Irak
|
|||||
Nasionale leuse: الله أكبر Allahu Akbar (Arabies vir: "God is die grootste") |
|||||
Volkslied: موطني Mawtini (Arabies vir: "My Vaderland") |
|||||
Hoofstad | Bagdad
|
||||
Grootste stad | Bagdad | ||||
Amptelike tale | Arabies en Koerdies | ||||
Regering | Federale parlementêre republiek Fuad Masum Haider al-Abadi |
||||
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Koninkryk • Republiek • Huidige grondwet |
van die Verenigde Koninkryk 3 Oktober 1932 14 Julie 1958 15 Oktober 2005 |
||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
437 072 km2 (59ste) 169 234 myl2 1,1 |
||||
Bevolking - 2014-skatting - Digtheid |
36 004 552[1][2] (36ste) 82,7 / km2 (125ste) 183,9 / myl2 |
||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2012-skatting |
||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2013-skatting |
||||
MOI (2013) | ▬ 0,642[4] (120ste) – medium | ||||
Gini (2007) | 30,9[5] – medium | ||||
Geldeenheid | Dinar (IQD ) |
||||
Tydsone - Somertyd |
AST (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) |
||||
Internet-TLD | .iq | ||||
Skakelkode | +964 |
Die Republiek van Irak is geleë in die Midde-Ooste, in die suidweste van Asië. Irak grens aan Turkye in die noorde, Iran in die ooste, Koeweit in die suide, Saoedi-Arabië in die suid-suidweste, en beide Sirië en Jordanië in die weste. Irak het ook 'n baie nou kuslyn wat strek tussen Iran in die ooste en Koeweit in die suide.
Irak, vroeër bekend as Mesopotamië, het 'n bloeddorstige geskiedenis met gewelddadige oorloë teen Persië (Iran) en die Ottomaanse Ryk (Turkye). Irak, onder die bewind van die voormalige president Saddam Hoesein, was ook betrokke in drie van die grootste oorloë in die laaste helfte van die 20ste eeu.
Inhoud
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Irak lê in die gebied wat voorheen deel was van Mesopotamië ("Land van Twee Riviere", uit Grieks), ook bekend as die wieg van beskawing. In omstreeks 4 000 v.C. het die Soemeriese kultuur hier ontstaan en is die eerste skrif, spykerskrif, ontwerp.
In 2340 v.C. het die Akkadiese militêre leier Sargon die gebied verower.
Irak het Koeweit op 2 Augustus 1990 eensydig ingeval en dit het gelei tot Operasie "Desert Storm" op 17 Januarie 1991 toe die VSA en 28 ander lande Irak aangeval het met die seën van Verenigde Nasies-resolusie 678. Ongeveer 140 miljoen ton ammunisie is gebruik teen Irak, gelyk aan 7 Hirosjima-atoombomme. 'n Skietstaking is op 28 Februarie 1991 deur die VSA aangekondig. Opstandigheid is deur die regering van Hoesein onderdruk.
Politiek[wysig | wysig bron]
Saddam Hoesein se Ba'ath-party het die land van 1968 tot 2003 met 'n ystervuis regeer. Hoesien het in 1979 as president van Irak aan bewind gekom toe generaal Ahmed Bakr deur middel van 'n staatsgreep afgesit is. Onder Hoesein se outokratiese bewind het Irak drie oorloë gevoer, die Iran-Irak-oorlog (1980 - 1988), die Eerste Golfoorlog (1991) en die Tweede Golfoorlog (2003).
Onder die bewind van die Ba'ath-party is die Soenni-gemeenskappe deur Hoesein se regering bevorder omdat hy deel van dié gemeenskap was. Die Sjiïete en Koerde het baie swaar gekry onder die regering, wat duisende van hulle uitgemoor het, veral omdat hulle 'n groot bedreiging vir die Ba'ath-regering was. Die regering se gewelddadige beleide het selfs veroorsaak dat die Sjiïete en Koerde die pro-Sjiïtiese Iran in die oorlog ondersteun het.
Streke[wysig | wysig bron]
Irak bestaan uit 18 provinsies:
- Bagdad
- Salah ad Din
- Diyala
- Wasit
- Maysan
- Al Basrah
- Dhi Qar
- Al Muthanna
- Al Qadisyah
- Babil
- Karbala
- An Najaf
- Al Anbar
- Ninawa
- Dhok
- Arbil
- At Ta'mim
- As Sulaymaniyah
Geografie[wysig | wysig bron]
Die grootste dele van Irak is woestyn, alhoewel die gebied tussen die twee riviere uit uiters vrugbare grond bestaan. Die noord- en noordoostelike dele van die land bestaan hoofsaaklik uit bergreekse, terwyl die suidelike dele moerasagtige grond is. Die moerasse is egter deur Hoesein se regering gedreineer uit weerwraak teen die gebied se inwoners vir hul ondersteuning aan die Amerikaners na die Eerste Golf Oorlog.
Ekonomie[wysig | wysig bron]
Irak het die vyfde grootste bekende oliereserwes ter wêreld.[6][7]
Demografie[wysig | wysig bron]
Ongeveer 4 miljoen Irakiërs woon in die buiteland. Hulle bestaan hoofsaaklik uit Koerde en Sjiïete wat weens politieke onderdrukking uit Irak gevlug het. Binne Irak bestaan ongeveer 90% van die bevolking uit Arabiere. Die res bestaan hoofsaaklik uit Koerde (10%), Asiate (Assiriërs) en Turke.
Ongeveer 97% van die bevolking is Moslems (Sjiïete 60% en Soennies 32%), en sowat 3% is Christene.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ (ar) Embassies overseas of Republic of İraq: جريدة الصباح تنشر احصائية وزارة التخطيط لعدد نفوس سكان العراق لسنة
- ↑ (en) “Irak”. CIA Factbook.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) “Irak”. Internasionale Monetêre Fonds: Januarie 2012. URL besoek op 9 Augustus 2014.
- ↑ (en) “Human Development Index and its components. Human Development Report 2011”. (PDF) UNDP.
- ↑ (en) “World Bank GINI index”. Wêreldbank.
- ↑ (en) http://www.eia.gov/cfapps/ipdbproject/IEDIndex3.cfm?tid=5&pid=57&aid=6
- ↑ (en) http://www.opec.org/opec_web/en/data_graphs/330.htm
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Irak.