1966
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1966 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1961 | 1962 | 1963 | 1964 | 1965 | ◄ 1966 ► | 1967 | 1968 | 1969 | 1970 | 1971 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
President Marcos van die Filippyne besoek president Johnson van die Verenigde State | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1966 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 66ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Frankryk vier die millennium van die Mont-Saint-Michel.
- John Godolphin Bennett ontwikkel ’n nuwe gedagtelyn in stelselteorie naamlik sistematiek wat poog om stelsels te ondersoek as a geheel eerder as ’n stel verwante komponente.
- 3 Februarie – Die Sowjet-ruimtetuig Loena 9 voer die eerste sagte landing op die Maan uit en stuur foto’s terug Aarde toe.
- 17 Maart – Die eerste studente word geregistreer aan die Universiteit van Zambië.
- 3 April – Die Sowjet-ruimtetuig Loena 10 word die eerste ruimtetuig om om die Maan te wentel.
- 26 Mei – Guyana word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 11-30 Julie – Die agste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Engeland gespeel, wat deur dié land gewen word.
- 15 September – Die Verenigde Koninkryk laat die HMS Resolution te water, die eerste volwaardige Britse kernaangedrewe duikboot.
- 30 September – Botswana word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 4 Oktober – Lesotho word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 15 November – Die Oseaniese Sokkerkonfederasie word in Auckland, Nieu-Seeland, deur vier lande gestig.
- 30 November – Barbados word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 7 Januarie – Corrie Sanders, Suid-Afrikaanse bokser († 2012)
- 20 Maart – Reinard Ludick, Afrikaanse radiopersoonlikheid en nuusleser
- 10 Mei – Adriaan Richter, Suid-Afrika se vier-en-veertigste Springbokkaptein
- 26 Mei – Zola Budd, Suid-Afrikaanse middelafstand atleet.
- 30 Junie – Mike Tyson, 'n afgetrede Amerikaanse bokser.
- 9 Oktober – David Cameron, Britse konserwatiewe politikus en premier sedert 2010.
- 10 Oktober – Elana Meyer, Suid-Afrikaanse langafstandatleet.
- 20 Oktober – Allan Donald, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 10 April – Evelyn Waugh, Engelse skrywer en joernalis (* 1903).
- 11 Mei – Vytautas Stanionis, Litause fotograaf (* 1917).
- 4 Junie – Chang Myon, Suid-Koreaanse politikus (* 1899).
- 19 Julie – Norman Eaton, Suid-Afrikaanse argitek (* 1902).
- 23 Julie – Montgomery Clift, Amerikaanse rolprent- en teaterakteur (* 1920).
- 1 Augustus – Robey Leibbrandt, bokser en politieke stormvoël (* 1913).
- 9 Augustus – Antanas Žmuidzinavičius, Litause landskapskilder (* 1876).
- 23 Augustus – Irma Stern, 'n Suid-Afrikaanse kunsskilder (* 1894).
- 6 September – Hendrik Frensch Verwoerd, Nederlandsgebore akademikus, politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1901).
- 2 November – Peter Debye, Amerikaanse chemikus en Nobelprys-wenner (* 1884).
- 15 Desember – Walt Disney, animeerder, sketskunstenaar (* 1901).