1918
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1918 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1913 | 1914 | 1915 | 1916 | 1917 | ◄ 1918 ► | 1919 | 1920 | 1921 | 1922 | 1923 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Sultan Mehmed V van Turkye | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1918 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 18de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 22 Januarie – Oekraïne verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 16 Februarie – Litaue verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 24 Februarie – Estland verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 12 Maart – Na meer as tweehonderd jaar word Moskou weer tot hoofstad van Rusland verklaar.
- 21 Maart – Duitsland loods ’n groot offensief in die Somme-gebied tydens die Eerste Wêreldoorlog.
- 26 Mei – Georgië verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 28 Mei – Azerbeidjan verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 28 Oktober – Tsjeggo-Slowakye verkry onafhanklikheid van Oostenryk-Hongarye.
- 30 Oktober – Kapitulasie van die Ottomaanse Ryk.
- 31 Oktober – Hongarye verlaat die statebond met Oostenryk.
- 1 November – Noord-Jemen word van die Ottomaanse Ryk onafhanklik.
- 3 November – Pole word van Duitsland, Oostenryk en Rusland onafhanklikheid.
- 9 November – Beëindiging van die Duitse Keiserryk en stigting van die Republiek van Weimar.
- 10 November – Die Duitse keiser Wilhelm II verlaat Duitsland ná Nederland.
- 11 November – Duitsland onderteken ’n vredesooreenkoms met die geallieerdes in ’n treintrok buite Compiègne in Frankryk. Die oorlog het amptelik tot 'n einde gekom om 11:00 (Die elfde uur van die elfde dag van die elfde maand).
- 11 November – Oplossing van Oostenryk-Hongarye en abdikasie van keiser Karl I.
- 11 November – Elsas-Lotaringe verklaar onafhanklikheid van Duitsland.
- 12 November – Stigting van die Republiek Duits-Oostenryk.
- 16 November – Proklamasie van die Republiek Hongarye.
- 18 November – Letland verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 28 November – Wilhelm II verklaar sy abdikasie van die Duitse troon.
- 1 Desember – Stigting van die Koninkryk Joego-Slawië.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 14 Januarie – Demetrios Tsafendas, sluipmoordenaar van dr. Hendrik Verwoerd († 1999).
- 20 Februarie – Leonore Annenberg, Amerikaanse sakevrou, regeringsamptenaar en filantroop († 2009).
- 3 April – Henry Charles Hopkins, Suid-Afrikaanse predikant en skrywer († 1992).
- 8 April – Betty Ford, Eerste Dame van die Verenigde State († 2011).
- 17 April – William Holden, Amerikaanse akteur († 1981).
- 19 Mei – Basil Kenyon, Suid-Afrika se een-en-twintigste Springbokkaptein († 1996).
- 21 Junie – Ds. Phil Olivier, predikant in drie gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, assistentredakteur van die Kerkbode en samesteller van Ons gemeentelike feesalbum († 2008).
- 14 Julie – Ingmar Bergman, Sweedse regisseur († 2007).
- 18 Julie – Nelson Mandela, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, eerste demokraties verkose president van Suid-Afrika (1994–1999) († 2013).
- 25 Julie – Japie Basson, Suid-Afrikaanse Volksraadslid van die Nasionale Party, Nasionale Unie, Verenigde Party en Progressiewe Federale Party († 2012).
- 13 Augustus – Frederick Sanger, Britse biochemikus († 2013).
- 23 Desember – Helmut Schmidt, Duitse politikus en vyfde kanselier van die Federale Republiek van Duitsland († 2015).
- 29 Desember – Dricky Beukes, Suid-Afrikaanse skrywer († 1999).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 10 Februarie – Abdülhamid II, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1842)
- 21 April – Manfred von Richthofen, Duitse vegvlieënier (* 1892).
- 25 Maart – Claude Debussy, Franse komponis, (* 1862)
- 3/4 Julie – Mehmet V, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1844)
- 16 Julie – Nikolaas II van Rusland, laaste Tsaar van Rusland (* 1868).
- 16 Julie – Prinses Alix van Hesse-Darmstadt, vrou van Nikolaas II van Rusland. (* 1872).
- 9 November – Albert Ballin, Duitse reder en entrepreneur (* 1857).
- 5 Desember – Schalk Willem Burger, Transvaalse politikus en waarnemende president (* 1852).
- 14 Desember – Sidónio Pais, Portugese politikus en diplomaat, President van Portugal (* 1872).