1921
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1921 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1916 | 1917 | 1918 | 1919 | 1920 | ◄ 1921 ► | 1922 | 1923 | 1924 | 1925 | 1926 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Slag van Sakarya | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1921 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 21ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 29 April – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word titulêr aartsbiskop van Adana.
- 23 Mei – Onluste in Egipte.
- 24 Mei – Eerste Comrades-maraton van Pietermaritzburg na Durban.
- 13 Junie – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word aartsbiskop van Milaan en kardinaal-priester van SS Silvestro en Martino.
- 23 Augustus - 13 September - Slag van Sakarya, die Grieke verloor teen die Turke.
- 7 Desember – Oostenryk en Amerika hervestig diplomatieke verbindings.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 23 Januarie – Marija Gimbutas, Litaus-Amerikaanse argeoloog († 1994).
- 19 Februarie – Dr. Andries Treurnicht, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister, koerantredakteur en predikant († 1993).
- 22 Februarie – Jean-Bédel Bokassa, president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek († 1996).
- 3 Maart – Jurie Ferreira, Afrikaanse sanger († 2002).
- 9 Maart − Willem Cruywagen, kabinetsminister en administrateur van Transvaal († 2013).
- 10 April – Frank Quint, Suid-Afrika se eerste bruin ambassadeur († 2003).
- 16 April – Peter Ustinov, Britse skrywer, akteur en filmregisseur († 2004).
- 9 Mei – Sophie Scholl, weerstandsvegter met die White Rose in Nazi-Duitsland († 1943).
- 12 Mei – Joseph Beuys, Duitse beeldhouer en kunstenaar († 1986).
- 20 Mei – Hendrik Vermooten, Suid-Afrikaanse argitek wat veral verantwoordelik was vir die ontwerp van 144 Afrikaanse kerkgeboue († 2013).
- 30 Mei – Jamie Uys, rolprentregiseur († 1996).
- 21 Junie – Jane Russell, Amerikaanse rolprentaktrise en sangeres († 2011).
- 22 Junie – Joseph Papp, regisseur.
- 1 Julie – Sir Seretse Khama, eerste president van Botswana († 1980).
- 6 Julie – Nancy Reagan, Amerikaanse aktrise en Eerste Dame van die Verenigde State († 2016).
- 18 Julie – John Glenn, Amerikaanse ruimtevaarder.
- 5 Augustus – Ds. Pieter du Toit, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, waarvan die laaste 22 jaar tot en met sy dood as leraar van die NG gemeente Drieankerbaai († 1989).
- 21 September – Vause Raw, Suid-Afrikaanse politikus († 2001).
- 24 Oktober – Tilana Hanekom, Suid-Afrikaanse aktrise († 2002).
- 3 November – Charles Bronson, Amerikaanse rolprentster († 2003).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 23 Januarie – Wladyslaw Zelenski, Poolse pianis en komponis (* 1837).
- 8 Februarie – Pjotr Kropotkin, Russiese dierkundige, geograaf en filoloog (* 1842).
- 20 September – Jules Porgès, Frans-Suid-Afrikaanse entrepreneur en Randlord (* 1839).
- 13 Desember – Willem Postma een van die eerste voorstanders vir Afrikaans as skryftaal (* 1874).
- 16 Desember – Charles-Camille Saint-Saëns, Franse klassieke komponis (* 9 Oktober 1835)
- Onbekend – Dirk Balfoort, regisseur, direkteur van die Rederykerskamer Onze Taal, dirigent van die Hollandsche Mannekoor en komponis (* 1858).
- Onbekend – William Henry Ford, ’n Suid-Afrikaanse argitek en ontwerper van Australiese herkoms (* 1868).