Wikipedia:Gebruikersportaal
Inleiding | Beleid en stylriglyne | Tegniese hulp en administrasie | Gemeenskap | Allerlei |
Welkom by die gebruikersportaal
Wikipedia-nuus
- 8 Augustus - Gebruiker:Morne skep ons 41,000ste artikel: Hoërskool Eunice.
- 5 Mei 2016 – Gebruiker:Morne skep ons 40,000ste artikel: Henry Barber.
- 28 Februarie 2016 - Gebruiker:Morne skep ons 39,000ste artikel: Johannes Nicolaas de Beer.
- 31 Desember 2015 – Ons sluit die jaar af met 38 074 artikels, dus het ons gegroei met 4094 artikels gedurende 2015!
- 17 Desember 2015 – Gebruiker:Voyageur skep ons 38 000ste artikel: Jamie Oliver.
- 13 September 2015 – Gebruiker:Oesjaar skep ons 37 000ste artikel: Rooigrysmuskusskeerbek.
- Sien ook Wikimedia-notifications vir meer algemene kennisgewings.
Vanuit hierdie portaal kan u die Afrikaanse Wikipedia agter die skerms besoek. Die skakels hier konsentreer nie soseer op die verskeie artikels nie, maar op die skepping, verbetering en uitbreiding van artikels, die kommunikasie tussen gebruikers, algemene inligting oor die ensiklopedie, en enige iets anders wat 'n gebruiker denkbaar mag nodig kry om hom- of haarself tuis te laat voel. As u voel dat hier iets kort, of dat hierdie bladsy nie aan u behoeftes voldoen nie, maak gerus 'n voorstel op die Besprekingsblad.
- Die stap-vir-stap gids vir nuwelinge. Leer om artikels te skep en te wysig.
- Wat is Wikipedia?
- Wat is 'n wiki?
- Voel vry en gaan jou gang
- Hoe kan ek help?
Wikipedia kan nie gebreek word nie. Enige iets kan reggemaak word of later verbeter word. Gaan gerus voort en wysig 'n artikel - u bydraes help om ons ensiklopedie die beste Afrikaanse bron vir inligting op die Internet te maak!
Maak nou u eerste wysiging:
- Kliek hier om die sandput oop te maak: die sandput is spesiaal geskep vir toetse en eksperimente. Indien daar reeds teks is, vee dit gerus uit of plaas u teks bo- of onderaan.
- Tik en eksperimenteer na hartelus.
- Asseblief geen profaniteit, reklame of persoonlike aanvalle nie!
- Kliek op Wys voorskou om te sien hoe u bydrae sal lyk, of Stoor bladsy indien u gelukkig is met die manier waarop dit vertoon.