Kirgiese

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Kirgisies.
Kirgiese
Kyrgyz people.png
Totale bevolking: ca. 4,5 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Kirgisië Kirgisië ~3,8 miljoen[1]

Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 250 000[2][3]
Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina 143 500[4]
Vlag van Rusland Rusland 103 422[5]
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan 60 000
Vlag van Kasakstan Kasakstan 23 274[6]
Vlag van Afghanistan Afghanistan 1 130[7]
Vlag van Oekraïne Oekraïne 1 128[8]

Taal: Kirgisies
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Soennitiese Islam
Tengriisme • ChristendomSjamanismeTibettaanse Boeddhisme
Verwante etniese groepe: Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Kasakke, Oeigoere, Oesbeke, Turke en Turkmene
Ryk Kirgisiese jagter met 'n valk – skildery deur Vasili Veresjtsjagin in 1871

Die Kirgiese (Kirgisiese enkelvoud: Кыргыз/Kyrgyz, meervoud: Кыргыздар/Kyrgyzdar) vorm naas die Oesbeke, Kasakke en Turkmene die vierde grootste Turkse etniese groep in Sentraal-Asië. Hulle vorm die titulêre nasie van Kirgisië, waar hulle sowat 72,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Kirgisies, 'n Turkse taal, as moedertaal.

Naas Kirgiese leef nog klein minderhede soos Oesbeke (14,4%) en Russe (6,4%) in Kirgisië. Kirgisiese minderhede leef in lande soos Oesbekistan (250 000), die Volksrepubliek van Sjina (143 500) en Rusland (103 422).

Wêreldwyd leef omtrent 4,5 miljoen Kirgiese, waarvan sowat 3,8 miljoen in Kirgisië. In die Volksrepubliek van Sjina behoort die Kirgiese tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Sjinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Oeigoere, Oesbeke en Kasakke.

Die naam van die Kirgiese is moontlik van 40 (Turks: kyrk met die meervoud-agtervoegsel -yz) stamme afgelei wat onder die epiese held Manas verenig is en teen die Mongole geveg het. Die 40 strale van die son op die vlag van Kirgisië vertoon hierdie 40 stamme.[9][10] Volgens 'n ander teorie is die naam afgelei van 40 meisies wat krygers geword en waaruit die Kirgiese ontwikkel het.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (ru) За последние 10 лет этническая структура Кыргызстана претерпела значительные изменения”. URL besoek op 10 Maart 2016.
  2. (ru) Ethnic Atlas of Uzbekistan
  3. (ru) Demographics of Uzbekistan
  4. (en) Chinese Nationalities and Their Populations (2010)”. URL besoek op 10 Maart 2016.
  5. (en) (ru) Nationalities and ethnic groups”. URL besoek op 10 Maart 2016.
  6. http://92.46.60.130/open.php?exten=pdf&nn=760179
  7. (en) Wak.p65”. (PDF) URL besoek op 28 Februarie 2013.
  8. (ru) Ukrainian population census 2001: Distribution of population by nationality. Besoek op 23 April 2009 Geargiveer Januarie 17, 2012 op die Wayback Machine
  9. (en) Forty tribes and the 40-ray sun on the flag of Kyrgyzstan”. School of Russian and Asian Studies. URL besoek op 10 Maart 2016.
  10. (en) Kyrgyzstan Flag - colors meaning history of Kyrgyzstan Flag”. URL besoek op 10 Maart 2016.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]