1984
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1984 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1979 | 1980 | 1981 | 1982 | 1983 | ◄ 1984 ► | 1985 | 1986 | 1987 | 1988 | 1989 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Richard Nixon en Indira Gandhi | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1984 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 84ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Broenei word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 8 Januarie – Broenei sluit by die ASEAN aan.
- 14-20 Januarie – Die derde Paralimpiese Winterspele word in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.
- 19 Januarie – Die Standerbende beroof drie banke in minder as ’n uur in Johannesburg se middestad.
- 8-19 Februarie – Die 14de Olimpiese Winterspele word in Sarajevo, Joego-Slawië, aangebied.
- 16 Maart – Die Verdrag van Nkomati word gesluit tussen die kommunistiese Frelimo-regering van Mosambiek en die apartheidsregering van Suid-Afrika.
- 24 April – Apple Computer stel die Apple draagbare rekenaar bekend.
- 17-30 Junie – Die eerste deel van die sewende Paralimpiese Somerspele word in New York Stad, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 27 Junie – Pierre Trudeau wen die Albert Einstein-prys vir vrede.
- 22 Julie-1 Augustus – Die tweede deel van die sewende Paralimpiese Somerspele word in Stoke Mandeville, Verenigde Koninkryk, aangebied.
- 28 Julie-12 Augustus – Die 23ste Olimpiese Somerspele word in Los Angeles, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 3 September – P.W. Botha word Suid-Afrika se eerste uitvoerende Staatspresident.
- 4 Oktober – Die laaste volledige Tupolev Tu-144, die eerste supersoniese passasiersvliegtuig ter wêreld, wat deur die Sowjetse vliegtuigbouer Aleksej Andrejewitsj Tupolev ontwikkel is, word in diens geneem.
- 12 November – Marokko bedank uit die Organisasie vir Afrika-eenheid as gevolg van die Wes-Sahara-konflik.
- 3 Desember – Die Bhopal-gasramp, die wêreld se ergste nywerheidsongeluk veroorsaak ten minste 18 000 sterftes in die Indiese stad Bhopal.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 29 Januarie – Natalie du Toit, Suid-Afrikaanse swemster.
- 17 Februarie – AB de Villiers, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 10 Maart – Ruan Pienaar, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Springbokskrumskakel.
- 16 Junie – Zane Kirchner, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Springbokheelagter.
- 11 Julie – Morné Steyn, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Springboklosskakel.
- 31 Augustus – Charl Schwartzel, Suid-Afrikaanse professionele gholfspeler.
- 15 September – Prins Harry van Wallis.
- 6 Desember – Daryl Impey, 'n Suid-Afrikaanse professionele padfietsryer.
- 16 Desember – Kaz McFadden, Suid-Afrikaanse akteur.
- 22 Desember – Scarlett Johansson, Amerikaanse aktrise.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 14 Januarie – Koos du Plessis, Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en digter (* 1945)
- 20 Januarie – Johnny Weismuller, Amerikaanse swemmer en akteur – bekend vir sy rol as Tarzan (* 1904)
- 9 Februarie – Joeri Andropof, Sowjetpolitikus (* 1914).
- 11 Februarie – Phil Nel, Suid-Afrika se agttiende Springbokkaptein (* 1902)
- 12 Februarie – Arnold Meiring, NG predikant en Transvaalse moderator (* 1906)
- 13 Februarie – André Stander, Suid-Afrikaanse polisieoffisier en berugte bankrower (* 1946)
- 2 Maart – Breytie Breytenbach, eerste hoofdirekteur van Truk (* 1904).
- 22 April – Ansel Adams, Amerikaanse fotograaf (* 1902).
- 19 Mei – Sir John Betjeman, Engelse digter, skrywer en televisie-aanbieder (* 1906)
- 24 Junie – Eitemal, Afrikaanse skrywer, digter, redenaar en vertaler (* 1901)
- 25 Junie – Michel Foucault, 'n Franse filosoof (* 1926)
- 9 Julie – Arthur Bleksley, ’n Suid-Afrikaanse wetenskaplike (* 1908).
- 5 Augustus – Richard Burton, Britse akteur (* 1925).
- 9 Oktober – Dr Felix Wankel Duitse uitvinder van die Wankelenjin (* 1902)
- 31 Oktober – Indira Gandhi, eertydse Eerste Minister van Indië, word in 'n sluipmoordaanval deur twee van haar eie lyfwagte vermoor (* 1917)