AFRIKAANS
Die
Slag van Bloedrivier is op 16 Desember 1838 naby die
Bloedrivier in die huidige KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, geveg. Sowat 470
Voortrekkers, onder leiding van
Andries Pretorius, het 'n ossewalaer beskerm teen tussen 10
000 en 20 000 Zoeloe-impies. Die Zoeloekrygers, onder Koning
Dingaan se regering, is aangevoer deur Dambuza (Nzobo) en Nhlela.
Die ingang tot die Bloedrivierterrein met die monument in die agtergrondOp 15 Desember het die Voortrekkers inligting verkry dat 'n groot Zoeloemag op pad was. Pretorius het 'n uiters goeie gevegsterrein langs die Bloedrivier (toe die Ncomerivier) gekies, waar die ossewaens in 'n laer getrek is. Ten spyte van mis wat die aand oor die omgewing neergedaal het, was dit die volgende oggend helder. Voor die slag begin het, het die Voortrekkers 'n gelofte voor God afgelê dat, sou hulle gespaar word, hulle 'n kerk sal bou en die dag as 'n sabbat herdenk.
Die Zoeloes het herhaaldelik die laer onsuksesvol aangeval, todat Pretorius ná twee uur 'n groep perderuiters beveel het om die laer te verlaat en die Zoeloes aan te val. In die struweling het Pretorius ook 'n assegaaiwond aan sy linkerhand opgedoen.
Deels weens die feit dat die Voortrekkers vuurwapens teen die Zoeloes se assegaaie gebruik het, asook die goeie ligging en motivering van die Voortrekkers is uiteindelik slegs drie Voortrekkers gewond en geen dood nie; dit teenoor meer as 3 000 Zoeloekrygers wat gesterf het. 16 Desember is 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika; voor
1994 was dit as
Geloftedag bekend, en tans as Versoeningsdag. (
Bron:
Wikipedia)
ENGLISH
In the
Battle of Blood River on
16 December 1838 some 470 Voortrekkers, led by Andries Pretorius, defeated an estimated 10,000
Zulu on the banks of the
Ncome River in what is today KwaZulu-Natal,
South Africa. On 16 December, dawn broke on a clear day, revealing that " 'all of Zululand sat there' ," said one Trekker eyewitness.[7] On his deathbed thirty years later,
Sarel Cilliers recalled that before the battle commenced, the Trekkers had made a vow to God that if He should deliver them, they would build a church and commemorate the day as a
Sabbath.
- published: 23 Feb 2008
- views: 63103