1914
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
1914 |
◄ | 19de eeu | ◄ 20de eeu ► | 21de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1909 | 1910 | 1911 | 1912 | 1913 | ◄ 1914 ► | 1915 | 1916 | 1917 | 1918 | 1919 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1914 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 14de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 11 April – Hoërskool Ermelo kom tot stand.
- 23 April – C.J. Langenhoven oortuig die Kaaplandse Provinsiale Raad om Afrikaans te aanvaar as 'n toegelate onderrigmedium tot die vierde standerd in laerskole.
- 25 Mei – Giacomo della Chiesa (later Pous Benedictus XV) word kardinaal van Santi Quattro Coronati.
- 28 Junie – Aartshertog Frans Ferdinand en sy gemalin Sophie word geskiet deur sluipmoordenaar Gavrilo Princip in Sarajevo.
- 23 Julie – Die ultimatum van Oostenryk-Hongarye aan Serwië lei tot die begin van die Eerste Wêreldoorlog.
- 4 Augustus – Eerste Wêreldoorlog: Duitse troepe val België binne. Die Verenigde Koninkryk verklaar oorlog teen Duitsland en die VSA verklaar neutraliteit.
- 15 Augustus – Die Panamakanaal word geopen.
- 3 September – Pous Benedictus XV volg Pous Pius X op.
- 6 September – Eerste Wêreldoorlog: Slag van die Marne begin tussen die Duitse en Franse Magte.
- 26 September – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Sandfontein vind plaas in Namibië.
- 1 November – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Coronel vind plaas. Dit is die eerste Britse Nederlaag van diè oorlog.
- 5 November – Eerste Wêreldoorlog: Die Verenigde Koninkryk van Brittanje annekseer Siprus en verklaar saam met Frankryk oorlog teen die Ottomaanse Ryk.
- 8 Desember – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van die Falkland-eilande vind plaas.
- 20 Desember – Jopie Fourie, kommandoleier van die rebellie tydens die Maritz-rebellie, word per vuurpeleton tereggestel nadat hy aan hoogverraad skuldig bevind is.
- 24 Desember – Britse en Duitse soldate onderbreek die Eerste Wêreldoorlog om Kersfees te vier, en begin só die Kersvrede.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 4 Mei – Hilgard Muller, 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Nasionale Party, burgemeester van Pretoria verkose lid van die parlement in 1958 en aangestelde minister van buitelandse sake († 1985).
- 29 Mei – Sherpa Tenzing Norgay († 1986).
- 15 Junie – Joeri Andropof, Sowjetpolitikus († 1984).
- 4 Julie – Nuccio Bertone, kartekenaar van Italië.
- 12 Julie – Topsy Smith, Afrikaanse jeugboekskrywer († 1985).
- 29 September – D.J. Opperman, Afrikaanse digter († 1885).
- 28 Oktober – Jonas Salk, Amerikaanse mediese navorser, viroloog en ontdekker van die polio-entstof († 1995).
- 18 November – Bettie Cilliers-Barnard, een van Suid-Afrika se bekendste skilders († 2010).
- Onbekend – Abdul Karim Kassem, Irakkese militaris en politikus († 1963).
Sterftes[wysig | wysig bron]
- Paul von Mauser, wapenontwerper (* 1838).
- 25 Maart – Frédéric Mistral, Frans-Oksitaanse digter (* 1830).
- 15 September – Koos de la Rey, Boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (* 1847).
- 20 Augustus – Pous Pius X, die 257ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1835).
- 14 November – Lord Frederick Sleigh Roberts, Britse maarskalk (* 1832)