Benin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
République du Bénin
Republiek van Benin
Vlag van Benin Wapen van Benin
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Fraternité, Justice, Travail
(Frans vir: "Broederskap, Geregtigheid, Arbeid")
Volkslied: L'Aube Nouvelle
(Frans vir: "Die aanbreek van 'n nuwe dag")
Ligging van Benin
Hoofstad Porto-Novoa

6°28′N 2°36′O / 6.467°N 2.600°O / 6.467; 2.600

Grootste stad Cotonou
Amptelike tale Frans
Regering Presidensiële republiek
Patrice Talon
Lionel Zinsou
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• van Frankryk


1 Augustus 1960
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
114 763[1] km2  (101ste)
44 310 myl2
0,4
Bevolking
 - 2015-skatting
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
10 879 829[2] (82ste)
10 008 749[3]
78,1 / km2 (120ste)
202,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$22,542 miljard[4]
$2 025[4]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$8,302 miljard[4]
$745[4]

MOI (2014) Green Arrow Up Darker.svg 0,480[5] (166ste)  –  laag
Gini (2003) 36,5[6] –  medium
Geldeenheid CFA-frank (XOF)
Tydsone
 - Somertyd
WAT (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD .bj
Skakelkode +229
a. Cotonou is die regeringsetel.
Skattings vir hierdie land reken die effek van sterftes as gevolg van Vigs is; dit kan lei tot laer lewensverwagting, hoër sterftesyfers en veranderinge in die verspreiding van die bevolking volgens ouderdom en geslag as wat normaalweg verwag sou word.

Benin is 'n republiek in Wes-Afrika met golwende vlaktes, heuwels en lae berge. Dit lê aan die Bog van Benin en grens aan Niger in die noorde, Nigerië in die ooste, Togo in die weste en Burkina Faso in die noordweste. Landbou is die vernaamste bron van inkomste. Dit is ’n lid van die Afrika-unie.[7]

Benin was in die koloniale tydperk as die "Slawekus" bekend. In die 16de eeu ontstaan die eerste Portugese nedersettings, wat veral vir slawehandel gebruik is. Slawe is deur die Portugese, later ook Britte, Dene en Franse, van die inheemse stamhoofde gekoop en na die Amerikas gebring. In die jaar 1885 was daar nog steeds slawe in Benin verkoop.

Ná die Franse verowering, wat in 1894 voltooi is, word die gebied 'n kolonie van Frankryk. Die land dra na sy onafhanklikheid in 1960 die naam Dahomey, maar neem in Desember 1975 die naam van die ou Nigeriaanse koninkryk Benin aan.

Geografie[wysig | wysig bron]

Kaart van Benin

Benin is 'n tropiese gebied aan die kus van Opper-Guinee, wat deur Burkina Faso en Niger in die noorde, Togo in die weste en Nigerië in die ooste begrens word. Die Atlantiese Oseaan met die Golf van Guinee vorm die suidelike grens van die land. Die grootste stede lê almal in die smal kusgebied.

Strandmere, wat ten noorde geleidelik begin verland, oorheers die landskap net agter die kusgebied. Die Ouémé-rivier, die grootste in Benin, vorm tussen die stede Porto-Novo en Cotonou die Lac Nokoué, 'n vergrote strandmeer. Die strandmere is 'n belangrike visvanggebied vir die inheemse bevolking, terwyl die droë streke vir landbou geskik is. Die riviervlaktes ten noorde van die strandmeerstreek word gereeld oorstroom en is 'n perfekte gebied om rys te verbou.

Die vrugbare Terre de Barre met sy grond van sand en leem oorheers die vlaktes tussen die heuwels, wat die derde landskap van Benin vorm.

Die sentrale en noordelike gebiede van Benin is plato-agtig en word in die noordweste deur die Atakoragebergte begrens. Die vlaktes van Pendjari in die uiterste noordweste vorm die grens met Burkina Faso. Met net een reënseisoen is die noordelike gedeelte van die land minder geskik vir landbou en word gekenmerk deur 'n nomadiese leefwyse.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Amasones (AHOSI)-veterane in 1908
Voodoo (toordery)-tempel in Ouidah
Vlag van die Volksrepubliek van Benin (1975–1990)

Die geskiedenis van die moderne staat Benin begin in die 17de eeu met die samesmelting van 'n aantal koninkryke tot die Ryk van Abomey, waarvan ook die moderne naam Dahomey afgelei is. Die ryk word oorheers deur die Ewe-stam en bestaan tussen 1625 en 1894, met aanvanklik Alada en later Aboma, met sy kenmerkende grootskaalse leempaleise, as sy hoofstad. Die ryk voer bloedige oorloë teen sy buurstate. Sy ekonomiese en kulturele basis behoort tot die grusaamste van Afrika. Naas grootskaalse slawehandel met die Europeane, was rituele van menseoffers deur die sogenaamde Luiperdkult en tydens die begrafnisplegtigheid van 'n koning tot by die 19de eeu alledaags. Ook krygsgevangenes is gereeld vermoor.

Vanaf die 18de eeu verower Europese koloniale magte die suidelike deel van die gebied en begin met die oprigting van forte.

'n Ander kenmerk van die gebied is die Amasoneleër van tussen 5 000 en 10 000 vroulike soldate, wat saam met die manlike krygers veg en weens hulle dapperheid en grusaamheid gevrees is. In 1890 het die Amasones steeds teen die Franse troepe geveg.

In 1894 begin Frans-Senegalese troepe oorlog teen die Ryk van Abomey voer. Die koning word gevange geneem en die land beset. Sedert 1899 is die gebied 'n kolonie en deel van Frans-Wes-Afrika. In 1946 word Dahomey 'n oorsese gebied binne die Franse Gemeenskap van State (Communauté Française).

Dahomey kry in 1957 'n nuwe status as selfregerende gebied met interne onafhanklikheid, en op 4 Desember 1958 word die Republiek van Dahomey uitgeroep. Op 2 Augustus 1960 kry Dahomey sy volle onafhanklikheid van Frankryk en verlaat die Franse Gemeenskap.

Aangesien politieke partye volgens etniese lyne gevorm word, bly die politieke situasie onstabiel. Tydens die verkiesing van die Wetgewende Vergadering in 1959 breek onluste uit, wat deur Franse troepe bekamp word.

Die militêre leiers probeer deur 'n aantal staatsgrepe 'n meer stabiele bedeling uit te werk. Die basiese sosiale en historiese teenstelling is tussen die Fransgesinde burgery, nyweraars en regeringsamptenare en minder bevoorregte groepe van die bevolking, maar ook tussen die suide en noorde en tussen die verskillende etniese groepe van die land.

In 1975 neem Dahomey die nuwe naam "Volksrepubliek van Benin" aan, wat na 'n voormalige ryk in Nigerië verwys.

Van 1972 tot 1989 is ’n Marxisties-Leninistiese regime in beheer, wat die land se ontwikkeling geknou het. Van 1991 af word daar egter gereeld verkiesings gehou.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: Ekonomie van Benin.

Benin is een van die armer ontwikkelende lande in Afrika, waar landbou – en veral bestaansboerdery – nog steeds die ekonomiese basis is. Plaaslike grondstowwe sluit ystererts, marmer en kalksteen in. Daar is moontlik ook ru-olie langs die kus.

Cotonou dien as die nywerheidsentrum van die land; hier word veral die landbouprodukte verwerk.

Bevolking[wysig | wysig bron]

Kinders wat by 'n skool eet as deel van 'n voedselhulpprogram

Benin se inheemse bevolking behoort oorwegend tot die volkere van die Wes-Afrikaanse Soedangroep. Die Ewe, wat ook die staatsvolk in die buurstaat Togo is, die Adja en die Fon is die grootste etniese groepe van Benin. Naas die Soedanvolke is daar sowat 13 persent Joroeba (wat soms ook Nago genoem word).

Die noorde van die land word deur 'n verskeidenheid van kleiner volke bewoon, onder meer die Foelbe, wat 'n nomadiese bestaan voer, die Bariba, 'n noordelike Soedanvolk, en kleiner stamme.

In die noorde verdring die Islam geleidelik die inheemse natuurreligies, terwyl die meerderheid van die bevolking in die suide aanhangers van Christelike godsdienste is.

Die digbevolkte suide vorm in demografiese opsig 'n groot teenstelling met die noordelike gebiede; hier is die meeste stedelike gebiede. Die meerderheid van die bevolking bewoon die platteland, en meer as 60 persent is ongeletterd.

Tale[wysig | wysig bron]

Frans dien as die ampstaal van Benin. Die tweede belangrikste taal is Joroeba, wat danksy suksesvolle pogings om 'n verkeerstaal uit die meer as twintig stamdialekte te vorm nou ook in die onderwys en in die media gebruik word. Sy kenmerkende fonetiek sluit hoë, gemiddelde en lae klankvariasies in. Joroeba word soos Ewe, Fon en Goen veral in die suide gepraat. Die Goen-tale vorm met behulp van voor- en agtersetsels 'n aantal woordklasse om liggaamsdele, diere, voorwerpe en gebeure te benaam.

Belangrike tale in die noorde is Somba, Bariba, Dendi, Hausa en Foelani, terwyl Mina veral in die weste gepraat word.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (fr) Annuaire statistique 2010 (Report). Institut national de la statistique et de l'analyse économique. 2012. p. 49. http://www.insae-bj.org/annuare-statistique.html?file=files/publications/annuel/Annuaire%20statistique%20%20INSAE%202010.pdf. Besoek op 7 April 2016. 
  2. (en) File POP/1-1: Total population (both sexes combined) by major area, region and country, annually for 1950–2100 (thousands) (Report). United Nations, Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Julie 2015. http://esa.un.org/unpd/wpp/DVD/Files/1_Indicators%20(Standard)/EXCEL_FILES/1_Population/WPP2015_POP_F01_1_TOTAL_POPULATION_BOTH_SEXES.XLS. Besoek op 7 April 2016. 
  3. (fr) BENIN en Chiffres”. Institut national de la statistique et de l'analyse économique. URL besoek op 7 April 2016.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) Benin”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 7 April 2016.
  5. (en) 2015 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2015. URL besoek op 7 April 2016.
  6. (en) Distribution of family income – Gini index”. The World Factbook. Central Intelligence Agency. URL besoek op 7 April 2016.
  7. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Afrika

Lande: Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: (Cabinda - Galmudug - Puntland) - Somaliland - Wes-Sahara
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika
Karibiese gebied - Midde-Ooste - Sentraal-Amerika