Hebreeus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hebreeus
עברית
Ivrit 
Uitspraak: [(ʔ)ivˈʁit] – [(ʔ)ivˈɾit]
Gepraat in: Vlag van Israel Israel
Palestinian flag Palestynse Owerheid 
Gebied: Wes-Asië
Totale sprekers: 4,4 miljoen (moedertaalsprekers in Israel)
8,2 miljoen (eerste of tweede taal in Israel)[1] 
Rang: 77
Taalfamilie: Afro-Asiaties
 Semities
  Wes-Semities
   Hebreeus 
Skrifstelsel: Hebreeuse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Israel Israel
Gereguleer deur: Akademie van die Hebreeuse taal
האקדמיה ללשון העברית
(HaAkademia LaLashon HaʿIvrit)
Taalkodes
ISO 639-1: he
ISO 639-2: heb
ISO 639-3: heb 
Verspreiding van Hebreeus

Hebreeus (עברית Ivrit [ʔivˈʁit] of [ʕivˈɾit] ) is 'n Semitiese taal wat deur baie Jode in Israel as moedertaal gebesig word. Hebreeus word in die Hebreeuse alfabet geskryf. Hebreeus vorm saam met Arabies die amptelike tale van Israel.

Hebreeus is die liturgiese taal van die Judaïsme en byna elke Jood verstaan Hebreeus en kan die Hebreeuse alfabet lees. Die Ou Testament van die Bybel (deur die Jode Tanach genoem) is hoofsaaklik geskryf in Hebreeus.

Bybelse Hebreeus kan minstens in Oud-Hebreeus, Middel-Hebreeus en Laat-Hebreeus onderverdeel word. Laat-Hebreeus is bekend vir heelwat Aramaïsmes, terwyl Oud-Hebreeus dikwels kripties is. Die lidwoord word ook dikwels uitgelaat. Verdere ontwikkelinge van die Hebreeuse taal is Rabbynse Hebreeus, Middeleeuse Hebreeus en Moderne Hebreeus wat herleef het met die opkoms van die moderne staat Israel. Moderne Hebreeus is ook bekend as Ivrit.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Hebreeus