JOHANNESBURG. – As daar ’n “goeie ou” in die Brett Kebble-skandaal was, dan was dit sy bonkige pa, Roger. Roger Kebble was een van ’n handvol mynmagnate van die “ouer garde” wat respek afgedwing het in ’n bedryf vol sterk manne – nie soseer omdat hy self sterk was nie, maar omdat hy elkeen, selfs die nederigste algemene assistent wat vir hom gewerk het, met groot respek