Plato

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Beeld van 'n filosoof in Delphi. Daar word veronderstel dat dit 'n afbeelding Plato is.

Plato was 'n Griekse wysgeer (filosoof) wat van 427 v.C. tot 347 v.C. in die Griekse stad Athene geleef het.

Plato se leermeester was Sokrates. Na Sokrates se dood het Plato na Egipte en Italië gegaan en daar gestudeer saam met studente van Pythagoras

Plato was nie so lief vir mense as wat sy leermeester Sokrates was nie, en een van die voorvereistes van 'n filosofie kursus by hom was dat jy meetkunde moes ken. Dit was heel waarskynlik as gevolg van Sokrates se vervolging oor sy filosofiese lewenswyse. Plato was nie bereid om ook so vervolg te word nie.

Meeste van Plato se werke is geskryf in die vorm van Sokratiese dialoë, waarin 'n semi-fiktiewe Sokrates met iemand 'n gesprek voer oor een of ander filosofiese onderwerp.

Plato se vroegste werke het Sokrates se gedagtes uitgedruk. Sokrates self het nooit geskryf nie, maar Plato het baie van sy gesprekke min of meer akkuraat opgeteken. Die eerste werke, wat Sokrates se gedagtes uitdruk, is onder andere: Eutufro, Apologia en Krito.

In sy latere werk het Plato begin om sy eie gedagtes uit te druk, en sy werk het meer begin handel oor dieper filosofiese vrae, soos die onsterflikheid van die menslike siel. Hierin het hy begin wegbeweeg van Sokrates se geliefkoosde onderwerpe, naamlik die vrae van Reg en Verkeerd, die aard van wysheid ens.

Plato is ook noemenswaardig as 'n wiskundige, 'n veld waar sy bydrae dieselfde abstrakheid volg wat sy filosofie kenmerk - sy wiskunde kan gesien word as 'n uitbreiding van sy metafisika. Bertrand Russell (in sy werk met Alfred North Whitehead) noem Plato as een van die vorste vir getalteorie.

Plato se eie student was Aristoteles, en saam met Sokrates word hierdie drie wysgere die vaders van moderne westerse wysbegeerte genoem.

Verwysings[wysig]

  • Bertrand Russell (1959). Wisdom of the West

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]