2004
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
2004 |
◄ | 20de eeu | ◄ 21de eeu ► | 22de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1999 | 2000 | 2001 | 2002 | 2003 | ◄ 2004 ► | 2005 | 2006 | 2007 | 2008 | 2009 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2004 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 4de jaar van die 21ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en die Universiteit van Noordwes smelt saam om die Noordwes-Universiteit te vorm.
- 29 Maart – Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië sluit by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aan.
- 1 Mei – Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Pole, Slowakye, Slowenië en Tsjeggië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en sluit saam met Malta en Siprus aan by die Europese Unie.
- 13-29 Augustus – Die 28ste Olimpiese Somerspele word in Athene, Griekeland, aangebied.
- 17-28 September – Die twaalfde Paralimpiese Somerspele word in Athene, Griekeland, aangebied.
- 26 Desember – 'n 9.0 Aardbewing voor die westelike kus van Indonesië ontketen 'n verwoestende Tsoenami met meer as 310 000 sterftes in Indonesië, Thailand, Maleisië, Bangladesj, Indië, Sri Lanka, die Maledive en Somalië.
Geboortes[wysig | wysig bron]
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 5 Februarie – Barry Trengove, Suid-Afrikaanse akteur (* 1939).
- 11 Maart – Gabriel de Jongh, 'n bekende Suid-Afrikaanse landskapskilder (* 1913).
- 20 Maart – Juliana van Nederland, koningin van Nederland (* 1909)
- 29 Maart – Peter Ustinov, Britse skrywer, akteur en filmregisseur (* 1921).
- 10 April – Marita Napier, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1939).
- 9 Mei – Brenda Fassie, Suid-Afrikaanse popsangeres (* 1964).
- 5 Junie – Ronald Reagan, Amerikaanse politikus, staatsman en 40ste President van die Verenigde State (* 1911).
- 1 Julie – Marlon Brando, akteur, in Los Angeles (* 1924).
- 28 Julie – Francis Crick, ontdekker van die struktuur van DNA (* 1916).
- 7 September – Beyers Naudé, Teoloog, anti-apartheidsrolspeler in Suid-Afrika (* 1915).
- 10 Oktober – Christopher Reeve, Amerikaanse akteur, rolprent-regisseur, -vervaardiger, draaiboekskrywer, skrywer en aktivis (* 1952).
- 25 November – Sheila Cussons, Suid-Afrikaanse digter en skilder (* 1922).