Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigeen verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Estland (Estnies: Eesti), amptelik die Republiek van Estland (Eesti Vabariik), is 'n land in Noordoos-Europa, wat in die weste begrens word deur die Oossee, in die noorde deur die Finse Golf, in die ooste deur Rusland en in die suide deur Letland. Dit is die mees noordelike en die kleinste van die drie Baltiese lande. Estland bestaan hoofsaaklik uit bosryke heuwellande met talle mere, vleie en moerasgebiede. Inwoners praat oorwegend Estnies wat nou verwant is aan Fins en - in teenstelling met die ampstale van Letland en Litaue - deel uitmaak van die Fins-Oegriese taalgroep. Estland is eeue lank deur Europese moondhede soos die Duitse Orde, Denemarke, Swede, Pole, Rusland en die Sowjetunie oorheers en het - ná 'n kortstondige periode as 'n onafhanklike staat tussen die twee wêreldoorloë - saam met die ander twee Baltiese lande, Letland en Litaue, in 1991 sy onafhanklikheid verklaar. Vanweë sy geografiese ligging en historiese bande met Sentraal- en Noord-Europa het Estland homself steeds as 'n voorpos van die westerse beskawing beskou. Sy huidige buitelandse beleid word dan ook deur sy nou bande met Finland en Skandinawiese lande asook sy lidmaatskap in die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), die Europese Unie, die OESO en die OVSE oorheers. In die 13de eeu is die kerstening van Estland vanuit Denemarke deurgevoer, en die land is later deur die Duitse Orde oorheers, terwyl Duitse koopmans van die Hansebond handelskantore in Lyfland, die huidige Letland en Estland geopen het. Tallinn, wat deur die Duitsers Reval genoem is, het net soos Narva, Tartu (Dorpat), Pärnu (Pernau) en Viljandi (Fellin) tot 'n bloeiende Hansestad ontwikkel. In die 16de en 17de eeu het Pole, Swede en Russe pogings onderneem om Estland by hulle magsgebied in te lyf. Dit was Rusland wat uiteindelik oorwinning behaal het. Alhoewel Estland in 1917/1918 sy onafhanklikheid van Rusland bereik het, is die land as gevolg van die sogenaamde Hitler-Stalin-ooreenkoms van 1939 weer by die Sowjet-invloedsfeer ingelyf en in 'n Sowjetrepubliek omgeskep. Ná die Duitse besetting tydens die Tweede Wêreldoorlog is Estland met geweld gesowjetiseer, en duisende Estniese burgers het uit die land gevlug of is na Siberië gedeporteer. Talle inwoners is deur die nuwe bewindhebbers vermoor, en uiteindelik het Estland sowat 'n kwart van sy oorspronklike bevolking kwytgeraak, terwyl honderdduisende Russiese immigrante hulle in die land gevestig het. Vandag is sowat 72 persent van die totale bevolking etniese Este. Met die sogenaamde "Singende Rewolusie" in die tydperk tussen 1989 en 1991 het Estland tydens die ontbinding van die Sowjetunie sy kans waargeneem om sy onafhanklikheid te herwin. Die nuwe onafhanklike Republiek van Estland is op 20 Augustus 1991 geproklameer, en Estland het 'n lidland van die Verenigde Nasies geword. ![]() In die nuus
![]() Het u geweet...
...dat die plant Welwitschia mirabilis, wat tot 600 jaar oud kan word, slegs twee blare het? Die blare skeur die hele tyd tydens die plant se lewe en laat dit lyk asof hy baie blare het. ...dat goudvissies nie so slegte geheue het as wat geglo word nie? Hulle kan geleer word om deur doolhowe te navigeer en kan na 'n paar maande hulle eienaars herken.![]() Vandag in die geskiedenis
![]() Voorbladbeeld
Foto deur die Levitsky-maatskappy van die Russiese Ryk se laaste keiserlike gesin. Regsom van regs bo: keiserin Aleksandra, Anastasia, Aleksei, Tatjana, tsaar Nikolaas II, Olga en Maria (Liwadija, 1913).
|
![]() Vind artikels
![]() |
|
Geografie |
||
Geskiedenis |
||
Kultuur |
||
Religie |
||
Samelewing |
||
Tegnologie |
||
Wetenskap |
||
![]() Wikipedia in ander tale
![]() |
||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels Deutsch • English • Español • Français • Italiano • Nederlands • Polski • Русский • Svenska • Winaray • Tiếng Việt |
||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Cebuano • 日本語 • Português • 中文 |
||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Українська |
||
Weergawes met meer as 250 000 artikels العربية • Català • Čeština • فارسی • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Bahasa Melayu • Norsk (bokmål) • Српски / srpski |
||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Azərbaycanca • Български • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • Galego • עברית • हिन्दी • Hrvatski • Հայերեն • Қазақша • Latina • Lietuvių • Baso Minangkabau • Norsk (nynorsk) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • Türkçe • Oʻzbekcha • Volapük |
||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Беларуская • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • Bosanski • Cymraeg • Kreyòl ayisyen • ქართული • Latviešu • Македонски • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • Shqip • தமிழ் • తెలుగు • ไทย • Tagalog • Татарча / tatarça • اردو |
||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia |
||
![]() Susterprojekte
![]() |
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|