1965
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1965 |
◄ | 19de eeu | ◄ 20de eeu ► | 21de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1960 | 1961 | 1962 | 1963 | 1964 | ◄ 1965 ► | 1966 | 1967 | 1968 | 1969 | 1970 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1965 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 65ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 17 Februarie – Lyndon B. Johnson word die 36ste President van die Verenigde State.
- 18 Februarie – Gambië word Afrika se 36ste staat.
- 7 Maart – Amerikaanse Burgerregtebeweging: Burgerregte betogers wat van Selma na Montgomery, Alabama marsjeer word brutaal deur die polisie aangeval op Bloedige Sondag.
- 18 Maart – Ruimtevaarder Aleksei Leonof trek ’n ruimtepak aan en verlaat die Voskhod 2 ruimtetuig om die eerste persoon te word om in die ruimte te loop
- 5 Junie – Edward H. White onderneem die eerste Amerikaanse ruimtewandeling vanuit Gemini IV.
- 16 Julie – Die Mont Blanc-tonnel word in diens gestel.
- 26 Julie – Die Maledive word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 9 Augustus – Singapoer word van Maleisië onafhanklik.
- 10 Augustus – Karen Muir, Suid-Afrikaanse swemster stel ’n wêreldrekord op in die 110 treë-rugslag (tans 100 m); die jongste persoon tot nog toe om ’n wêreldrekord in swem op te stel.
- 25 November – Frankryk lanseer sy eerste satelliet (Astérix).
- 30 Desember – Ferdinand Marcos word President van die Filippyne.
- 11 November – Zimbabwe word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 10 Februarie – Dana Winner, Belgiese sangeres.
- 28 Junie – Tiaan Strauss, Suid-Afrika se drie-en-veertigste Springbokkaptein.
- 24 September – Irene van Wyk, Afrikaanse gospel-sangeres († 2009).
- 26 September – Petro Porosjenko, Oekraïense sakeman en politikus, vyfde president van Oekraïne (sedert 2014).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 4 Januarie – T. S. Eliot, Amerikaans-Britse digter en dramaturg, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1948 (* 1888).
- 24 Januarie – Winston Churchill, Britse politikus en staatsman, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1953 (* 1874)
- 19 Julie – Ingrid Jonker, Suid-Afrikaanse digteres (* 1933)
- 22 Junie – David O. Selznick, Amerikaanse rolprentvervaardiger (* 1902)
- 28 Junie – Red Nichols, Amerikaanse jazzkornetspeler en komponis (* 1905)
- 14 Oktober – Attie van Heerden, atleet en rugbyspeler (* 1898)