26 Julie
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Julie 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
26 Julie is die 207de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (208ste in skrikkeljare). Daar volg nog 158 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1139 – Afonso die Oorwinnaar word die eerste koning van 'n onafhanklike Portugal.
- 1429 - Teenpous Clemens VIII tree af en die Westerse Skisma eindig.
- 1548 – Felice Peretti da Montalto (later Pous Sixtus V) voltooi sy magister graad in teologie aan die universiteit van Fermo.
- 1755 – Pous Benedictus XIV publiseer Allatae Sunt oor die Oosterse Rites.
- 1788 – New York word die 11de deelstaat van die Verenigde State.
- 1847 – Liberië, word die eerste onafhanklike republiek in Afrika.
- 1887 – L. L. Zamenhof publiseer Dr. Esperanto se Internasionale Taal.
- 1909 – Die SS Waratah verdwyn spoorloos tussen Durban en Oos-Londen.
- 1915 – Die eerste uitgawe van Die Burger verskyn.
- 1945 – Churchill verloor die Britse verkiesing en die Arbeidersparty verkry vir die eerste keer in die geskiedenis 'n meerderheid.
- 1950 – Die NG gemeente Chingola stig af van NG gemeente Mufulira
- 1953 – Fidel Castro lei 'n onsuksesvolle aanval op die Moncada-kaserne en begin daarmee die Kubaanse Rewolusie.
- 1956 – Egipte nasionaliseer die Suezkanaal om die Aswandam te befonds.
- 1965 – Die Maledive word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1975 – Die Progressiewe Party smelt saam met die Reformiste Party om die Progressiewe Reformiste Party te vorm.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 356 v.C. – Alexander die Grote († 323 v.C.)
- 1856 – George Bernard Shaw, Ierse dramaturg en Nobelprys-wenner († 1950).
- 1892 – Henry Vollam Morton, Britse joernalis en reisskrywer († 1979).
- 1894 – Aldous Huxley, die skrywer van Brave New World.
- 1907 – Dr. Louis Viljoen Rex, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en ten tyde van sy dood actuarius van die Sinode van die Suidstreek van Transvaal, later die Sinode Hoëveld († 1959).
- 1924 – Dirk de Villiers, Suid-Afrikaanse rolprentmaker en akteur († 2009).
- 1928 – Stanley Kubrick, ’n Amerikaanse rolprentregisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer en kinematograaf († 1999).
- 1943 – Mick Jagger, Britse popsanger.
- 1959 – Kevin Spacey, 'n Amerikaanse akteur.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1471 – Pous Paulus II, die 211de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1417).
- 1952 – Eva Perón, vrou van die Argentynse president Juan Perón (* 1919).