1982
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1982 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1977 | 1978 | 1979 | 1980 | 1981 | ◄ 1982 ► | 1983 | 1984 | 1985 | 1986 | 1987 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Leonid Brezjnef en Władysław Gomułka | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1982 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 82ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 20 Maart – Tydens 'n vergadering van tussen 7 000 en 8 000 mense in Pretoria word Suid-Afrika se Konserwatiewe Party in die lewe geroep.
- 2 April – Argentinië val die Britse Falkland-eilande aan.
- 23 April – Die ZX Spectrum 8-bis persoonlike rekenaar word vrygestel deur Sinclair Research Ltd. [1]
- 25 April – Israel voltooi onttrekking uit Sinai volgens die Camp David-akkoord.
- 30 Mei – Spanje betree die NAVO.
- 6 Junie – Israel val Libanon binne.
- 13 Junie-11 Julie – Die twaalfde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Spanje gespeel, wat deur Italië gewen word.
- 14 Junie – Einde van die Falklandoorlog.
- 21 Junie – John Hinckley, sluipskutter van Ronald Reagan, onskuldig bevind weens kranksinnigheid.
- 29 Oktober – Lindy Chamberlain word in Australië skuldig bevind aan moord op haar nege-week-oue babadogter nadat 'n jurie haar bewering dat 'n Dingo die baba gevat het, verwerp.
- 7 Desember – Veroordeelde moordenaar Charlie Brooks word die eerste Amerikaanse gevangene om deur middel van 'n dodelike inspuiting om die lewe gebring te word.
- 8 Desember – Die Desember-moorde vind in Suriname plaas.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 9 Januarie – Catherine, Hertogin van Cambridge, Britse prinses.
- 25 Januarie – Noemi, Italiaanse sangeres-liedjieskryfster en musikant.
- 17 Maart – Steven Pienaar, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 21 Junie – Prins William, Hertog van Cambridge, Britse prins.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 6 Maart – Ayn Rand (77), Amerikaanse skryfster en filosoof (* 1905).
- 16 Julie – Charles Robberts Swart, die laaste Goewerneur-Generaal van die Unie van Suid-Afrika en die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika (* 1894).
- 28 Julie – Coert Steynberg, ’n internasionaal-bekroonde Suid-Afrikaanse beeldhouer en ontwerper (* 1905).
- 17 Augustus – Ruth First sterf toe sy 'n briefbom oopmaak wat vir haar man, Joe Slovo bedoel was (* 1928)
- 20 Augustus – Walter Battiss, Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1906).
- 1 September – Władysław Gomułka, Poolse politikus (* 1905).
- 14 September – Prinses Grace van Monaco - beserings as gevolg van 'n motorongeluk (* 1929).
- 18 Oktober – Sias Reinecke, Afrikaanse sanger en lid van die sanggroep Groep Twee (* 1940).
- 10 November - Leonid Brezjnef, Leier van die Sowjetunie (* 1906)