10 Mei
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Mei 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
10 Mei is die 130ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (131ste in skrikkeljare). Daar volg nog 235 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 946 – Pous Agapetus II volg Pous Marinus II op.
- 1455 – Rodrigo Borgia (later Pous Alexander VI) word deur Pous Callixtus III benoem as apostoliese protonotarius.
- 1503 – Christopher Columbus ontdek die Kaaimanseilande en hy noem dit Las Tortugas as gevolg van die baie seeskilpaaie wat daar gevind word.
- 1534 – Jacques Cartier ontdek Newfoundland.
- 1728 – Prospero Lorenzo Lambertini (later Pous Benedictus XIV) word kardinaal-priester van S. Croce in Gerusalemme.
- 1773 – Giovanni Angelo Braschi (later Pous Pius VI) word kardinaal-priester van S. Onofrio.
- 1774 – Lodewyk XVI word koning van Frankryk.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland val België, Nederland en Luxemburg binne
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Winston Churchill aangestel as Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
- 1988 – Michel Rocard word Eerste Minister van Frankryk.
- 1994 – Nelson Mandela word ingehuldig as Suid-Afrika se eerste swart president.
- 2015 – Mmusi Maimane word in Port Elizabeth verkies as die Demokratiese Alliansie se eerste swart leier.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 214 – Claudius Gothicus, Romeinse keiser († 270).
- 1614 – Zacharias Wagenaer, Duitse skeepsman en staatsman, kommandeur van die Kaap van Goeie Hoop († 1668).
- 1760 – Johann Peter Hebel, Duitse digter († 1826).
- 1813 – Gustav Christian Schwabe, Duits-gebore Britse koopman en finansier († 1897)
- 1838 – John Wilkes Booth, Amerikaanse akteur en sluipmoordenaar van Abraham Lincoln († 1865).
- 1841 – James Gordon Bennett Jr., Amerikaanse uitgewer († 1918).
- 1878 – Gustav Stresemann, Duitse politikus en staatsman, Kanselier van Duitsland, en ontvanger van die Nobelprys vir Vrede, 1926 († 1929).
- 1888 – Max Steiner, Oostenrykse komponis († 1971).
- 1890 – Alfred Jodl, Duitse generaal († 1946).
- 1899 – Fred Astaire, Amerikaanse danser en akteur († 1987).
- 1899 – Dimitri Tiomkin, Oekraïense komponis († 1979).
- 1909 – Maybelle Carter, Amerikaanse sangeres (Carter Family) († 1978).
- 1915 – Beyers Naudé, teoloog en anti-apartheidstryder († 2004).
- 1916 – Milton Babbitt, Amerikaanse komponis († 2011).
- 1933 – Barbara Taylor Bradford, Britse skryfster.
- 1945 – Koos du Plessis, sanger, liedjieskrywer en digter († 1984).
- 1946 – Donovan Leitch, Skotse sanger, liedjieskrywer, vervaardiger en akteur.
- 1954 – Artūras Barysas, Litause kunstenaar († 2005).
- 1960 – Bono, Ierse sanger, liedjieskrywer filantroop en aktivis (U2).
- 1966 – Adriaan Richter, Suid-Afrika se vier-en-vyftigste Springbokkaptein.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1717 – John Hathorn, Amerikaanse landdros (* 1641).
- 1774 – Koning Lodewyk XV van Frankryk (* 1710).
- 1818 – Paul Revere, Amerikaanse patriot (* 1735).
- 1904 – Henry Morton Stanley, Wallies-Amerikaanse ontdekkingsreisiger en joernalis (* 1841).
- 1977 – Joan Crawford, Amerikaanse aktrise (* 1904).
- 1990 – Walker Percy, Amerikaanse skrywer (* 1916).
- 1999 – Shel Silverstein, Amerikaanse digter en komponis (* 1930).
- 2000 – Roy Dryburgh, Suid-Afrika se agt-en-twintigste Springbokkaptein (* 1929).
Vakansiedae[wysig | wysig bron]
- Moedersdag – 1998, 2009, 2015