In ons wêreld ervaar vele ’n gevoel van onwelkom wees. Soms word dit uitdruklik gesê, soms blyk dit uit ander se gedrag, soms voel mense dit aan. Ontuis en ontydig, dalk oorbodig en oortollig, vréémd. Vele ken dié gevoel – vlugtelinge, maar ook ánder, reg onder ons, weens ánder redes. Kinders in die wrede wêreld van sosiale media en skoolterreine. Talle in verhoudinge maar nié