’n Skatkis van Afrika-kunswerke wat jy sommer so saam met ’n koppie koffie kan geniet. Dit is die kleurvolle wêreld van Amatuli. Die onderneming, wat ’n gebou van 4 000 m² in Kramerville, Sandton, beslaan, bied al die afgelope 27 jaar artefakte van veral Afrika, maar ook van lande soos Indië en Turkye, aan die Suid-Afrikaanse