Ek lees vandeesweek ’n interessante artikel oor hoe Kanada die Indiane behandel het. Dit het my sekere insigte gegee oor die studente se “opstand” in Suid-Afrika. Die beleid wat tot 1996 teenoor die inheemse Kanadese volke gevolg is, het neergekom op “kulturele volksmoord”. Nie mý woorde nie, maar dié van Kanada se eie Waarheids-en-versoeningskommissie wat in 2008 aangestel