1928
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1928 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1923 | 1924 | 1925 | 1926 | 1927 | ◄ 1928 ► | 1929 | 1930 | 1931 | 1932 | 1933 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
'n Model A-Ford uit 1928 | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1928 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 28ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Stigting van die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalkorporasie (Yskor).
- Stigting van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad (SAGTR).
- 11-19 Februarie – Die tweede Olimpiese Winterspele word in St. Moritz, Switserland, aangebied.
- 6 Julie – Die eerste vollengte film met spraak Lights of New York gaan in première in New York Stad.
- 28 Julie–12 Augustus – Die negende Olimpiese Somerspele word in Amsterdam, Nederland, aangebied.
Biologie[wysig | wysig bron]
- Ludwig von Bertalanffy, 'n Hongaarse bioloog stel die algemene stelselteorie voor as alternatiewe wetenskaplike benadering.
Fisika[wysig | wysig bron]
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 16 Januarie – Pilar Lorengar, Spaanse sopraan-operasanger († 1996).
- 28 Januarie – Vic Toweel, Suid-Afrikaanse bokser († 2008).
- 26 Februarie – Ariel Sharon, Israeliese politikus († 2014).
- 4 April – Maya Angelou, Amerikaanse skrywer en digter († 2014).
- 23 April – Doc Immelman, Suid-Afrikaanse skrywer († 2013).
- 23 April – Shirley Temple, Amerikaanse aktrise († 2014).
- 27 Maart – Myburgh Streicher, Suid-Afrikaanse politikus († 2005).
- 4 Mei – Hosni Mubarak, President van Egipte.
- 14 Mei – Madeleine van Biljon, skryfster en joernalis († 2010).
- 21 Mei – Charles Jacobie, Afrikaanse country-sanger († 1988).
- 27 Mei – Johan Heyns, invloedryke Afrikaner Calvinistiese teoloog en moderator van die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1994).
- 14 Junie – Che Guevara, Suid-Amerikaanse vryheidstryder († 1967).
- 20 Junie – Eric Dolphy, Amerikaanse jazz musikant († 1964).
- 24 Junie – Wolfgang Altenburg, Duitse generaal.
- 26 Julie – Stanley Kubrick, Amerikaanse rolprentregisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer en kinematograaf († 1999).
- 6 Augustus – Andy Warhol, Amerikaanse kunstenaar († 1987).
- 16 Augustus – Louis le Grange, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister en Nasionale Party-lid († 1991).
- 27 Augustus – Mangosuthu Buthelezi, stigter en leier van die Inkatha-Vryheidsparty.
- 23 September – Fanus Rautenbach, radioömroeper, skrywer en mediapersoonlikheid († 2011).
- 4 Oktober – Alvin Toffler, Amerikaanse futuris, joernalis en skrywer († 2016).
- 11 Oktober – Zach de Beer, Suid-Afrikaanse politikus († 1999).
- 27 Oktober – Gilles Vigneault, Franko-Kanadese digter, verhaal- en liedjieskrywer en sanger.
- 13 Desember – Jack Tramiel, Pools-Amerikaanse entrepreneur († 2012).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 11 Januarie – Thomas Hardy, Engelse skrywer en digter (* 1840).
- 15 Februarie – Herbert Henry Asquith, liberale Britse politikus en eerste minister (* 1852)
- 9 Junie – Abraham Kriel, Suid-Afrikaanse predikant en stigter van die Langlaagte-kinderhuis (* 1850)
- 18 Junie – Roald Amundsen, Noorse pool- en ontdekkingsreisiger (* 16 Julie 1872)
- 27 Desember – Leendert Verwoerd, ouer broer van Hendrik Frensch Verwoerd (* 14 Julie 1899)