1956
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1956 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1951 | 1952 | 1953 | 1954 | 1955 | ◄ 1956 ► | 1957 | 1958 | 1959 | 1960 | 1961 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
![]() |
||||||||||||||||||||||||
Vlag van die Hongaarse Opstand | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1956 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 56ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Soedan verkry hul onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
- 26 Januarie-5 Februarie – Die sewende Olimpiese Winterspele word in Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied.
- 14 Februarie – MiG-21, Russiese vegvliegtuig, se nooiensvlug.
- 2 Maart – Die Franse deel van Marokko word onafhanklik.
- 9 Maart – Sowjettroepe pleeg die Tbilisi-slagting van betogers.
- 20 Maart – Tunisië word van Frankryk onafhanklik.
- 7 April – Die Spaanse deel van Marokko word onafhanklik.
- 28 Junie – Poolse troepe slaan die werkersopstand van Poznań bloedig neer.
- 9 September – Elvis Presley verskyn op die Ed Sullivan Show vir die eerste keer.
- 7 Oktober – Pous Pius XII verklaar Pous Innocentius XI salig.
- 23 Oktober – Die Opstand in Hongarye begin.
- 4 November – Sowjettroepe onderdruk die volksopstand in Hongarye bloedig.
- 12 November – Marokko, Soedan en Tunisië word lidlande van die Verenigde Nasies.
- 22 November-8 Desember – Die 16de Olimpiese Somerspele word in Melbourne, Australië, aangebied.
- 18 Desember – Japan word ingelyf in die Verenigde Nasies.
- K. Boulding formuleer 'n hiërargie van stelsels waarvolgens verskillende stelsels geklasifiseer kan word.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 3 Januarie – Mel Gibson, Australiese akteur en regisseur.
- 31 Januarie – Trevor Manuel, Suid-Afrikaanse politikus.
- 5 Maart – Anton Goosen, Suid-Afrikaanse musikant.
- 8 Maart – Phil Hockey, Suid-Afrikaanse ornitoloog († 2013).
- 7 Mei – Jan Peter Balkenende, Eerste Minister van Nederland.
- 23 Junie – Glenn Danzig, musikant.
- 26 Junie – Chris Isaak, sanger.
- 9 Julie – Tom Hanks, 'n Amerikaanse akteur.
- 23 Julie – Amanda Strydom, Suid-Afrikaanse kabaretsanger.
- 11 Oktober – Coenie de Villiers, Suid-Afrikaanse musikant en TV persoonlikheid.
- 28 Oktober – Volker Zotz, Oostenrykse filosoof
- 28 Oktober – Mahmoud Ahmadinejad, Sesde president van die Islamitiese Republiek van Iran
- 30 Oktober – Nick Mallet, Springbokrugbyspeler en -afrigter.
- 25 November – Nomsa Nene, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 15 Desember – Tony Leon, Suid-Afrikaanse politikus en voormalige opposisieleier.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 29 Januarie – Toon van den Heever, Suid-Afrikaanse digter, regter en Hertzogprys-wenner (* 1894).
- 21 April – Charles MacArthur, skrywer (* 1895).
- 17 Junie – Clarence van Riet Lowe, Suid-Afrikaanse siviele ingenieur en prehistoriese argeoloog (* 1894).
- 16 Julie – Dr. Willem Petrus Steenkamp, Suid-Afrikaanse predikant, dokter en politikus (* 1879)
- 1 November – Pietro Badoglio, Italiaanse soldaat en staatsman. (* 1871).
- 1 November – Gideon Brand van Zyl, Suid-Afrikaanse politikus en sewende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1946–1950) (* 1873).