Macau

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
中華人民共和國澳門特別行政區 (Sjinees)
Região Administrativa Especial de Macau da República Popular da China (Portugees)
Macau Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek van Sjina
Vlag van Macau Embleem van Macau
Vlag Embleem
Volkslied: 《義勇軍進行曲》
Yìyǒngjūn Jìnxíngqǔ (Sjinees)
Marcha dos Voluntários (Portugees)
(Afrikaans: "Mars van die Vrywilligers")
Ligging van Macau
Hoofstad Macau

22°10′N 113°33′O / 22.167°N 113.550°O / 22.167; 113.550

Grootste stad Macau
Amptelike tale Sjinees en Portugees
Regering


• Hoofuitvoerende Beampte
• Hoofsekretaris vir Administrasie
Spesiale Administratiewe
Streek van die
Volksrepubliek van Sjina
Fernando Chui
Florinda Chan
Onafhanklikheid
Vorming
• Portugese administrasie
• Portugese kolonie
• Japannese besetting

• Vervoer van die
Portugese soewereiniteit aan die
Volksrepubliek van Sjina


1557
1 Desember 1887
25 Desember 1941 tot
15 Augustus 1945


20 Desember 1999
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
31,3 km2  (235ste)
12,1 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2014-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
624 000[1] (167ste)
552 503[2]
18 568 / km2 (1ste)
48 092 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2011-skatting

$47,19 miljard (98ste)
$82 400 (4de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2011-skatting

$44,300 miljard (98ste)
$77 353 (4de)

MOI (2011) 0,868[3] (25ste)  –  baie hoog
Geldeenheid Pataca (MOP)
Tydsone
 - Somertyd
MST (UTC+8)
nie toegepas nie (UTC+8)
Internet-TLD .mo, .香港
Skakelkode +853

Macau of Macao (Sjinees: 澳門 / 澳门 Àomén, Portugees: Macau), amptelik die Macau Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek van Sjina (Portugees: Região Administrativa Especial de Macau da República Popular da China, Sjinees: 中華人民共和國澳門特別行政區), is naas Hongkong een van twee spesiale administratiewe streke van die Volksrepubliek van Sjina. Macau is wes van die Pêrelrivierdelta en Hongkong aan die kus van die Suid-Sjinese See geleë en grens in die noorde aan die Sjinese provinsie Guangdong.

Kaart wat Macau vertoon
Macau soos gesien vanaf die Lago Nam Van
Macau soos gesien vanaf die Macau Museum.

Macau was die eerste en die laaste Europese kolonie in Sjina. Portugese handelaars het hulle reeds in die 16de eeu in Macau gevestig en die gebied begin administreer. In 1887 het die Sjinese Mandjoe-regering die Portugese heerskappy oor die gebied amptelik erken.

Macau het op 20 Desember 1999 weer onder Sjinese soewereiniteit gekom, maar sal volgens 'n Portugees-Sjinese ooreenkoms hierna nog vyftig jaar lank tot in 2049 'n selfregerende streek bly. Volgens die beginsel van "een land, twee stelsels" is die regering van die Volksrepubliek van Sjina verantwoordelik vir die verdediging en buitelandse betrekkinge van Macau, terwyl die streek sy eie regstelsel, polisiemag, monetêre stelsel, doeane- en immigrasiebeleid sal handhaaf. Macau word in internasionale organisasies en by internasionale gebeurtenisse deur sy eie afgevaardigdes verteenwoordig.

Die historiese stadskern van Macau is in 2005 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Demographic Statistics for the 2nd Quarter 2014”. Statistics and Census Service of the Government of Macau SAR: 16 Augustus 2014.
  2. (en) Results of 2011 Population Census”. Statistics and Census Service. Macao SAR Government. URL besoek op 25 Augustus 2012.
  3. (en) Macau in Figures, 2013”. Statistics and Census Service, Macau SAR: 2013. URL besoek op 16 Augustus 2014.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Asië

Lande: Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek van Sjina (Sjina) | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabach - Noord-Siprus - Palestina - Republiek van Sjina (Taiwan) - Suid-Ossetië

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek van Sjina: Hongkong - Macau

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika
Karibiese gebied - Midde-Ooste - Sentraal-Amerika