6 Junie
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Junie 2016 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
6 Junie is die 157ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (158ste in ’n skrikkeljaar). Daar volg nog 208 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 445 – Keiser Valentianus III skryf ’n dekreet waarin die pous die hoogste gesag in die kerk gegee word en elke obstruksie daarvan as verraad beskou word.
- 1348 – Pous Clemens VI koop Avignon van koningin Johanna I van Napels.
- 1409 – Pous Gregorius XII hou ’n konsilie in Cividale del Friuli by Aquileia wat sleg bygewoon word.
- 1599 – Diego Velázquez, Spaanse skilder, word gedoop.
- 1844 – George Williams stig die YMCA in Londen.
- 1925 – Die motorvervaardiger Chrysler word gestig.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog : D-dag en die Geallieerde magte land in Normandië.
- 1968 – Senator Robert F. Kennedy sterf in ’n sluipmoordaanval deur Sirhan Sirhan.
- 1982 – Israel val Libanon binne.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1606 – Pierre Corneille, Franse dramaturg († 1684).
- 1799 – Aleksander Poesjkin, ’n Russiese Romantieke skrywer wat beskou word as die grootste Russiese digter en die vader van moderne Russies († 1837).
- 1875 – Thomas Mann, Duitse skrywer († 1955).
- 1898 – Jim Fouché, Suid-Afrikaanse politikus en tweede Staatspresident van Suid-Afrika (1968–1975) († 1980).
- 1931 – Joyce Barker, Suid-Afrikaanse sopraan († 1992).
- 1955 – Theuns Stofberg, Suid-Afrika se sewe-en-dertigste Springbokkaptein.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1997 – Elize Botha, Voormalige presidentsvrou (* 1922).