Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigeen gewysig kan word.
Dinsdag, 25 Februarie 2014
Hier is tans 30 518 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas Afrikaanse ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Andrew Murray

Ds. Andrew Murray (9 Mei 1828 op Graaff-Reinet, Oos-Kaap tot 18 Januarie 1917 op Wellington, Wes-Kaap) was moontlik die voorste godsdienstige skrywer wat Suid-Afrika al opgelewer het.

Ds. Murray was 'n seun van ds. Andrew Murray sr., een van die vroegste Skotse predikante wat deur lord Charles Somerset na Suid-Afrika gebring is om dié goewerneur se verengelsingsbeleid te help invoer en die tekort aan predikant in die NG Kerk aan te vul. Saam met sy oudste broer, John, is hy op vroeë leeftyd na Skotland om in die teologie te studeer. Hy ontvang in 1845 op 17-jarige leeftyd sy graad van die Universiteit van Aberdeen, keer ná verdere studie terug na Suid-Afrika, en word in 1849 die eerste predikant van die NG gemeente Bloemfontein, die sogenaamde Tweetoringkerk. Hy was lank feitlik die enigste predikant van die Hollandse kerke in die Vrystaat, maar bou doeltreffende kerkorganisasie op om die hele Republiek te dek, selfs ook tot in die latere Transvaal.

Elf jaar later (1860) aanvaar hy 'n beroep na Worcester. Murray het 'n reeks boeke geskryf na aanleiding van sy betrokkenheid by 'n vurige teologiese polemiek oor beweerde liberale neigings van di. J.J. Kotzé van die NG gemeente Darling en T.F. Burgers, die latere president van Transvaal. Hy verhuis ná enkele jare in Kaapstad in 1871 na die Bolandse dorp Wellington, waar hy steeds 'n leidende rol in kerksake speel as leraar van die NG gemeente Wellington, onder meer as moderator, en steun verleen aan die stigting van die destydse Hugenote-seminarie en talle ander onderwysinstellings, regstreeks of onregstreeks. As skrywer het hy 'n groot leserspubliek gehad, veral in Engeland en die Verenigde State, waar Engelse vertalings van sy boeke vandag nog verkoop word. Hy sterf in 1917, op byna 90-jarige ouderdom.

Daar is onder meer 'n standbeeld van hom voor NG kerk op Wellington en die Groote Kerk opgerig. Talle Engelssprekende gemeentes van die NG Kerk dra vandag sy naam, byvoorbeeld Andrew Murray-gemeente Bloemfontein, die tweetalige Johannesburgse gemeente Andrew Murray Congregation (voorheen die NG gemeente Johannesburg-Noord) en Andrew Murray-gemeente Pretoria, asook die Engelstalige gedeelte van die NG gemeente Windhoek. Die kinderhuis op Wellington, Huis Andrew Murray is ook na hom genoem. Dit het ontstaan uit die nywerheidskool wat ds. Murray omstreeks 1898 gestig het ná 'n reis deur die Karoo waartydens hy bewus geraak het van die groot aantal dogters wat sonder skoolopleiding of werk op die plase gewoon het. Die eerste gebou is in 1898 in Murraystraat, ook na hom genoem, opgerig en 36 dogters van die Unie en sendelinge vanuit Rhodesië en Njassaland is daar opgelei. In 1937 het die departement van gesondheid en welsyn beheer oor kinderversorging oorgeneem en het die huis 'n semi-staatskinderhuis vir wees en sorgbehoewende kinders geword.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Winter 2014 Candidate City- Sochi Waterfront.JPG

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat 2006 as 'n Mozart-jaar gevier is? Mozart is 250 jaar tevore, op 27 Januarie 1756 gebore.

... dat die kapibara se idiomatiese naam, "watervark", 'n wanbenaming is? Dié dier is in werklikheid verwant aan die muis en die rot, en met lengtes tot meer as 130cm, is dit die grootste knaagdier ter wêreld.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

25 Februarie: Nasionale Dag in Koeweit (1950)

Danger Point-vuurtoring

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Die Naald-sterrestelsel of NGC 4565 is 'n spiraalsterrestelsel sowat 30-50 miljoen ligjare van die Aarde af in die konstellasie van Coma Berenices.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie
Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië  Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  Nuwe Era  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies

Tegnologie
Elektronika  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
DeutschEnglishEspañolFrançaisItalianoNederlandsPolskiРусскийSvenska
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Cebuano日本語PortuguêsTiếng ViệtWinaray
Weergawes met meer as 500 000 artikels
中文
Weergawes met meer as 250 000 artikels
CatalàČeskyفارسیSuomiMagyar한국어norsk (bokmål)‬Українська
Weergawes met meer as 100 000 artikels
العربيةБългарскиDanskEsperantoEestiEuskaraGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiBahasa IndonesiaҚазақшаLietuviųMinangkabauBahasa Melayunorsk (nynorsk)‬RomânăSimple EnglishSlovenčinaSlovenščinaСрпски / srpskiTürkçeOʻzbekchaVolapük
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяБеларуская (тарашкевіца)WalliesΕλληνικάKreyòl ayisyenՀայերենქართულიLatinaLatviešuМакедонскиनेपाल भाषाOccitanPiemontèisSrpskohrvatski / српскохрватскиShqipதமிழ்తెలుగుไทยTagalogTatarça / Татарча

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering