Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigeen gewysig kan word.
Vrydag, 20 September 2013
Hier is tans 28 305 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas Afrikaanse ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Die verborge skoonheid van Iran: Khaju-brug in Isfahan.

Iran (Persies: ایران) is 'n land in die Midde-Ooste, wat deur Azerbeidjan, Armenië en Turkmenistan in die noorde, Pakistan en Afghanistan in die ooste en Turkye en Irak in die weste begrens word. Die land het vroeër in die Westerse lande as Persië bekendgestaan.

Met 'n oppervlakte van meer as 1,6 miljoen km² is Iran die 18de grootste land ter wêreld met 'n etnies diverse bevolking van 77 miljoen. Dit bevat 'n wye verskeidenheid landskapsvorme, maar bestaan oorwegend uit bergagtige landskappe en woestyne. So is dit juis die randstreke van Iran waar die grootste deel van die bevolking saamgetrek is en wat die grootste bydrae tot die land se bruto binnelandse produk lewer:

  • die kusgebied langs die Kaspiese See in Noordwes-Iran met sy visserybedryf, ryslande en teeplantasies;
  • Khoezestan in Suid-Iran met sy olievelde en suikerplantasies;
  • die Azerbeidjan-streek van Wes-Iran met sy graanlande; en
  • Oos-Iran met sy florerende vrugtebedryf in die oases van Khorastan en Seistan.

Daartussen lê die Kavir- en Lut-woestyn en die bergreekse langs Iran se grense met die uitgestrekte Zagros-plato in die weste. Stede in die binneland is op 'n gesofistikeerde netwerk van tonnels en kanale aangewese om ondergrondse watervoorrade te ontgin. Hierdie voorrade word deur damme soos dié van Dezful in die Dezrivier aangevul.

Iran, waar een van die oudste beskawings ontstaan het, het van oudsher sy onafhanklikheid gehandhaaf, alhoewel die land tydelik onder Britse, Russiese en Amerikaanse invloed gestaan het. Die Westersgesinde, outoritêre, maar ook sekulêre monargistiese bewind van Mohammad Reza Sjah Pahlavi is in die Islamitiese Rewolusie van 1979 omvergewerp. Die nuwe geestelike leier, Ayatollah Ruhollah Khomeini, het as integrasiefiguur van 'n breë opposisiebeweging gedien waarin uiteenlopende politieke groepe verenig is.

Interne magstryde en die oorlog met Irak, wat in September 1980 met 'n Irakse aanval begin het en agt jaar sou voortduur, het uiteindelik 'n unieke hibriede politieke bedeling laat ontstaan met 'n Grondwet waarin republikeins-demokratiese en teokraties-outoritêre elemente verenig is, alhoewel die politieke lewe tans deur die laasgenoemde oorheers word.

Ondanks sy ideologiese teenstrydighede, binne- en buitelandse krisisse, 'n groeiende opposisiebeweging (die sogenaamde Groen Beweging) en die interne rigtingstryd in die heersende politieke en godsdienstige kringe is die politieke ontwikkeling van die Islamitiese Republiek van Iran, soos dit sedert 1979 bekendstaan, in die eerste drie dekades van sy bestaan deur betreklike stabiliteit gekenmerk.

Alhoewel Iran steeds onder die ontwikkelende lande gereken word, het dit 'n hoogs gesofistikeerde tegnologiebedryf ontwikkel en beskik daarnaas oor die grootste reserwes van aardgas en die wêreld se vierde grootste bekende reserwes ru-olie. Danksy sy ekonomiese en strategiese ligging het Iran tot 'n streeksmoondheid in die Midde-Ooste ontwikkel.

Terwyl Iran nie daarin geslaag het om sy model van 'n Islamitiese republiek ook vir ander lande met 'n Moslembevolking aantreklik te maak nie, deel die land sekere ooreenkomstige kenmerke met Arabiese state soos Tunisië en Egipte wat 'n skielike politieke omwenteling in die sogenaamde Arabiese Lente ondergaan het: 'n goed opgeleide generasie van jong mense wat skraal kanse het om werk te kry, salarisse en lone wat nie tred kan hou met die stygende inflasie nie, en miljoene mense wat onder die broodlyn leef. Net soos in ander lande is daar 'n klein bolaag van welvarendes wat hulself van die aspirasies van die menigte vervreem het.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Malloula 01.jpg

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

...dat seelikkewane die enigste likkewaan is wat onder water kan swem? Hulle duik tot 30 minute lank om seewier te vreet.

...dat Edmund Hillary oorspronklik 'n byeboer was? Dit was 'n somerwerk wat hom tyd gegee het om in die winter berge te klim.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

20 September

Die Afsluitdyk

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
’n Moerasruiter (Tringa stagnatilis) in sy wintervere in Laem Pak Bia, Petchaburi, Thailand.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie
Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië  Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  Nuwe Era  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies

Tegnologie
Elektronika  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
DeutschEnglishEspañolFrançaisItalianoNederlandsРусский
Weergawes met meer as 750 000 artikels
日本語PolskiPortuguêsSvenskaTiếng Việt
Weergawes met meer as 500 000 artikels
中文
Weergawes met meer as 250 000 artikels
CatalàCebuanoČeskyفارسیSuominorsk (bokmål)‬УкраїнськаWinaray
Weergawes met meer as 100 000 artikels
العربيةБългарскиDanskEsperantoEestiEuskaraGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiMagyarBahasa IndonesiaҚазақша한국어LietuviųBahasa Melayunorsk (nynorsk)‬RomânăSlovenčinaSlovenščinaСрпски / srpskiTürkçeOʻzbekchaVolapük
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяΕλληνικάKreyòl ayisyenქართულიLatinaМакедонскиनेपाल भाषाOccitanPiemontèisSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple Englishதமிழ்తెలుగుไทยTagalog

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering