Vleiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Vleiland in die Amerikaanse staat Illinois.
Vleiland Passewaaij in Tiel.

'n Vleiland is 'n gebied wat met water versadig is, hetsy permanent of seisoenaal, sodanig dat dit 'n duidelik identifiseerbare ekosisteem vorm.[1] Vleilande word van ander landvorme onderskei deur die unieke grondeienskappe en plantegroei. Vleilande lok gewoonlik 'n groot aantal voëls, amfibie en ander roofdiere.

'n Vleiland kan moerasagtig wees, maar alle vleilande is nie noodwendig moerasagtig nie. Vleilande kan volgens seisoen afwisselend nat of droog wees.

Verskeie vleilande reg oor die wêreld word onder die Ramsar-konvensie en die AEWA-verdrag beskerm.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Mitsch & Gosselink, 1986
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: