Albert Maritz, Viljé Maritz en Francois Jacobs praat oor Frats. [Woordfees 2015]]
Gys en Jos is twee roeikampioene wat tydens 'n wedvaart op die Krokodilrivier omslaan en op die oewer uitspoel.
Hulle is jare lank vriende en terwyl hulle wag vir die reddingspan om op te daag, neem hulle hul lewens in oënskou, herkou aan allerlei kwessies en filosofeer oor die toekoms. Dan gewaar hulle 'n skuitjie in die verte wat nader kom… Wat volg is 'n ontknoping wat jou sal laat lag, huil en met deernis vervul. Moontlik gemaak deur Innibos
6 Maart 20:30
7 Maart 17:00
8 Maart
11:00
Kein Libertas Teater
55min
R110