Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Welkom by Wikipedia,
Woensdag, 11 Januarie 2017
Hier is tans 43 474 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Ligging van Antarktika.

Antarktika is 'n kontinent by die Suidpool van die Aarde, omring deur die Suidelike Oseaan en in twee verdeel deur die Transantarktiese Berge. Antarktika is die koudste plek op aarde (die laagste temperatuur ooit gemeet was op die suidpool: -94.7 °C) en die kontinent is byna volledig met ys bedek. Dit is ook die kontinent met die laagste gemiddelde lugvogtigheid en dit is die winderigste en hoogste (gemiddeld) kontinent op aarde. Die kontinent se 14 miljoen km² oppervlak maak dit die vyfde grootste kontinent, ná Asië, Afrika, Noord-Amerika en Suid-Amerika, en die grootste woestyn ter wêreld. Daar is geen permanente menslike inwoners nie en slegs plante en diere wat aangepas is tot die koue oorleef daar. Dit sluit pikkewyne, pelsrobbe, mosse, korsmosse en honderde soorte alge in. Die naam "Antarktika" kom van die Grieks antarktikos, "teenoor Arktika", die Noordpoolstreek, wat verwys na die Groot Beer-sterrebeeld wat slegs in die Noordelike Halfrond sigbaar is.)

Van al die ys op die wêreld lê 90% op Antarktika. Die gemiddelde dikte van die yskap bedra 2200 meter en op die dikste punt is die ys 4776 meter dik. Die meeste ys is miljoene jare oud, maar nie die hele Antarktika was die heeltyd onder die ys nie. 'n Brits-Sweedse ekspedisie het in 1949 ontdek dat groot dele van Antarktika, soos Koningin Maudland, tot ongeveer 10 000 v.C. nog ysvry was.

Alhoewel mites en spekulasie oor 'n Terra Australis ("Suidelike Land") tot die oudheid teruggespoor kan word, word algemeen aanvaar dat die kontinent vir die eerste keer in 1820 deur die Russiese ekspedisie van Michail Lazaref en Fabian Gottlieb von Bellingshausen waargeneem is. In die 19de eeu is die kontinent grootliks geïgnoreer as gevolg van die ongunstige omgewing, gebrek aan doeltreffende hulpbronne en die afgeleë ligging.

Antarktika is nie onder die politieke soewereiniteit van enige nasie nie. Sewe lande, Argentinië, Australië, Chili, Frankryk, Noorweë, Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk, handhaaf egter gebiedsaansprake. Meeste ander lande erken nie die aansprake nie en die aansprake van Argentinië, Chili en die Verenigde Koninkryk oorvleuel mekaar. Menslike aktiwiteit op die kontinent is onderworpe aan die Antarktiese Verdrag wat in 1959 deur 12 lande geteken is. Dit verbied enige militêre aktiwiteite, ondersteun wetenskaplike navorsing en beskerm die kontinent se ekogebied. Volgehoue eksperimente word deur meer as 4000 wetenskaplikes met baie verskillende nasionaliteite en navorsingsbelange uitgevoer.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
António Guterres in 2013

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat Noord-Sotho nie 'n enkele taal is nie, al is dit 'n amptelike taal van Suid-Afrika? Dit is bloot 'n versamelnaam vir 'n klomp verwante tale, waarvan Pedi die grootste aantal sprekers het en die amptelike skryfwyse bepaal.

... dat party stowwe se smelt- en stoltemperature nie ooreenstem nie? Alhoewel seewierjellie by 85 °C smelt, sal dit eers stol wanneer dit tot tussen 32 en 40 °C afgekoel het. Dit kan dus tussen 32 en 85 °C 'n vastestof of 'n vloeistof wees; 'n verskynsel wat bekend staan as histerese.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

11 Januarie:

William Herschel, Duits-Britse sterrekundige en musici

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
'n Portret van Benjamin Franklin (1705–1790), skildery deur J. S. Duplessis in 1778.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Lesotho  Mosambiek  Swaziland  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Português中文
Weergawes met meer as 500 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 250 000 artikels
العربيةCatalàČeštinaفارسیSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuNorsk (bokmål)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиСрпски / srpskiTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяБългарскиНохчийнDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiՀայերենქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
Беларуская (тарашкевіца)‎BrezhonegBosanskiCymraegKreyòl ayisyenКыргызчаLatviešuMalagasyМакедонскиनेपाल भाषाOccitanPiemontèisShqipதமிழ்తెలుగుTagalogТатарча / tatarça

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering