1952
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1952 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1947 | 1948 | 1949 | 1950 | 1951 | ◄ 1952 ► | 1953 | 1954 | 1955 | 1956 | 1957 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Evita Perón | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1952 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 52ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Die eerste uraan-aanleg in Suid-Afrika word in Krugersdorp aan die Wes-Rand geopen.
- 14-25 Februarie – Die sesde Olimpiese Winterspele word in Oslo, Noorweë, aangebied.
- 18 Februarie – Griekeland en die Turkye betree die NAVO.
- 28 April – Die Amerikaanse besetting van Japan eindig.
- 2 Mei – Die eerste kommersiële straalvliegtuig, die Comet, word in diens geneem deur BOAC.
- 19 Julie-23 Augustus – Die 15de Olimpiese Somerspele word in Helsinki, Finland, aangebied.
- 20 Desember – Die tweede Selakant word by Anjouan in die Comore-eilande gevang.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 23 Januarie – Omar Henry, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 13 April – Kerneels Breytenbach, is 'n Afrikaanse skrywer.
- 1 Mei – Pierre van Pletzen, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur.
- 11 Mei – Reza de Wet, 'n Afrikaanse skrywer en dramaturg († 2012).
- 4 Junie – Bronisław Komorowski, president van Pole.
- 4 Julie – Álvaro Uribe Vélez, president van Colombia.
- 6 Julie – Hilary Mantel, Engelse skryfster.
- 22 Julie – Lucas Maree, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2011).
- 2 September – Regardt van den Bergh, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur.
- 2 September – Jimmy Connors, Amerikaanse tennisspeler.
- 16 September – Karen Muir, Suid-Afrikaanse swemmer en die jongste persoon om 'n wêreldrekord op te stel en wel in die 110 treë-rugslag (tans 100 m) († 2013).
- 25 September – Christopher Reeve, Amerikaanse akteur, rolprentregisseur, -vervaardiger, draaiboekskrywer, skrywer en aktivis († 2004).
- 7 Oktober – Vladimir Poetin, president en premier van Rusland.
- 12 Oktober – Sally Little, Amerikaanse gholfspeler, Suid-Afrikaans van geboorte.
- 23 Oktober – Antjie Krog, Suid-Afrikaanse digter, akademikus en skrywer.
- 31 Oktober – Danie Niehaus, Suid-Afrikaanse sanger.
- 17 November – Freek Robinson, Suid-Afrikaanse joernalis en TV-aanbieder.
- 1 Desember – Sonja Herholdt, Suid-Afrikaanse sangeres.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 6 Februarie – Koning George VI van die Verenigde Koninkryk (* 1895).
- 27 Junie – Elmo Lincoln, akteur.
- 26 Julie – Eva Perón, vrou van die Argentynse president Juan Perón (* 1919).
- 21 Oktober – Hans Merensky, Suid-Afrikaanse geoloog, prospekteerder, wetenskaplike, omgewingsbewaarder en weldoener (* 1871).
- 20 November – Benedetto Croce, Italiaanse filosoof, historikus, literatuurkritikus en politikus (* 1866).