelnaam vir 'n klomp verwante tale, waarvan Pedi die grootste aantal sprekers het en die amptelike skryfwyse bepaal. ... dat party stowwe se smelt- en stoltemperature nie ooreenstem nie? Alhoewel seewierjellie by 85 °C smelt, sal dit eers stol wanneer dit tot tussen 32 en 40 °C afgekoel het. Dit kan dus tussen 32 en 85 °C 'n vastestof of 'n vloeistof wees; 'n verskynsel wat bekend staan as histerese. Vandag in die geskiedenis
Voorbladbeeld
'n Portret van Benjamin Franklin (1705–1790), skildery deur J. S. Duplessis in 1778.
|
Vind artikels
|
|
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne |
||
Geskiedenis |
||
Kultuur |
||
Religie |
||
Samelewing |
||
Taal |
||
Tegnologie |
||
Wetenskap |
||
Wikipedia in ander tale
|
||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Русский • Svenska • Winaray • Tiếng Việt |
||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Português • 中文 |
||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Українська |
||
Weergawes met meer as 250 000 artikels العربية • Català • Čeština • فارسی • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Bahasa Melayu • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe |
||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Azərbaycanca • Беларуская • Български • Нохчийн • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • Galego • עברית • हिन्दी • Hrvatski • Հայերեն • ქართული • Қазақша • Latina • Lietuvių • Baso Minangkabau • Norsk (nynorsk) • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • ไทย • اردو • Oʻzbekcha • Volapük • Bân-lâm-gú |
||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • Bosanski • Cymraeg • Kreyòl ayisyen • Кыргызча • Latviešu • Malagasy • Македонски • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • Shqip • தமிழ் • తెలుగు • Tagalog • Татарча / tatarça |
||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia |
||
Susterprojekte
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|