1977
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1977 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1972 | 1973 | 1974 | 1975 | 1976 | ◄ 1977 ► | 1978 | 1979 | 1980 | 1981 | 1982 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Deng Xiaoping en Jimmy Carter | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1977 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 77ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 27 April – Die Suid-Afrikaanse regering begin onderhandelinge met die Westerse Kontakgroep van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oor die politieke toekoms van Suidwes-Afrika/Namibië
- 30 April – Prof. Hennie Bingle tree af as rektor van die PU vir CHO en word opgevolg deur Prof. Tjaart van der Walt.
- 26 Junie – Elvis Presley hou sy laaste konsert
- 27 Junie – Frankryk verleen onafhanklikheid aan Djiboeti
- 28 Junie – Die Verenigde Party van Suid-Afrika ontbind
- 29 Junie – Die Verenigde Party en Demokratiese Party (1973) smelt saam en vorm die Nuwe Republiek Party met sir De Villiers Graaff as tussentydse leier
- 5 September – Voyager 1, 'n onbemande ruimtetuig wat al die planete besoek, word lanseer.
- 6 Desember – Suid-Afrika verklaar Bophuthatswana onafhanklik, maar dit word deur geen ander land só aanvaar nie.
- Die Belgiese chemikus Ilya Prigogine ontvang ’n Nobelprys vir die bekendstelling van dissipatiewe stelsels en selforganisasie
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 2 Februarie – Shakira, Colombiaanse sangeres en aktrise.
- 22 April – Robbie Hunter, Suid-Afrikaanse fietsryer.
- 11 Mei – Victor Matfield, Suid-Afrika se twee-en-vyftigste Springbokkaptein.
- 4 Julie – Allan Kierstein Jepsen, Deense sokkerspeler.
- 4 Julie – Balázs Nikolov, Hongaarse sokkerspeler.
- 6 Oktober – Carola Schouten, Nederlandse politikus.
- 27 Oktober – Tessa Jubber, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 10 November – Brittany Murphy, Amerikaanse aktrise († 2009).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 26 April – Hennie Muller, Suid-Afrika se twee-en-twintigste Springbokkaptein (* 1922).
- 5 Mei – Ludwig Erhard, Duitse politikus, minister van ekonomie en bondskanselier van Wes-Duitsland (* 1897).
- 17 Mei – M.L. de Villiers, Afrikaanse predikant en musikus, komponis van Die Stem van Suid-Afrika (* 1885).
- 2 Julie – Gert Potgieter, Suid-Afrikaanse tenoor en akteur (* 1929).
- 2 Julie – Vladimir Nabokov, Russiese skrywer (* 1899)
- 16 Augustus – Elvis Presley, Amerikaanse sanger en ruk-en-rol-koning sterf op 42-jarige ouderdom (* 1935).
- 12 September – Steve Biko, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en stigter van die Swart bewussynsbeweging sterf in polisie-aanhouding (* 1946).
- 13 September – Leopold Stokowski, Britse dirigent (* 1882).
- 16 September – Maria Callas, operasangeres (* 1923)
- 25 Desember – Charlie Chaplin, Britse akteur, skrywer en rolprentvervaardiger (* 1889).
- 26 Desember – Howard Hawks, Amerikaanse rolprentregisseur (* 1896).