2012
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
2012 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2007 | 2008 | 2009 | 2010 | 2011 | ◄ 2012 ► | 2013 | 2014 | 2015 | 2016 | 2017 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Neil Armstrong oorlede op 25 Augustus | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2012 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 12de jaar van die 21ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Die Verenigde Nasies het die jaar as die jaar van samewerking verklaar om die belangrikheid van sosio-ekonomiese samewerking te beklemtoon. In besonder om klem te lê op die verligting van armoede.[1] Dit is ook as die jaar van Hernubare energie vir almal verklaar.[2]
Die vyfde en laaste siklus van die Maya se kalender het teen einde 2012 uitgeloop. Sommige mense het geglo dat dit die einde van die wêreld sou wees.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 15 Januarie en 5 Februarie – Presidentsverkiesing in Finland.
- 3 Maart – Opposisie van die planeet Mars.
- 6 April – Azawad verklaar eensydige onafhanklikheid van Mali.
- 15 April – Die skip Titanic het 100 jaar gelede gesink.
- 17 Mei – Hemelvaartsdag.
- 25 Mei – Suid-Afrika kry die grootste gedeelte van die SKA radioteleskoop projek.
- 30 Mei – Die International Union of Pure and Applied Chemistry verander die name van die Chemiese elemente 114 Ununquadium (Uuq) tot Flerovium (Fl) en 116 Ununhexium (Uuh) tot Livermorium (Lv).
- 6 Junie – Tweede en laaste oorgang van Venus in die 21ste eeu. Die vorige was in 2004 en die volgende oorgang word in 2117 en 2125 verwag.
- 7 Junie – Die finale fase van die Gautrein tussen Rosebank en Johannesburg (Parkstasie) word in diens gestel.
- 9 Junie – 1 Julie – Die Europese Sokkerkampioenskap 2012 vind in Pole en Oekraïne plaas.
- 12 Junie – Riah Phiyega word aangestel as Suid-Afrika se eerste vroulike polisiekommissaris.
- 1 Julie – President- en kongresverkiesings in Meksiko.
- 4 Julie – Fisici van die Europese Organisasie vir Kernnavorsing (CERN) ontdek in twee afsonderlike eksperimente die Higgs-boson, die laaste van die 12 elementêre deeltjies wat in die Standaardmodel beskryf word en die enigste een wat nog nie voorheen waargeneem is nie.
- 11 Julie – Die Hubble-ruimteteleskoop ontdek die vyfde natuurlike satelliet van die dwergplaneet Pluto, Styx.
- 19 Julie – Presidentverkiesings in Indië.
- 27 Julie – Die Olimpiese Somerspele 2012 begin in Londen, VK.
- 29 Julie – Cameron van der Burgh van Suid-Afrika wen die goue medalje op die Olimpiese Somerspele 2012 in die 100m borsslag.
- 31 Julie – Chad le Clos van Suid-afrika wen ’n goue medalje in 200 m-vlinderslag tydens die Olimpiese Somerspele van 2012.
- 12 Augustus – Afsluiting van die Olimpiese Somerspele 2012.
- 29 Augustus – Openingseremonie van die Paralimpiese Somerspele 2012.
- 9 September – Afsluiting van die Paralimpiese Somerspele 2012.
- 14 Oktober – Gemeenteraadsverkiesings in België.
- 6 November – Barack Obama wen die presidensiële verkiesing in die Verenigde State van Amerika en by die referendum in Puerto Rico stem die meerderheid ten gunste van 'n toekomstige status as deelstaat van die Verenigde State.
- 13 November – Totale sonsverduistering in Noord-Australië.
- 21 November – Mongolië sluit by die OVSE aan.
- 26 November – Riaan Cruywagen lees ná 37 jaar sy laaste Afrikaanse nuusbulletin op SAUK-televisie.[3]
- 29 November – Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies stem met ’n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 27 Januarie – Reza de Wet, Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1952).
- 1 Februarie – Wisława Szymborska, Poolse digteres en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1996 (* 1923).
- 8 Februarie – B.P.J. Erasmus, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1931).
- 11 Februarie – Whitney Houston, Amerikaanse sangeres (* 1963).
- 29 Februarie – Ertjies Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse fietsryer (* 1955).
- 30 Maart – Zak van Niekerk, Suid-Afrikaanse sanger (* 1978).
- 1 April – Milla Louw, Suid-Afrikaanse aktrise en stem-afrigter (* 1922).
- 8 April – Jack Tramiel, Pools-Amerikaanse entrepreneur (* 1928).
- 24 April – Annake de Villiers, Suid-Afrikaanse violiste. (* 1975).
- 28 April – Matilde Camus, Spaanse digter (* 1919).
- 17 Mei – Donna Summer, Amerikaanse sangeres. (* 1948).
- 5 Junie – Ray Bradbury, Amerikaanse skrywer (* 1920).
- 7 Junie – Phillip Tobias, Suid-Afrikaanse paleontoloog (* 1925).
- 8 Junie – P.H. Nortjé, Afrikaanse storieverteller en skrywer (* 1920).
- 11 Junie – Christa Steyn, Afrikaanse pianis, liedjieskrywer en sangeres (* 1958).
- 13 Junie – Dawid Kruiper, tradisionele leier van die Khomani San in die Kalahari (* 1935).
- 14 Junie – Willem Barnard, Springbokrugbyspeler (* 1923).
- 15 Junie – Mof Myburgh, Springbokrugbyspeler (* 1936).
- 17 Junie – Dolf Bekker, Springbokrugbyspeler (* 1926).
- 31 Julie – Gore Vidal, Amerikaanse skrywer en essayis (* 1925).
- 31 Julie – Johan van der Merwe, Suid-Afrikaanse akteur (* 1950).
- 8 Augustus – Japie Basson, Suid-Afrikaanse joernalis en politikus (* 1918).
- 25 Augustus – Neil Armstrong, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930).
- 9 September – Louis van Rensburg, Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer (* 1944).
- 11 September – Goliath Davids, Suid-Afrikaanse akteur (* 1929).
- 23 September – Corrie Sanders, Suid-Afrikaanse bokser (* 1966).
- 21 Oktober – Jan Barnard, Springbok-maratonatleet (* 1929).
- 5 November – Louis Pienaar, Suid-Afrikaanse regter, diplomaat en die laaste blanke administrateur van Suidwes-Afrika (* 1926).
- 17 November – Ian Kirkpatrick, Springbokrugbyspeler en afrigter (* 1930).
- 28 November – Jakes Gerwel, Suid-Afrikaanse akademikus, politikus en sakeman (* 1946).
- 5 Desember – Oscar Niemeyer, Brasiliaanse argitek (* 1907).
- 9 Desember – Patrick Moore, Britse sterrekundige (* 1923).
- 29 Desember – Tony Greig, Suid-Afrikaanse gebore Engelse krieketspeler (* 1946).
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ “United Nations International Year of Cooperatives 2012”. Social.un.org: 31 Oktober 2011. URL besoek op 13 November 2011.
- ↑ “United Nations International Year of Sustainability for All 2012”. Un.org. URL besoek op 13 November 2011.
- ↑ SABC2 se dokumentêr "Fluit-fluit, my storie is uit" oor Riaan Cruywagen, uitgesaai nét na die nuusbulletin op 26 November 2012.