Laer as normale winterreënval in die Wes-Kaap en warm, droë toestande in die lente en die vroeë somer het daartoe gelei dat Simonsig sover bekend sy vroegste parsseisoen tot nog toe begin het. Johan Malan, die keldermeester, gesels. “Ons het begin op 11 Januarie, 7 tot 11 dae vroeër as gemiddeld en voordat ek en die parsspan kans gehad het om