Nog opspraakwekkende besonderhede oor die Gupta-familie se klaarblyklike houvas op pres. Jacob Zuma is Donderdag onthul. Dít kom ure voordat Zuma mondelinge vrae oor onder meer die sogenaamde Nenegate in die parlement moet beantwoord. ’n Dag nadat Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, bevestig het die Guptas het aangebied om hom finansminister te maak, het