6 Oktober
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Oktober 2014 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
6 Oktober is die 279ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (280ste in skrikkeljare). Daar volg nog 86 dae in die res van die jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 105 v.C – Die Kimber en die Germane verslaan 'n leër van die Romeinse Republiek by die Slag van Arausio.
- 891 – Pous Formosus volg Pous Stefanus V (VI) op.
- 1689 – Pous Alexander VIII volg Pous Innocentius XI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1741 – Pous Benedictus XIV verklaar Niccolò Albergati salig.
- 1794 – Keulen in die huidige Duitsland word deur Franse troepe beset, en die ideale van die Franse Rewolusie bring 'n einde aan die erfenis van die middeleeue en die selfregerende status van die stad.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Oranje-Vrystaat word amptelik deur die Verenigde Koninkryk geannekseer as die Oranjerivierkolonie.
- 1976 – Op bevel van die Premier Hua Guofeng, word die Bende van vier saam met hulle vennote gearresteer. Dit bring die Kulturele Rewolusie in Sjina tot 'n einde.
- 1981 – President Anwar Sadat van Egipte sterf in 'n sluipmoord-aanval tydens 'n parade in Kaïro ter herdenking van die Jom Kipoer-oorlog.
- 1995 – 'n Artikel in die tydskrif Nature kondig aan dat 'n planeet wat om 51 Pegasi wentel, ontdek is - die eerste buite ons sonnestelsel.
- 1999 – Die Suid-Afrikaanse Landbou-unie (SALU) hervorm en verander sy naam na Agri Suid-Afrika (Agri SA).
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1773 – Louis Philippe, Franse koning.
- 1864 – Genl. Christiaan Botha, jonger broer van genl. Louis Botha († 1902).
- 1866 – Reginald Fessenden, die eerste persoon wat mensestemme deur radiogolwe oorgedra het († 1932).
- 1942 – Britt Ekland, Sweedse aktrise.
- 1946 – Tony Greig, Suid-Afrikaanse gebore Engelse krieketspeler († 2012)
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 2000 – Anna Rothmann, 'n Afrikaanse skrywer en die dogter van M.E.R. (* 1904).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]
- Duitse-Amerikaner Dag in die Verenigde State