Griekse mitologie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Griekse mitologie is die versamelde mites oor Griekse gode en godinne asook antieke helde en heldinne. Hierdie legendes is oorspronklik geskep en versprei in die mondeling-poëtiese tradisie. Die oorblywende bronne van Griekse mitologie is transkripsies van oorvertellings of latere letterkundige verwerkings.

Die oergode[wysig | wysig bron]

Godin Gaia, die aarde.

Chaos (Grieks: Χαος, "leegte") is in die Griekse mitologie die niks waaruit die Aarde ontstaan het, asook die eerste gode, die oergode: Gaia, Hemera, Nyx, Tartarus, Uranos, Chronos, Eros, Erebos en uiteindelik Aither. Die kinders van Chaos het saam met hul vader die berge, see en hemel geskep. Hulle het ook kinders gehad: 12 Titane, 3 siklope en 3 honderdhandiges, reuse met honderd arms elk gemaak. Uranos was die koning van die oergode.

Die Titane[wysig | wysig bron]

Een van die Titane, Kronos, het sy pa, Uranos, ontman en sy bewind oorgeneem en so die nuwe koning van die gode geword. Die ander elf Titane was sy suster en vrou Rhea, asook Hyperion, Iapetos, Koios, Krios, Mnemosyne, Okeanos, Phoibe, Tetis, Theia en Themis.

Verskeie Titane het kinders gehad wat ook as Titane bekend staan. Hierdie tweede geslag sluit die kinders in van Hyperion (Helios, Eos en Selene), die dogters van Koios (Leto en Asteria) en die seuns van Iapetos (Prometheus, Epimetheus, Atlas en Menoitios).

Die Olimpiese gode[wysig | wysig bron]

Die Twaalf Olimpiërs deur Nicolas-André Monsiau, omstreeks laat 18de eeu.

Kronos het verskeie kinders by Rhea gehad: Hestia, Demeter, Hera, Hades en Poseidon, maar het hulle almal ingesluk sodra hulle gebore is ná ’n voorspelling dat een van sy kinders hom sou onttroon nes hy sy eie pa onttroon het. Maar ná Zeus se geboorte het Rhea vir Kronos ’n klip, in klere toegedraai, gegee en hy het die klip ingesluk. Rhea het Zeus in ’n grot op die berg Ida in Kreta weggesteek.

Nadat Zeus ’n volwasse man geword het, het hy Kronos gedwing om eers die klip op te bring en daarna al sy broers en susters. Daarna het Zeus saam met sy broers, susters, die siklope en die reuse vir Kronos en die ander Titane in die Titanestryd onttroon. Die verslane Titane is na die donker onderwêreldstreek Tartaros gestuur.

Zeus het die wêreld met sy oudste broers, Poseidon en Hades, gedeel deur hulle drie lootjies te laat trek. Zeus het die lug gekry, Poseidon die water en Hades die wêreld van die afgestorwenes (onderwêreld).

Die Olimpiese gode, ook bekend as die Twaalf Olimpiërs of die Dodekateon (Grieks: Δωδεκάθεον – δώδεκα, dōdeka, "twaalf" + θεοί, theoi, "gode") is die belangrikste twaalf gode van dié tyd. Hulle het op die berg Olimpus gewoon.

Die klassieke twaalf Olimpiese gode is: Zeus, Hera, Poseidon, Demeter, Ares, Hermes, Hephaistos, Afrodite, Atena, Apollo, Artemis en Hestia.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Gode, helde en ander wesens in die Griekse mitologie
Oergode  AitherChaosChronosErebosGaiaHemeraNyxPontosTartarosUranos
Titane  Eerste geslag:  HyperionIapetosKoiosKriosKronosMnemosyneOkeanosPhoibeRheaTethysTheiaThemis Tweede geslag:  AsteriaAtlasEosEpimetheusHeliosLetoMenoitiosPrometheusSelene
Olimpiese gode  AfroditeApolloAthenaAresArtemisDemeterDionysosHephaistosHeraHermesPoseidonZeus • (Hestia)
Ander gode  AdonisAlpheiosAsklepiosErosHadesHebeHeraklesPanPersephonePlouton
Halfgode & helde  AchillesAntiopeDaidalosGanymedesIkarosJasonOidipusOrpheusPeleusPenelopePerseusSisyphosTantalosTheseus
Ander wesens  AmasonesCharonChtoniese godeEriniërsGiganteGorgoneGrasieëHonderdhandigesHydraKerberosMinotourusMusesNimfeSatersSentoureSiklopeSkikgodinneStyx