Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigeen gewysig kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas Afrikaanse ensiklopedie te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die seekoei (Hippopotamus amphibius) is 'n groot, oorwegend plantetende Afrika-soogdier, een van slegs twee bestaande spesies in die familie "Hippopotamidae", (vanaf die Grieks ἱπποπόταμος -- hippopotamos, waar hippos "perd" beteken en potamos "rivier" beteken). Die ander spesie is die pigmie-seekoei. Die seekoei is halfwaterliewend en woon in groepe van vyf tot dertig diere in riviere en mere in Afrika suid van die Sahara. Bedags verkoel hy homself deur in die water of modder te bly. Voortplanting en geboorte gebeur ook hier; met territoriale bulle wat waghou oor hulle stukkie water. Die diere verskyn teen skemer aan wal om gras te vreet. Hoewel groepsverband en -gebied in die water geld, vreet seekoeie alleen op land, sonder beskerming van grondgebied. Alhoewel hulle op varke en ander gelyktonige hoefdiere lyk, is hul naaste bestaande familie die setaseë (walvisagtiges, soos tornyne, bruinvisse, walvisse, ensovoorts). Die gedeelde voorvader van die walvisse en seekoeie het ongeveer sestig miljoen jaar gelede van die ander gelyktonige hoefdiere afgeskei. Die vroegste bekende seeikoefossiele, van die genus Kenyapotamus in Afrika, dateer terug na ongeveer 16 miljoen jaar gelede. Die seekoei is herkenbaar aan sy vaatjievormige borskas, enorme bek en tande, haarlose liggaam, stompiebene en geweldige grootte. Dit is ongeveer dieselfde grootte as die witrenoster; slegs olifante is deurgaans swaarder. Ten spyte van die bonkige vorm en kort bene kan 'n seekoei maklik vir 'n mens weghardloop (of stormloop). Teen kort afstande is 'n snelheid van 48 km per uur aangeteken, veel vinniger as 'n olimpiese naelloper. Die seekoei word beskou as Afrika se gevaarlikste soogdier en is van die wêreld se agressiefste diere. Daar is nog 'n geskatte 125 000 tot 150 000 seekoeie regdeur Afrika (suid van die Sahara) oor, met die grootste bevolkings in Zambië (40 000) en Tanzanië (20 000 - 30 000). Hulle bly bedreig as gevolg van wilddiewery, vir hul vleis en ivoorslagtande, en as gevolg van die verlies van hul habitat. Hulle word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. In die nuus
Het u geweet...
... dat mens artikels kan soek volgens die eerste letters van die artikelnaam? By die Voorvoegselindeks kan mens byvoorbeeld "ek" intik en alle artikelname wat met "ek" begin, opspoor. ... dat die profeet Mohammed in die gedeeltes van die Koran wat tydens die eerste vyf jaar van sy openbare bediening in Mekka opgeteken is, nie een keer die naam Allah gebruik het nie? In dié tyd het hy na God verwys as "Heer" of "Skepper" (Rabb).Vandag in die geskiedenis
3 Februarie: Setsubun in Japan
Voorbladbeeld
Sonstrale in die Grand Canyon soos gesien vanaf Hopi Point in 2013.
|
Vind artikels
|
|
Geografie |
||
Geskiedenis |
||
Kultuur |
||
Religie |
||
Samelewing |
||
Tegnologie |
||
Wetenskap |
||
Wikipedia in ander tale
|
||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels Deutsch • English • Español • Français • Italiano • Nederlands • Polski • Русский • Svenska |
||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Cebuano • 日本語 • Português • Tiếng Việt • Winaray |
||
Weergawes met meer as 500 000 artikels 中文 |
||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Català • Česky • فارسی • Suomi • Magyar • 한국어 • norsk (bokmål) • Українська |
||
Weergawes met meer as 100 000 artikels العربية • Български • Dansk • Esperanto • Eesti • Euskara • Galego • עברית • हिन्दी • Hrvatski • Bahasa Indonesia • Қазақша • Lietuvių • Minangkabau • Bahasa Melayu • norsk (nynorsk) • Română • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • Српски / srpski • Türkçe • Oʻzbekcha • Volapük |
||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Azərbaycanca • Беларуская • Беларуская (тарашкевіца) • Wallies • Ελληνικά • Kreyòl ayisyen • Հայերեն • ქართული • Latina • Latviešu • Македонски • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • Srpskohrvatski / српскохрватски • Shqip • தமிழ் • తెలుగు • ไทย • Tagalog • Tatarça / Татарча |
||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia |
||
Susterprojekte
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|