South African Artists: Die Briels
Die Briel-gesin se musiek staan sy plek met reg vol tussen Afrikaanse musiek. Die Briels het die eerste ‘betrokke’ musiek in Afrikaans gemaak.
Hulle dokumenteer in hul musiek die ekonomiese, politieke en sosiale veranderinge sedert die ontdekking van goud en die groot depressie van
1929-1933 op ‘n unieke manier.
Die Afrikaanse liedjies in die vroeë 1930s-1950s was deurspek met gedagtes van lyding, weeskinders, dood, verlange na ouerhuis en die plaas agv die drastiese veranderinge in die sosiaal-kulturele omstandighede van die
Afrikaner met die ontdekking van goud in 1886. Na sowat twee eeue van ‘n ongebonde boerelewe het ingrypende veranderings die landelike Afrikaner in die gesig gestaar. Met die runderpes (1896), die
Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902), die groot depressie (1929-1933) en die groot droogte (1932-1933) het die Afrikaner baie verarm. Hulle het in duisende stede toe gestroom op soek na werk.
Waar hulle vroeër gewoond was aan die rustigheid van ‘n plaas was hulle nou saamgehok in tente, krotte en blikhuise en het ‘n ongeskoolde arbeidersklas geword - steenmakers, mynwerkers, wasgoedwassers, koerantverkopers en karweiers. Om hierdie wroeging te verwerk het die Afrikaner aan die een kant vrolike Boeremusiek gespeel en aan die ander kant sy leed in sang verwoord.
Frans (gebore 05.09.
1919 in
Bloemfontein) was 2 jaar oud toe sy pa oorlede en is hy in ‘n kinderhuis daar geplaas. Hy het alle kontak met sy ma verloor en haar
eers in die vyftigerjare weer opgespoor. Sannie Venter (gebore 19.06.1923) was een van 7 kinders en is as 7-jarige in die kinderhuis op
Ugie geplaas. Na die dood van haar pa kon haar ma die gesin nie langer onderhou nieen is sy en haar 3 broers na die kinderhuis waar sy tot na haar 14de verjaardag sou bly. Frans en Sannie het albei opeiding in die toentertydse nywerheidskole ontvang, maar werk was skaars. Hulle het in Bloemfontein ontmoet en trou in
1942. Frans het aanvanklik as oorlaaikruier en vragmotor bestuurder vir die spoorweë gewerk en Sannie by teaters as plekaanwyser en kassiere. Hul dogter,
Anita, is 16.06.1949 gebore en verhuis hulle na
Pretoria. Vyf jaar later (12.09.1954) is hul seun, Fransie, gebore. Frans het in Pretoria weer by die spoorweë en daarna by Yskor gewerk. Sannie was ‘n bekende gesig by teaters as plekaanwyser en later vir ‘n tyd bestuurder by die Roxy-teater. Hulle het saam by Yskor begin werk - hy by die yster-walse en sy as kraandrywer by die oond.
Frans het altyd by die huis geneurie, resitasies geskryf en dit dan gesing.
Later het Sannie begin saamsing. Dié twee se verlange na ‘n eie ouerhuis het gou gestalte gekry in liedjies waarvan Frans self die woorde en musiek geskryf het
. Een van Sannie se jonger broers het ‘n toets bandopname laat maak, dit aan
Arthur Harris van Trutone platemaatskappy voorgelê, en so is hul eerste 78opm plaat, ‘My
Vader’ (keersy: ‘My Moeder’) op 24 Aug
1955 gemaak. Die Briels is na winkels genooi om op te tree en het later konserte op baie plekke gehou.Van hul eerste plaat tot die beëindiging van 78opm plate in SA in
1961 het hulle meer as honderd opnames gemaak.
Anita het as sesjarige in
1956 begin saamsing.
Haar eerste opname met haar ouers was ‘My Bruin Oog Boetie’. In Aug 1961 word Fransie vir die eerste keer op plaat gehoor saam met Anita en
Frans en neem hy ‘Ek Is Fransie’ op. Hy het egter net op 3 opnames gesing.
Anita ontwikkel in haar tienerjare as ‘n sangeres in eie reg. In
1971 neem sy ‘n langspeler onder die Trobadour etiket op waarna sy by Brigadiers platemaatskappy aansluit. Sy neem ‘n langspeler, ’Goeiemôre Goeiedag’ onder die skuilnaam ’
Nita Liza’ op. Die plaat kry lof van die kritici en Anita word vir ‘n SARIE-toekenning as SA se beste sangeres genomineer. Fransie maak geen opnames nie tot hy saam met Anita in
1972 as die sangduo ’Boet en Sus’ die langspeler ’Hello-A’ opneem.
In
1973 trou Anita met ‘n boer, Tinus de Jager. Sy verhuis na
Burgersfort en omdat dit moeilik was om
Johannesburg toe te reis vir opnames en optredes, tree sy uit die musiekwêreld. In
1981 verhuis haar ouers na haar en Tinus se plaas. Frans sterf op 4 Nov
1985 aan kanker. Sannie sterf op 10
Julie 1996 aan ‘n beroerte.
Die Briels het altesaam 482 liedjies opgeneem.
Copyright Disclaimer under
Section 107 of the
Copyright Act 1976, allowance is made for "fair use" for purposes such as criticism, comment, news reporting, teaching, scholarship, and research.
Fair use is a use permitted by copyright statute that might otherwise be infringing.
Non-profit, educational or personal use tips the balance in favor of fair use.
All descriptions, images, audio and video clips are the sole property of their respective owners. This video is only for non-profit usage and publishing. I do not own any rights to its content and
Copyright holder is respected and absolutely no
Copyright Infringement intended. (
For entertainment purposes only)
- published: 26 Oct 2014
- views: 228