1942
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1942 |
◄ | 19de eeu | ◄ 20de eeu ► | 21de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1937 | 1938 | 1939 | 1940 | 1941 | ◄ 1942 ► | 1943 | 1944 | 1945 | 1946 | 1947 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1942 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 42ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- April – Die eerste uitgawe van die vrouetydskrif, Rooi Rose.
- 9 April – Tweede Wêreldoorlog: Oorgawe van die VSA-magte by die Bataanse Skiereiland.
- 18 April – Tweede Wêreldoorlog: Die Doolittle aanval vind plaas in Tokio.
- 23 April – Tweede Wêreldoorlog: Duitse bomwerpers val Exeter, Bath en York, Engeland aan.
- 1 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van die Koraalsee begin.
- 4 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Die Amerikaners wen die Slag van Midway.
- 9 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Lidici massamoord deur die SS.
- 12 Junie – Saambou Bank word onder die naam Unie Bouvereniging gestig.
- 7 Augustus – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde Magte land op Guadalcanal-eiland en die Slag van Guadalcanal begin.
- 29 November – Die skip Dunedin Star strand naby Angra Fria, Namibië.
- 2 Desember – Onder leiding van Enrico Fermi skep die Manhattan-projekspan by die Universiteit van Chicago die eerste selfonderhoudende kernkettingreaksie.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 5 Januarie – Jan Ellis, Springbokrugbyspeler († 2013).
- 14 Januarie – Amichand Rajbansi, Suid-Afrikaanse politikus († 2011).
- 26 Januarie – De Villiers Lamprecht, 'n Suid-Afrikaanse atleet en die eerste Suid-Afrikaner wat daarin kon slaag om 'n droommyl af te lê.
- 7 Februarie – Gareth Hunt, Britse akteur († 2007).
- 8 Februarie – Tommy Bedford, Suid-Afrika se drie-en-dertigste Springbokkaptein.
- 2 Maart – Mir-Hossein Mousavi, Iranse politikus.
- 2 Maart – Ernst van der Walt, Suid-Afrikaanse predikant.
- 2 Maart − Lou Reed, Amerikaanse musikant en fotograaf († 2013).
- 9 Maart − John Cale, Walliese musikant en multi-instrumentalis.
- 14 Maart – Gareth Hunt, Britse akteur († 2007).
- 21 Maart – Franz Marx, Suid-Afrikaanse akteur, draaiboekskrywer en regisseur.
- 28 Maart – Daniel Dennett, Amerikaanse filosoof.
- 12 April – Jacob Zuma, Suid-Afrikaanse politikus en vierde President van Suid-Afrika (2009–).
- 2 Mei – Jacques Rogge, Belgiese IOC-president.
- 16 Mei – Piet Greyling, Suid-Afrika se vyf-en-dertigste Springbokkaptein.
- 7 Junie – Moeammar al-Ghaddafi, diktator van Libië († 2011).
- 18 Junie – Thabo Mbeki, Suid-Afrikaanse politikus en tweede President van Suid-Afrika (1999–2008).
- 18 Junie – Paul McCartney, Britse sanger en liedjieskrywer van The Beatles.
- 6 September – Britt Ekland, Sweedse aktrise.
- 27 November – Jimi Hendrix, popster († 1970).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 9 Januarie – Heber Curtis, ’n Amerikaanse sterrekundige (*1872).
- 7 Februarie – Roeland Anthonie Kollewijn, Nederlandse taalkundige (* 1857).
- 7 Februarie – Iwan Bilibin, Russiese illustreerder en verhoogontwerper (* 1876).
- 17 Julie – Tinus de Jongh, 'n bekende Suid-Afrikaanse skilder (* 1885).
- 28 Julie – Sir Flinders Petrie, Fellow of the Royal Society en ’n Engelse Egiptoloog (* 1853).
- 16 November – Joseph Schmidt, Joodse tenoor en akteur (* 1904).
- 21 November – Barry Hertzog, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1866).
- 19 Desember – Genl. Dan Pienaar, wat in die Tweede Wêreldoorlog die 1ste SA Divisie in die westelike Sahara aangevoer het, sterf in 'n vliegramp by Kisumu op die oewer van die Victoriameer (* 1893).