Welkom by
buffelsfontein baard-olie

Jy is ‘n regte man. Jy het ‘n manjifieke baard.

Jy klim berge en jy brandmerk beeste. Jy vang vis met dinamiet en jy drink bier uit ‘n gedroogde ratel skrotum. Jy jag en maak vuur en moor inbrekers met jou kaal hande. Jy is lief vir drie dinge; jou ma, jou bakkie en jou baard. Daarom koop jy sjokolade vir jou ma, diesel vir jou bakkie en Buffelsfontein Baard-olie vir jou baard.

Ons olie sal jou baard so majestueus laat lyk, dat leeus in die wildtuin sal ween van jaloesie. Tawwe Tienies se onderlippe sal begin bewe as jy verbystap. Tengerige tieners sal hulle rugbybroekies natmaak as jy praat. Astertjies sal bloos as jou ken-kuif in die wind wapper. Jou vorstelikheid sal die volke verstom.

Wat is baard olie?

Baarde, soos vroumense, kort aandag. Die verskil is dat jou baard jou nooit sal verlaat vir ’n man met meer geld en minder pens nie.

Dis ’n wetenskaplike feit dat ’n slordige, droë baard ’n man soos ’n huislose pedofiel laat lyk. So bederf daai vriend op jou kennebak.

Baard-olie hidreer die vel onder jou baard en hou dit gesond. Dit hou ook jou baardhare gesond en keer dat dit breek of split. Dus word jou baard vinniger langer en meer statig. Die olie maak die baardhare sag sodat jou nooi nie neul oor ’n krapperige kus nie.

Boonop laat dit jou baard lekker ruik en laat dit glinster soos die dou op ‘n bakkie se dak, net voor jy vroegoggend die jagveld in ry.

Ons baard-olie word net met die heel hoogste kwaliteit, koud-geparste olie gemaak sodat al die vitamiene en minerale behoue bly. Ons botteltjies is ook van so ’n aard dat die ultraviolet strale van die son nie die struktuur van die olie afbreek nie.

So moenie ’n sissie wees nie man, koop ’n bottel.

Hoe om baard-olie te gebruik

Gooi ’n bietjie baard-olie in die palm van jou hand (min of meer so groot soos die omtrek van 'n steenbok se oog)

Vryf dit oor al twee hande en werk dit met jou vingers in die vergete vel onder jou baard in.

Vryf die res deur en bo-oor jou baard en kam uit. Dit neem so 10 minute om in te trek.

Die beste tyd om baard-olie aan te wend is in die oggend na ’n warm stort, of gesig was, terwyl jou baard nog effens klam is.

Kontak ons

12 + 13 =