2 Oktober
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Oktober 2016 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | 31 | |||||
Al die dae |
2 Oktober is die 275ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (276ste in skrikkeljare). Daar volg nog 90 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 313 – 1ste Lateraanse sinode.
- 1316 – Pous Johannes XXII neem sy intrek in Avignon.
- 1623 – Pous Urbanus VIII stel sy neef Francesco Barberini senior aan as kardinaal.
- 1730 – Pous Clemens XII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Alessandro Aldobrandini, titulêr aartsbiskop van Rodi.
- 1756 – Gregorio Barnaba Chiaramonti later Pous Pius VII word Benediktyner-monnik.
- 1758 – Pous Clemens XIII stel Antonio Marino Priuli, biskop van Vicenza en François-Joachim de Pierres de Bernis, kanunnik van Lyon aan as kardinale.
- 1826 – Pous Leo XII stel tien nuwe kardinale aan, waaronder Pietro Caprano, titulêr aartsbiskop van Iconio.
- 1835 – Die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog begin.
- 1847 – Pous Pius IX stel munisipale bestuur van Rome in.
- 1901 – Die Britse Vloot laat hul eerste duikboot te water.
- 1958 – Guinee ontvang onafhanklikheid van Frankryk
- 1990 – Die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) wat sedert 7 Oktober 1949 op die grondgebied van die voormalige Sowjet-besettingsone in Oos-Duitsland en die Sowjet-sektor van (Oos-) Berlyn bestaan het, kom tot 'n einde.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1452 – Richard III, koning van Engeland († 1485)
- 1852 – Curt von François, die stigter van Windhoek († 1931).
- 1857 – MT Steyn, President van die Vrystaat († 1916).
- 1867 – Majoor James Stevenson-Hamilton in Skotland. Met sy aftrede is sy droom van die stigting van die Nasionale Krugerwildtuin in Suid-Afrika bewaarheid († 1957).
- 1869 – Mahatma Gandhi, charismatiese Indiese massa-bewegingsleier, wat die saak van Brits-koloniale Indië onder die wêreld se aandag gebring het († 1948).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1264 – Pous Urbanus IV, die 182ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1195).