21 April
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | April 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
21 April is die 111de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (112de in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 254 dae in hierdie jaar.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 753 v.C. – Romulus stig Rome.
- 43 v.C. – Marcus Antonius word verslaan deur konsul Hirtius in die Slag van Mutina.
- 1659 – Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI) word kardinaal-priester van San Onofrio.
- 1742 – Pous Benedictus XIV verklaar Jeanne de Valois salig.
- 1836 – Die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog kom tot 'n einde.
- 1863 – Bahá'u'lláh word verklaar as die hoof van die Bahá'í-geloof.
- 1953 – Twee van senator Joseph McCarthy se hoofadjudante, Roy Cohn en David Schine, beveel aan dat 30 000 boeke in poste van die Amerikaanse inligtingsdiens in Europa verwyder word, insluitende werke deur Dashiell Hammett, W.E.B. du Bois, Herman Melville, John Steinbeck en Henry David Thoreau, omdat dit pro-kommunisties sou wees.
- 1975 – Viëtnam-oorlog: Die president van Suid-Viëtnam Nguyen Van Thieu vlug uit Saigon, wanneer Xuan Loc, die laaste Suid-Viëtnamese pos val.
- 1994 – Die ontdekking van die eerste planete buite die sonnestelsel word aangekondig deur sterrekundige Alexander Wolszczan.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1619 – Jan van Riebeeck, stigter van eerste kolonie in Suid-Afrika († 1677).
- 1729 – Tsarina Katharina II van Rusland , († 1796)
- 1751 – Ira Allen, een van die stigtervaders van die Amerikaanse deelstaat Vermont († 1814)
- 1816 – Charlotte Brontë, Engelse skrywer en outeur van Jane Eyre († 1855).
- 1838 – John Muir, omgewingsdeskundige († 1914).
- 1851 – Charles Barrois, geoloog († 1939)
- 1864 – Max Weber, Duitse ekonoom († 1920)
- 1912 – Marcel Camus, filmregisseur
- 1914 – Anthony Quinn, akteur († 2001)
- 1924 – Clara Ward, gospelsangeres († 1973)
- 1926 – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk
- 1930 – Silvana Mangano, aktrise († 1989)
- 1947 – Iggy Pop
- 1951 – Michael Hartley Freedman, wiskundige.
- 1958 – Andie MacDowell, aktrise
- 1959 – Robert Smith, musikant
- 1977 – Jamie Salé, figuurskaats
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1073 – Pous Alexander II, 156ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1012)
- 1509 – Hendrik VII, koning van Engeland (* 1457)
- 1699 – Jean Racine, dramaturg (* 1639)
- 1793 – John Michell, seismoloog (* 1724)
- 1812 – Cornelis Jacob van de Graaff, een van die latere Hollandse goewerneurs van die Kaap de Goede Hoop (* 1734).
- 1881 – Jacobus Nicolaas Boshoff, Vrystaatse politikus en staatsman, President van die Oranje-Vrystaat (* 1808).
- 1910 – Samuel Langhorne Clemens, bekend as Mark Twain, 'n Amerikaanse skrywer en humoris (* 1835).
- 1918 – Manfred von Richthofen, Die Rooi Baron-vlieënier (* 1892)
- 1938 – Allama Iqbal, filosoof-digter (* 1877)
- 1946 – John Maynard Keynes, Britse ekonoom (* 1883)
- 1956 – Charles MacArthur, skrywer (* 1895)
- 1973 – Arthur Fadden, dertiende Eerste Minister van Australië (* 1894)
- 1978 – Thomas Wyatt Turner, advokaat (* 1877).
- 1980 – Aleksandr Oparin, biochemikus (* 1894)
- 1985 – Rudi Gernreich, mode-ontwerper
- 1999 – Charles 'Buddy' Rogers, akteur, musikant
- 2003 – Nina Simone, sangeres (* 1933)
Vakansiedae[wysig | wysig bron]
- Romeinse Ryk: – die Parilia is gehou ter ere van Pales
- Bahá'í: – Eerste dag van die fees van Ridván