Japan

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Spring na: navigasie, soek
日本国
Nippon-koku
Japan
Vlag van Japan Keiserlike Seël van Japan
Vlag Keiserlike Seël
Volkslied: Kimi ga Yo (君が代?)
Ligging van Japan
Hoofstad Tokio1
35°41′N 139°46′O
Grootste stad Tokio
Amptelike tale Japannees
Regering Parlementêre
demokrasie en
Grondwetlike
Monargie
Akihito
Naoto Kan
Onafhanklikheid
Vorming
Nasionale Stigtingsdag
Meiji Grondwet
Huidige Grondwet
Verdrag van San Francisco

11 Februarie 660 v.C.3
29 November 1890
3 Mei 1947
28 April 1952
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
377 944 km2  (62ste)
Bevolking
 - 2007 skatting
 - 2004 sensus
 - Digtheid
 
127 433 494 (10de)
127 333 002
337 / km2 (30ste)
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2006 skatting

$4 220 triljoen2 (3rd)
$33 1002 (12de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2006 skatting

$4,911 triljoen2 (2de)
$38 341 (14de)

MOI (2007) Green Arrow Up Darker.svg 0,953 (8ste) — hoog
Geldeenheid Internasionale Simbool
¥ Uitgespreek (Jen)
Japannese Simbool
Uitgespreek (En) (JPY)
Tydsone
 - Somertyd
JST (UTC9)
nie toegepas nie (UTC)
Internet-TLD .jp
Skakelkode +81
1. Yokohama is die grootste ingelyfde stad.
2. "World Factbook; Japan—Economy". CIA: 2006-12-19. URL besoek op 2006-12-28.
3. Volgens legende is Japan op die dag gestig deur Keiser Jimmu, eerste keiser van Japan; dit word as hoofsaaklik simbolies beskou.

Japan is 'n eilandstaat in Oos-Asië. Dit is geleë tussen die Stille Oseaan en die See van Japan, oos van die Koreaanse skiereiland, Sjina, en Rusland en strek van die See van Okhotsk in die noorde tot by die Oos-Sjinese See in die suide. Die karakters waaruit Japan se naam bestaan beteken "son-oorspong" wat aanleiding gee tot die naam "Die Land van die Opkomende Son," en wat verwys na Japan se oostelike posisie relatief tot die Asiatiese vasteland.

Japan bestaan uit meer as 3 000 eilande,[1] die grootstes daarvan, van Suid na Noord is Kioesjioe, Sjikokoe), Honsjoe, die grootste eiland), en Hokkaido wat saam 97% van die land se grondoppervlak beslaan. Die meeste van die eilande is bergagtig, baie vulkanies; Japan se hoogste bergpiek, die berg Foedji, is byvoorbeeld 'n vulkaan. Japan het met ongeveer 128 miljoen mense die wêreld se tiende grootste bevolking. Die Groot-Tokio Gebied, wat die hoofstad Tokio en verskeie omliggende prefekture insluit, is die grootste metropolitaanse gebied ter wêreld met meer as 30 miljoen inwoners.

Nagtelike uitsig oor Tokio met die Reënboogbrug in die voorgrond

Argeologiese navorsing dui daarop dat die eilande van Japan so vroeg as die Jong-paleolitikum tydperk deur mense bewoon is. Die eerste geskrewe verwysing na Japan begin met vlugtige verwysings in Sjinese geskiedkundige tekste van ongeveer die 1ste eeu n.C. Invloede van buite gevolg deur lang tydperke van isolasie is kenmerkend van Japan se geskiedenis. Sedert die aanvaarding van sy grondwet in 1947 handhaaf Japan 'n unitêre grondwetlike monargie met 'n keiser en 'n verkose parlement, die Kokkai.

Japan is as 'n reuse ekonomiese moondheid[2] die wêreld se tweede grootste ekonomie volgens nominale Bruto Binnelandse Produk. Japan is 'n lid van die Verenigde Nasies, G8, G4 en ESASOG, met die wêreld se vyfde grootste verdedigingsbegroting. Dit is ook die vierde grootste uitvoerder ter wêreld en die sesde grootste invoerder asook 'n wêreld leier in tegnologie en masjinerie.

Inhoud

[wysig] Naam

In Japannees is die land se naam 日本 Nihon of Nippon ? , amptelik 日本国 of Nihon-koku. Voor Japan verhoudinge met Sjina gehad het, het dit bekendgestaan as Wa (倭) of Yamato (大和).Die Japannese naam Nippon word gebruik vir meeste amptelike doeleindes, insluitende geld, posseëls, en internasionale sportbyeenkomste. Nihon is ook 'n gewilde term in Japan. Die naam "Japan" is afgelei uit die Sjinese weergawe van die naam. Die vroeë Mandaryns-Sjinese woord vir Japan is opgeteken deur Marco Polo as Cipangu. In Afrikaans word die land eenvoudig "Japan" genoem. Die amptelike Japannese titel is Nihon-koku (日本国), letterlik "Staat van Japan."

[wysig] Geskiedenis

'n Middel-Jōmon-periode houer (3000 tot 2000 v.C.).

Die eerste tekens van menslike vestiging in die Japanse Argipel het verskyn met 'n Paleolitiese kultuur in ongeveer 30 000 v.C, gevolg van ongeveer 14 000 v.C. deur die Jōmon-tydperk, 'n Mesolitiese tot Neolitiese halfgesete jagter-versamelaar kultuur van kuilwonings en 'n rudimentêre vorm van landbou. Versierde klei-houers uit die tydperk, baie keer met gevlegte patrone, is van die oudste oorblywende voorbeelde van pottebakkery ter wêreld.[3]

Die Yayoi-periode, wat in omtrent die 3de eeu v.C. begin het, het nuwe gebruike ingevoer, soos nat-rysverbouing, yster- en bronsvervaardiging en 'n nuwe pottebakkerystyl, ingevoer deur handelaars uit Sjina of Korea. Met die ontwikkeling van die Yayoi-kultuur het 'n hoofsaaklik landbougemeenskap in Japan ontwikkel.[4][5][6][7]

Die Japannese verskyn vir die eerste keer in geskrewe geskiedenis in Sjina se Boek van Han. Volgens die Sjinese Kronieke van die Drie Koninkryke was die naam van die magtigste koninkryk op die Japanse Argipel gedurende die 3de eeu "Yamataikoku". Asuka-kyō en Fujiwara-kyō het gedien as hoofstede van die Yamatostaat.[8]

Japan is vir die eerste keer aan Boeddhisme bekendgestel uit Baekje op die Koreaanse Skiereiland, maar die ontwikkeling van Japannese Boeddhisme en Boeddhistiese beelde is hoofsaaklik deur Sjina beïnvloed.[9] Ondank vroeë weerstand is Boeddhisme deur die heersende klass aangemoedig en dit het uiteindelik in die Asuka-tydperk inslag gevind.[10]

Die Nara-tydperk van die 8ste eeu het die opkoms van die eerste sterk sentrale Japannese staat aangedui wat gesentreer was om die keiserlike hof in die stad Heijō-kyō, of die hedendaagse Nara. Benewens die volgehoue aanneming van Sjinese administratiewe gebruike, word die Nara-tydperk gekenmerk deur die verskyning van ontluikende geskrewe letterkunde met die voltooiing van die massiewe kronieke Kojiki (712) en Nihonshoki (720).[11] Nara was egter nie die eerste hoofstad in Japan nie.

Byodoin (1052).

In 784 het die Keiser Kammu die hoofstad vlugtig vir tien jaar van Nara na Nagaokakyō geskuif voor dit na Heian-kyō (die hedendaagse Kioto) geskuif is in 794, waar dit vir meer as 'n millennium gebly het.[12] Dit het die begin van die Heian-tydperk aangedui, waartydens 'n bepaalde inheemse Japannese kultuur verskyn het wat welbekend is vir sy kuns, poësie en letterkunde.

Murasaki Shikibu se Verhaal van Genji en die lirieke van moderne Japan se nasionale volkslied, Kimi ga Yo, is in die tydperk geskryf.[13]

Japan se feudale era is gekenmark deur die opkoms van 'n heersende klas soldate, die samoerai. In 1185, na die omverwerping van die mededingende Taira clan, is Minamoto no Joritomo aangestel as Sjogoen en het hy 'n magsbasis in Kamakura gevestig. Ná Joritomo se dood het dit uitgewerk dat die Hōjō clan as regente van die sjogoens regeer het. Zen Boeddhisme is in die Kamakura periode (1185–1333) uit Sjina ingevoer waarna dit gewild geword het onder die samoerai-klas. Die Kamakura sjogoenaat het in 1274 en 1281 daarin geslaag om die Mongoolse invalle af te weer, bygestaan deur 'n storm wat die Japannese as 'n kamikaze, of "Goddelike Wind" geïnterpreteer het. Die Kamakura sjogoenaat is uiteindelik deur keiser Go-Daigo afgeset, wat weer spoedig daarna in 1336 deur Ashikaga Takauji verslaan is.[14] Die Ashikaga sjogoenaat wat daarop gevolg het kon nie daarin slaag om die feudale oorlogshere (daimyo) onder bedwang te bring nie, en burgeroorlog (die Ōnin Oorlog) het in 1467 uitegbreek wat 'n eeu-lange Sengoku-tydperk ingelui het.[15]

Een van Japan se Rooiseëlskepe (1634), wat vir handel oral in Asië gebruik is.

Gedurende die 16de eeu het handelaars en Jesuïetsendelinge uit Portugal Japan vir die eerste keer bereik en aktiewe kommersiële en kulturele bande tussen Japan en die Weste (Nanban-handel) gevestig.

Oda Nobunaga het talle ander daimyo verower deur Europese vuurwapens en ander tegnologie te gebruik en het byna daarin geslaag om die nasie te verenig voor hy in 1582 vermoor is. Toyotomi Hideyoshi het Nobunaga opgevolg en die nasie in 1590 verenig. Hideyoshi het Korea twee keer binne geval, maar na verskeie nederlae deur Koreaanse en Ming Sjinese magte en Hideyoshi se dood, is Japannese troepe in 1598 onttrek.[16]

Die 1945 Atoombomaanval op Nagasaki.

Na Hideyoshi se dood het Tokugawa Ieyasu sy posisie as regent vir Hideyoshi se seun, Toyotomi Hideyori, gebruik om politieke beheer en militêre ondersteuning te bewerkstellig. Toe oorlog openlik uitgebreek het, het hy verskeie mededingende clans in die Slag van Sekigahara in 1600 verslaan. Ieyasu is in 1603 as sjogoen aangestel en het die Tokugawa sjogoenaat by Edo (moderne Tokio) gevestig. Die Tokugawa sjogoenaat het 'n verskeidenheid maatstawwe soos Buke sjohatto in plek gestel om die outnome daimio te beheer. In 1639 het die sjogoenaat die isolasionistiese sakoku ("geslote land") beleid aangeneem, wat gestrek het oor die twee en 'n half eeue van tenger politiese eenheid wat bekendstaan as die Edo-tydperk. Die studie van Westerse wetenskap, wat as rangaku bekend staan, het in die tydperk voortgeduur deur kontak met die Nederlandse enklave by Dejima in Nagasaki. Die Edo-tydperk het ook aanleiding gegee tot kokugaku, of letterlik "nasionale studies", die studie van Japan deur die Japannese self.[17]

Samoerai van die Satsuma-clan gedurende die Bosjinoorlog, circa 1867.

Op 31 Maart 1854 het Kommodoor Matthew Perry en die "Swartskepe" van die Verenigde State Vloot die opening van Japan tot die buite wêreld afgedwing met die Konvensie van Kanagawa. Soortgelyke verdrae wat daarop gevolg het met die Westerse lande in die laat Tokugawa sjogoenaat het Japan in 'n ekonomiese en politiese krisis gedompel. Die oorvloed van die prerogatief en die bedanking van die sjogoenaat gelei tot die Bosjin-oorlog en die vestiging van 'n gesentraliseerde staat onder die naam van die Keiser (Meiji Restorasie). Met die aanneming van Westerse politiese, geregtelike en militêre instellings het die Kabinet die Geheime Raad ingestel, die Meiji-Grondwet ingevoer en die Ryksdag van Japan gevestig. Die Meiji Restorasie het die Ryk van Japan in 'n geïndustrialiseerde wêreldmoondheid omskep wat 'n reeks militêre konflikte van stapel gestuur het om die nasie se invloedsfeer uit te brei. Na oorwinnings in die eerste Sjinees-Japannese oorlog (1894–1895) en die Russies-Japannese Oorlog (1904–1905), het Japan beheer van Taiwan, Korea, en die suidelike helfte van Sakhalin bewerkstellig.[18]

Die vroeë 20ste eeu het 'n kort tydperk van "Taisho demokrasie" gesien wat oorskadu is deur die opkoms van Japanse ekspansionisme en militarisasie. Die Eerste Wêreldoorlog het Japan, wat by die seëvierende Geallieerdes aangesluit het, toegelaat om sy invloed en territoriale besittings uit te brei. Japan het sy ekspansionistiese beleid voortgesit deur Mantsjoerye in 1931 in te val. As gevolg van internasionale veroordeling van die besetting het Japan twee jaar later uit die Volkebond bedank. In 1936 het Japan die Anti-Kominternpakt met Duitsland se Nasionaal-Sosialistiese regering gesluit en in 1941 by die Spilmoondhede aangesluit.[19]

In 1937 het Japan ander dele van Sjina ingeval wat gelei het tot die Tweede Sjinees-Japannese Oorlog (1937–1945), waarna die VSA 'n olieboikot teen Japan ingestel het.[20] Op 7 Desember 1941 het Japan die Amerikaanse vlootbasis in Pearl Harbor aangeval en oorlog teen die VSA, die Verenigde Koninkryk en Nederland verklaar. Die optrede het Japan in die Tweede Wêreldoorlog betrek. Na die atoombomaanvalle op Hiroshima en Nagasaki in 1945, te same met die Sowejetunie se aansluiting by die oorlog teen die land, het Japan ingestem tot 'n onvoorwaardelike oorgawe op 15 Augustus.[21] Die oorlog het Japan miljoene lewens gekos en groot dele van die land se nywerhede en infrastruktuur in puin gelaat. Die Internasionale Militêre Tribunaal van die Verre-Ooste is byeen geroep deur die Geallieerdes van die Tweede Wêreldoorlog (op 3 Mei 1946) om Japannese leiers vir oorlogsmisdade soos die Bloedbad van Nanking te vervolg.[22]

In 1947 het Japan 'n nuwe pasifistiese grondwet aanvaar wat klem lê op liberaal-demokratiese beginsels. Die Geallieerde besetting is in 1952 met die Verdrag van San Francisco beëindig[23] en Japan is in 1956 lidmaatskap van die Verenigde Nasies toegeken. Japan het later skouspelagtige ekonomiese groei behaal om die tweede grootste ekonomie ter wêreld te word met 'n jaarlikse groeikoers wat vir vier dekades gemiddeld 10% was. Dit het eers in die middel-1990's tot 'n einde gekom toe Japan 'n groot resessies beleef het. Positiewe groei in die vroeë 21ste eeu dui op 'n geleidelike herstel in die groei.[24]

[wysig] Regering en politiek

Die Nasionale Ryksdaggebou in Nagatachō, Tokio.

Japan is 'n grondwetlike monargie waar die mag van die keiser baie beperk is. As 'n seremoniële figurant word hy deur die grondwet gedefinieer as "die simbool van die staat en van die eenheid van die volk". Mag word hoofsaaklik gehou deur die Eerste Minister van Japan en ander verkose lede van die kokkai (Ryksdag van Japan), terwyl soewereiniteit gesetel is in die mense van Japan.[25] Die Keiser tree in effek by diplomatieke geleenthede op as die staatshoof. Akihito is die huidige Keiser van Japan. Naruhito, Kroonprins van Japan is sy aangewese opvolger.

Japan se wetgewende orgaan is die Kokkai of Nasionale Ryksdag, 'n tweekamer parlement. Die Ryksdag bestaan uit die Shūgiin of Huis van Verteenwoordigers en die parlement se laerhuis, met 480 setels, wat verkies word deur algemene verkiesings elke vier jaar of wanneer dit ontbind word, en die Sangiin of hoërhuis met 242 setels, wie se algemeenverkose lede 'n ses jaar termyn dien. Daar is algemenestemreg vir volwassenes oor 20-jaar,[2] met 'n geheime stem vir alle verkose ampte.[25] Die liberaal-konserwatiewe Liberaal-Demokratiese Party (LDP) was tussen 1955 en 2009 in bewind, behalwe vir 'n kortstondige koalisieregering wat in 1993 deur opposisie partye gevorm is.[26] In die algemene verkiesing, wat op 30 Augustus 2009 gehou is, het die sentrum-linkse Demokratiese Party van Japan 'n historiese oorwinning behaal.

Die Eerste Minister van Japan is die regeringshoof. Die posisie word aangestel deur die Keiser van Japan ná aanwysing deur die Ryksdag van uit sy geledere en moet die vertroue van die Huis van Verteenwoordigers behou om sy amp te hou. Die Eerste Minister is die hoof van die Kabinet (die letterlike vertaling van sy Japannese titel is "Eerste Minister van die Kabinet") en stel die Ministers, waarvan die meerderheid Ryksdaglede moet wees, aan en dank hulle af. Taro Aso dien tans as Eerste Minister van Japan.[27]

Die Japannese Reg, wat histories deur Sjinese reg beïnvloed is, het in die Edo-periode onafhanklik ontwikkel deur tekste soos Kujikata Osadamegaki. Sedert die laat 19de eeu is die regstelsel egter grootliks op die siviele reg van Europa gegrond, veral dié van Frankryk en Duitsland. In 1896 het die Japannese regering byvoorbeeld 'n burgerlike wetboek saamgestel gegrond op die Duitse model. Met na-Tweede Wêreldoorlogse aanpassing, bly die wetboek steeds in hedendaagse Japan in plek.[28] Wettereg vind sy oorsprong in Japan se wetgewer, die Nasionale Ryksdag van Japan, met outomatiese goedkeuring deur die Keiser. Die huidige grondwet vereis dat die Keiser wetgewing wat deur die Ryksdag aanvaar word uitvaardig, sonder dat hy spesifiek die mag het om die aanvaarding van wetgewing teë te staan.[25] Japan se howe word in vier basiese vlakke verdeel: die Hooggeregshof en drie vlakke van laerhowe.[29] Die hoofdeel van Japannese wettereg is 'n versameling wat bekend staan as die roppō of "Ses kodes".[28]

[wysig] Buitelandse betrekkinge en verdedigingsbeleid

Matrose aanboord die JMSDF opleidingsvaartuig JDS Kashima.

Japans se nasionale belang word in sy buitelandse beleid weerspieël. Die belangrikste hiervan is Japan se vermoeë om vrede en sekuriteit te handhaaf, tweedens om die vryhandelstelsel te ondersteun, derdens om vryheid, demokrasie en menseregte te beskerm en vierdens om mens tot mens interaksie en ontwikkeling van menslike hulpbronne te ondersteun in gebiede soos die akademie, kultuur en opvoeding. Die land se huidige beleid plaas ook klem op 'n groter betrokkenheid by wêreld aangeleenthede.[30]

Japan handhaaf tradisioneel noue ekonomiese en militêre bande met die land se sleutelbondgenoot, die VSA, en die VSA-Japan sekuriteit alliansie dien as die hoeksteen van die land se buitelandse beleid.[31] Japan, wat sedert 1956 'n lid van die Verenigde Nasies is, het as nie-permanente lid van die Veiligheidsraad reeds vir altesaam 18 jaar as verkose lid gedien, mees onlangs in 2005–2006. Japan is ook 'n lid van die G4-nasies wat hulle vir permanente lidmaatskap van die Veligheidsraad beywer.[32] As 'n lid van die G8, ESASOG, die "VSAN Plus Drie" en 'n lid van die Oos-Asië Vergadering, neem Japan aktief aan internasionale aangeleenthede deel. Dit is ook die tweede grootste skenker van amptelike ontwikkelingshulpverlening en het in 2004 VSA$8,86 biljoen geskenk.[33] Japan het nie-vegtende troepe aan die Irak-oorlog bygedra, maar het sedertdien sy troepe onttrek uit Irak.[34]

Afrika is histories die minste belangrike wêreldstreek vir Japan. Japan het min historiese ondervinding met Afrika en beperkte ekonomiese belang wat hoofsaaklik gefokus is op rou-materiaalbronne. Japan se grootste handelsvennoot in Afrika is Suid-Afrika. As gevolg van sanksies teen Suid-Afrika deur die VSA en ander lande het Japan in die 1980's as Suid-Afrika se grootste handelsvennoot ontwikkel. Dit het Japan internasionale in 'n onbenydenswaardige posisie geplaas wat gelei het tot die afgradering van diplomatiese en ekonomiese betrekkinge met Suid-Afrika. Met die einde van Apartheid en die normalisering van internasionale betrekking het Japan se spesiale rol in Suid-Afrika na 1994 geëindig. Vandag is Japan se buitelandse beleid teenoor Afrika daarop gevestig om demokrasie en gesonde regering te vestig ter wille van wêreldstabiliteit en vooruitgang. Hulpverlening aan die kontinent is nie gemik op korttermyn opbrengste nie, maar word eerder gesien as deel van internasionale pogings om orde te handhaaf.[30]

Japan is betrokke by verskeie gebiedsgeskille met sy buurlande: met Rusland oor die Suid-Kurileilande, met Suid-Korea oor die Liancourtrotse, met die Volksrepubliek van Sjina en Taiwan oor die Senkaku-eilande en die EES oor Okinotorishima. Japan is ook in 'n voortslepende geskil met Noord-Korea betrokke oor die land se ontvoering van Japannese burgers en kern- en missielprogram.

Japan se militêre magte word beperk deur Artikel 9 van die Japannese Grondwet, wat Japan se reg om oorlog te verklaar of militêre mag te gebruik om internasionale geskille te besleg op sê. Daar word egter 'n debat gevoer oor die moontlik wysiging van die grondwet, wat deur die Amerikaanse besettingsowerheid opgestel is na die Tweede Wêreldoorlog, om die grondwet deur 'n referendum aan te pas.[35] Japan se weermag word deur die Ministerie van Verdediging bestuur en bestaan hoofsaaklik uit die Japan Land-selfverdedigingsmag, die Japan Maritieme Selfverdedigingsmag en die Japan Lug-selfverdedigingsmag. Die magte is onlangs in vredebewaring hoedanigheid operasies en in die ontplooiing van Japannese troepe in Irak gebruik, wat die eerste oorsese gebruik van die land se militêre magte was sedert die Tweede Wêreldoorlog.[34]

[wysig] Administratiewe onderafdelings

Japan bestaan administratief gewys uit sewe-en-veertig prefekture wat elkeen deur 'n verkose goewerneur, wetgewer en administratiewe burokrasie bestuur word. Prefekture wissel in grootte van die Hokkaiso Prefektuur wat die hele eiland Hokkaido beslaan tot die stad Tokio, wat op sigself 'n prefektuur is. Die Tokio prefektuur word verder verdeel in drie-en-twintig spesiale wyke wat elkeen dieselfde magte as 'n stad het. Verder bestaan daar agt algemeen aanvaarde gebiede van Japan.

Japan ondergaan tans 'n administratiewe herorganisering wat die samesmelting van baie stede en dorpe behels. Hierdie proses sal lei tot die vermindering van sub-prefektuur administratiewe gebiede en daar word verwag dat dit tot besnoeiings in administratiewe koste sal lei.[36]

Japan het dosyne groot stede wat 'n belangrike rol speel in die land se kultuur, erfenis en ekonomie. Dié wat hieronder gelys word verteenwoordig die tien met die grootste bevolking en is almal prefekturale hoofstede en deur die staat ingestelde stede, behalwe waar ander aangedui word:

Stad Prefektuur Bevolking[37]
1 Tokioa   Tokio 8 535 792
2 Yokohama Kanagawa   3 602 758
3 Osaka Osaka 2 635 420
4 Nagoya Aichi 2 223 148
5 Sapporo Hokkaidō 1 888 953
6 Kobe Hyōgo 1 528 687
7 Kioto Kioto 1 472 511
8 Fukuoka Fukuoka 1 414 417
9 Kawasakib Kanagawa 1 342 262
10 Saitama Saitama 1 182 744

a 23 munisipaliteite. Ook die hoofstad van Japan.
b Slegs 'n staatsingestelde stad.

[wysig] Geografie

Japan soos vanuit die ruimte gesien, Mei 2003.

Japan is 'n land wat uit meer as drieduisend eilande langs die Stille Oseaan kus van Asië bestaan. Die hoofeilande, van noord na suid, is Hokkaidō, Honsjoe (die hoofeiland), Sjikokoe en Kyūshū. Die Ryukyu Eilande, insluitend Okinawa, is 'n reeks eilande suid van Kyushū. Tesame vorm die eilande die Japanse Argipel.

Ongeveer 70% tot 80% van die land is bebos, bergagtig,[38][39] en ongeskik vir landbou, industriële, of residensiële gebruik. Dit is aangesien die styl hellings, klimaat en die gevaar wat aardbewings, sagtegrond en swaar reën inhou. Dit het daartoe gelei dat die bewoonbare gebiede naby die kus geweldige hoë bevolkingsdigthede het. Japan is die dertigste mees digbevolkte land ter wêreld.[40]

Die berg Yari, Nagano Prefektuur in Augustus.

Die land se ligging op die Pasifiese Ring van Vuur, by die samekoms van drie tektoniese plate, veroorsaak dat Japan gereelde lae-intensiteit-aardskuddings en van tyd tot tyd vulkaniese uitbarstings beleef. Vernietigende aardbewings, wat baie keer tot tsoenamis lei, kom elke eeu verskeie kere voor.[41] Die mees onlangse aardbewings was die 2004 Chūetsu-aardbewing en die Groot Hanshin-aardbewing van 1995. Talle warmwaterbronne word aangetref en baie hiervan is tot ontspanningsoorde ontwikkel.[42]

Strand in Minnajima in Motobu, Okinawa in September.
Die berg Foedji

Die klimaat van Japan is hoofsaaklik gematig, maar dit verskil skerp tussen die noordelike en suidelike punte van die land.[43] Japan se geografiese eienskappe verdeel dit in ses hoofklimaatsones:

Die warmste temperatuur wat nog ooit in Japan aangeteken is — 40,9 grade Celsius — was op 16 Augustus 2007.[44]

Die hoofreënseisoen begin vroeg in Mei in Okinawa en die stilstaande reënfront wat daarvoor verantwoordelik is beweeg stadig noord totdat dit in noordelike Japan verswak raak voor dit Hokkaidō in laat Julie bereik. In die grootste deel van Honsjoe begin die reënseisoen voor die middel van Junie en hou dit aan vir omtrent ses weke. In die laat-somer en vroeë lente bring tifone baie keer swaar reën.[43]

Japan beskik oor nege woud-ekogebiede wat die klimaat en geografie van die eilande weerspieël. Hulle wissel van subtropiese nat breëblaarwoude in die Ryūkyū- en Bonin-eilande, tot gematigde breëblaar en gemengde woude in die gematigde klimaatdele van die eilande tot matige naaldeboomwoude in die koue winter gedeeltes van die noordelike eilande.[45]

[wysig] Omgewing

Japan se omgewingsbeleid en geskiedenis weerspieël 'n tenger balans tussen ontwikkeling en modernisasie aan die een kant en omgewingsbewaring aan die ander kant.

Japan is waarskynlik een van die wêreld se leiers in die ontwikkeling van omgewingsgunstige tegnologie. Honda en Toyota is aangewys as die motorvervaardigers met die beste brandstofverbruik en die laagste vlakke van nadelige uitlaatgasse.[46] Dit is as gevolg van gevorderde tegnologie in hibriede-stelsels, biobrandstof, die gebruik van liggewigmateriale en beter ingenieurswese.

Japan neem ook sake soos klimaatverandering en aardverwarming ernstig op. As 'n ondertekenaar van die Kioto-protokol, en gasheer van die 1997 kongres waar dit opgestel is, is Japan onderhewig aan verdragsverpligtinge om sy koolstofdioksiedemissies te verminder en om ander stappe te neem wat verband hou met die teëwerk van klimaatverandering. Die Cool biz-veldtog wat onder die voormalige eerste minister Junichiro Koizumi ingevoer is, was daarop gemik om energieverbruik te verminder deur vermindering in die gebruik van lugversorging in regeringskantore.

Japan het egter ook 'n lang geskiedenis met die opoffering van natuurlike hulpbronne en die vernietiging van die natuur ter wille van vooruitgang. Reeds in die 18de eeu het Japan so te sê al sy natuurlike goud en silwer voorrade op gebruik. Beduidende ontbossing het oor al die eilande plaasgevind wat tot erosie en rivierbesoedeling gelei het. Moerasse en ander natuurgebiede is herwin vir landbou-doeleindes en talle spesies is tot uitsterwing gedryf, insluitend die inheemse wolfspesie wat as 'n bedreiging gesien is.[47]

Die massiewe landswye heropbouingsprogramme na die Tweede Wêreldoorlog en die ontwikkeling in die dekades daarna het tot verdere verstedeliking en konstruksie gelei. Die boubedryf in Japan is een van die grootste nywerhede in die land en hoewel Japan baie natuurlike parke en ander natuurlike gebiede in stand hou, self in die middel van die land se stede, is daar min belangrike beperkings op waar en hoe bouwerk onderneem mag word.[48]

Verder is oorbevissing reeds lank 'n probleem binne Japan; in die moderne era het Japannese vissersvlote 'n ernstige bedreiging tot die handhawing van volhoubare vis en skulpdiere oral ter wêreld geword.[49] Japan is ook een van die laaste lande ter wêreld wat steeds kommersiële walvisvang beoefen.

Japan word 30ste beste ter wêreld gelys in die Omgewingsvolhoubaarheidindeks.[50]

[wysig] Ekonomie

Die motorindustrie is een van die hoofelemente van Japan se ekonomie en uitvoere.
Tōkaidō Shinkansen 700 & 300, by die Tokio Stasie.
Binnekant van die Kansai lughawe wat op 'n kunsmatige eiland in Osaka Baai gebou is.

Noue regering-nywerheid-samewerking, 'n sterk werksetiek, gevorderde tegnologie en 'n relatief klein verdedigingsbegroting het onder andere Japan gehelp om die tweede grootste ekonomie ter wêreld te word,[51] na die VSA, teen ongeveer US$4,5 triljoen in terme van nominale Bruto Binnelandse Produk[51] en derde na die VSA en die Volksrepubliek van Sjina in terme van koopkragpariteit.[52]

Bankwese, versekering, eiendom, kleinhandel, vervoer en telekommunikasie is almal belangrike sektore. Japan het 'n reuse industriële vermoeë en is die tuiste van sommige van die wêreld se grootste, leidende en mees tegnologies gevorderde vervaardigers van motorvoertuie, elektroniese toerusting, werktuigmasjinerie, staal en nie-ystermetale, skepe, chemikalieë, tekstiele en verwerkte voedsel.[53] Konstruksie is reeds lank een van Japan se grootste industrieë, aangehelp deur multi-biljoen dollar regeringskontrakte in die siviele sektor. Onderskeidende eienskappe van die Japanse ekonomie het tradisioneel samewerking tussen vervaardigers, verskaffers, verspreiders en banke in hegte groepe genaamd keiretsu en die waarborg van lewenslange indiensneming in groot maatskappye ingesluit.[54] Meer onlangs het Japannese maatskappye begin om van die norme te laat vaar in 'n poging om winsgewendheid te verbeter.[55]

Japan huisves ook sommige van die die wêreld se grootste finansiële dienste maatskappye, sakegroepe en banke soos Sony, Sumitomo, Mitsubishi en Toyota. Dit beskik ook oor die wêreld se grootste bank, volgens bates, die Japan Posbank (US$3.2 triljoen)[56] en ander soos Mitsubishi UFJ Finansiële Groep (US$1,2 triljoen[57]), Mizuho Finansiële Groep (US$1,4 triljoen[58]) en Sumitomo Mitsui Finansiële Groep (US$1,3 triljoen[59]). Die Tokio Effektebeurs met 'n marketkapitalisering van meer as 549,7 triljoen Jen teen Desember 2006 is die tweede grootste ter wêreld.[60]

Die algehele reële ekonomiese groei van die 1960's tot die 1980's staan bekend as 'n "wonderwerk": gemiddeld 10% in die 1960's, 5% in die 1970's en 4% in die 1980's.[61] Groei het dramaties afgeneem in die 1990's, hoofsaaklik as gevolg van die nagevolge van oorinvestering in die laat 1980's en binnelandse beleid wat daarop gemik was om die spekulatiewe oordadigheid van die eiendoms- en effektemarkte in toom te hou. Regeringspogings om ekonomiese groei te laat herleef was nie juis suksesvol nie en is verder belemmer deur die verlangsaming van die globale ekonomie van 2000 tot 2001.[53] Die ekonomie het na 2005 tekens van herstel vertoon met BBP vir daardie jaar wat op 2,8% gestaan het.[62]

Met markkapitalisering van meer as US$4 triljoen, is die Tokio Effektebeurs die tweede grootste in die wêreld.

Omdat slegs 15% van Japan se grondgebied vir verbouing geskik is,[63] word 'n stelsel van terraslandbou gebruik om klein gebiede optimaal te benut. Dit het gelei tot een van die wêreld se hoogste gewasopbrengste per oppervlakeenheid. Japan se klein landbousektor is ook swaar gesubsidieer en beskerm. Japan moet ongeveer 50%[64] van sy graanbehoeftes en ander voergewasse behalwe rys uit invoere bevredig en die land is van invoere afhanklik vir meeste van sy vleis verskaffing. In vissery is Japan tweede ter wêreld na die Volksrepubliek van Sjina in tonnemaat en vir wat gevang word. Japan handhaaf een van die wêreld se grootste vissersvlote en dra byna 15% van die globale vangs by.[53] Japan steun op ander lande vir byna al sy olie en kos.

Japan se vervoerstelsel is hoogs ontwikkel. Teen 2004 het die land oor 1 177 278 km geteerde paaie, 173 lughawens, en 23 577 km spoorlyne beskik.[53] Lugverkeer word hoofsaaklik deur All Nippon Airways (ANA) en Japan Airlines (JAL) bedryf. Spoorweë word onder andere deur Japan Railways Group bedryf. Daar is uitgebreide internasionale vlugte uit talle stede van en na Japan. Die Shinkansen (新幹線) sneltrein is 'n simbool van Japan se tegnologiese vooruitstrewenheid. Die aanvanklike Tōkaidō Shinkansen, wat teen 210 km/h geloop het, is in 1964 in gebruik gestel. Vandag verbind die netwerk met 'n totale lengte van 2 459 km meeste groot stede op die Honsjoe en Kyūshū-eilande teen werksnelhede van 300 km/h. Toetslopies is al teen 443 km/h op gewone spore uitgevoer (1996) en in 2003 is 'n landspoedrekord van 581 km/h met 'n magnetiese sweeftrein opgestel.

Japan se hoofuitvoervennote is die VSA 22,8%, die Volksrepubliek van Sjina 14,3%, Suid-Korea 7,8%, Taiwan 6,8% en Hong Kong 5,6% (vir 2006). Japan se hoofuitvoere is vervoertoerusting, motorvoertuie, elektronika, electriese masjinerie en chemikalië.[53] Met weinig natuurlike hulpbronne om ekonomiese ontwikkeling te onderhou steun Japan op ander lande vir meeste van sy grondstowwe; die land voer dus 'n verskeidenheid goedere in. Die land se hoof-invoervennote is die Volksrepubliek van Sjina 20,5%, die VSA 12,0%, Saoedi-Arabië 6,4%, VAE 5,5%, Australië 4,8%, Suid-Korea 4,7% en Indonesië 4,2% (vir 2006). Japan se hoof invoere is masjinerie en toerusting, brandstof, voedsel (veral beesvleis), chemikalieë, tekstiele en ander grondstowwe vir sy industrieë. Japan se algehele grootste handelsvennote is die Volksrepubliek van Sjina en die VSA.[65]

[wysig] Wetenskap en tegnologie

Nuusvrystelling van die mees onlangse ASIMO-model.

Japan is een van die voorste lande in wetenskaplike navorsing, veral in tegnologie, masjinerie en mediese navorsing. Byna 700 000 navorsers deel 'n navorsings- en ontwikkelingsbegroting van VSA$130 biljoen, die derde grootste ter wêreld.[66] Van Japan se vernaamste tegnologiese bydraes word aangetref in elektronika, motorvoertuie, masjinerie, industriële robotika, optika, chemikalië, halfgeleiers en metale. Japan lei die wêreld se vervaardiging en gebruik van robotika en beskik oor meer as die helfte (402 200 van 742 500) van die wêreld se industriële robotte wat vir vervaardiging gebruik word.[67] Van die robotte wat in die land ontwikkel is sluit in QRIO, ASIMO en Aibo. Japan is ook die wêreld se grootste vervaardiger van motorvoertuie[68] en die tuiste van ses van die wêreld se vyftien grootste motorvervaardigers en sewe van die wêreld se twintig grootste halfgeleier-verkopers.

Japan het planne in ruimteverkenning, insluitend die bou van 'n maanbasis teen 2030.[69] Die Japan Aerospace Exploration Agency (JAXA) voer ruimte- en plantêre navorsing, lugvaartnavorsing, en ontwikkeling van vuurpyle en satelliete uit. Japan is 'n deelnemer aan die Internasionale Ruimtestasie en die Japannese Eksperimentmodule (Kibo) sal na beplanning in 2008 tot die Stasie toegevoeg word as deel van die Ruimtependeltuig-vlugte.[70]

[wysig] Demografie

'n Uitsig oor die Shibuya-kruising, 'n voorbeeld van Tokio se baie keer besige strate.
Sjinto torii by Fushimi Inari-taisha, Kioto.

Japan se bevolking word op ongeveer 127,4 miljoen geskat.[71] Die Japannese samelewing is taalkundig en kultureel grootliks homogeen met slegs klein bevolkings buitelandse werkers, Zainichi Koreane, Zainichi Sjinese, Filippyne, Japannese Brasiliane en ander. Die mees dominante etniese groep is die Yamato; die hoof minderheidsgroepe sluit die inheemse Ainu en Ryūkyūane, sowel as sosiale minderheidsgroepe soos die burakumin.

Japan het een van die hoogste lewensverwagtingkoerse ter wêreld teen 81,25 jaar (soos in 2006).[72] Die Japannese bevolking verouder egter spoedig, die gevolg van 'n naoorlogse geboortegolf gevolg deur 'n daling in geboortes in die latere gedeelte van die 20ste eeu. Teen 2004 was ongeveer 19,5% van die bevolking oor 65 jaar oud.[73]

Die verandering in demografiese struktuur het 'n aantal maatskaplike probleme veroorsaak, veral 'n potensiële krimping van die arbeidsmag en stygings in die koste van maatskaplike veiligheidsvoordele, soos die openbare pensioenplan. Baie van die Japannese jeug verkies ook al hoe meer om nie te trou nie of gesinne te hê nie.[74] Japan se bevolking sal na verwagting teen 2050 tot 100 miljoen daal en tot 64 miljoen teen 2100.[73] Demograwe en regeringsbeplanners is tans in hewige debatte gewikkel oor hoe om met die probleem saam te leef.[74] Immigrasie en geboorteaansporings word soms voorgestel as 'n oplossing om jonger werkers te verskaf om die land se verouderende bevolking te ondersteun.[75] Immigrasie is egter nie 'n gewilde oplossing nie.[76]

Die hoogste skattings vir die aantal Boeddhiste en Sjintoïste in Japan is 84-96%, wat 'n groot aantal volgelinge in 'n sinkretisme van beide gelowe verteenwoordig.[2][77] Sommige skattings meen egter dat slegs 30 persent van die bevolking hulleself identifiseer as deel van 'n godsdiens.[78] Taoïsme en Confucianisme uit Sjina het Japannese geloof en mitologie beduidend beïnvloed. Godsdiens in Japan neig om sinkreties van aard te wees en dit lei tot 'n verskeidenheid van gebruike soos ouers en kinders wat Sjinto rituele beoefen, studente war voor eksamens bid en paartjies wat huwelike in Christelike kerke hou en begrafnisse by Boeddhiste tempels hou. 'n Klein minderheid Japannese (0,7%) beskou hulleself as Christene.[71] Verder het daar sedert die middel van die 19de eeu talle sektes (Shinshūkyō) in Japan ontstaan soos Tenrikyo en Aum Shinrikyo/Aleph.

Ongeveer 99% van die bevolking praat Japannees as hulle eerste taal.[71] Dit is 'n agglutinatiewe taal wat onderskei word deur 'n stelsel van beleefdheidsvorme wat die hiërargiese aard van die Japannese samelewing weerspieël, met werkwoordvorme en besondere woordeskat wat die relatiewe status van die spreker en luisteraar weerspieël. Japannees het groot dele van sy woordeskat uit Sjinees geleen of afgelei. Sedert die Tweede Wêreldoorlog is baie woorde ook uit Engels opgeneem. Die Japannese skryfstelsel gebruik kanji (Sjinese karakters) en twee versamelings kana (lettergreepskrifte) gegrond op vereenvoudigde Sjinese karakters, sowel as die Latynse alfabet en Arabiese syfers. Die Ryūkyūan tale, wat ook deel vorm van die Japonniese taalfamilie waartoe Japannees behoort, word in Okinawa gepraat, maar min kinders leer vandag hierdie tale.[79] Die Ainu taal staan op die randjie van uitsterwing met slegs 'n paar ou eerste taal sprekers wat in Hokkaidō oorbly.[80] Meeste openbare en privaatskole vereis dat leerlinge kursusse in beide Japannees en Engels neem.[81]

[wysig] Onderwys en gesondheid

Yasuda Ouditorium, Tokio Universiteit

Primêre, sekondêre skole en universiteite is in Japan ingevoer in 1872 as 'n gevolg van die Meiji Restorasie.[82] Sedert 1947 bestaan verpligte onderwys in Japan uit basisskool en middelskool, wat nege jaar duur (van die ouderdom van 6 tot 15). Byna al die kinders sit hulle onderwys voort by 'n drie-jaar hoërskool, ongeveer 75,9% van die skoolverlaters woon universiteit, junior kollege, vakskool, of ander vorme van tersiêre onderwys by.[83] Japan se onderwys is uiters mededingend,[84] veral vir toelating tot hoëronderwysinrigtings. Die twee mees hoogsaangeskrewe universiteite in Japan is die Universiteit van Tokio en Kioto Universiteit.[85] Die Program vir Internasionale Studentebeoordeling, wat deur OESO gekoördineer word, plaas Japannese kennis en vermoëns van 15-jariges as die 6de beste ter wêreld.[86]

In Japan word gesondheidsdienste deur die nasionale regering en plaaslike owerhede verskaf deur 'n universele gesondheidssorg- en versekeringstelsel wat relatiewe gelyke toegang bied, met tariewe wat deur 'n regeringskomitee bepaal word. Inwoners sonder versekering deur hulle werkgewers kan aan die nasionale gesondheidsversekeringprogram deelneem wat deur plaaslike owerhede geadministreer word. Sedert 1973 word alle bejaardes deur regeringsgeborgde versekering gedek.[87] Pasiënte mag van die geneeskundige of gesondheidsfasiliteit van hulle keuse gebruik maak.[88]

[wysig] Kuns en kultuur

Die Groot Golf by Kanagawa (1832), 'n ukiyo-e uit 36 Aansigte van Berg Foedji deur Hokusai.

Japannese kultuur het oor baie jare ontwikkel, van die land se oorspronklike Jōmon-kultuur tot sy huidige kultuur, wat invloede uit Asië, Europa en Noord-Amerika kombineer. Histories is Japan gekenmerk deur skielike invoering van vreemde idees gevolg deur lang tydperke van minimale kontak met die buitewêreld. In die proses het die Japannese die vermoeë ontwikkel om elemente van buitelandse kulture te absorbeer, na te volg en uiteindelik elemente van die vreemde kultuur te assimileer en deel te maak van die eiesoortige inheemse Japannese kultuur.

Tradisionele Japannese kuns sluit in kunsvlyt (ikebana, origami, ukiyo-e, poppe, lakwerk, pottebakkery), opvoerings (bunraku, dans, kabuki, noh, rakugo), tradisies (spele, teeseremonie, budō, argitektuur, tuinbou, swaarde) en kookkuns. Die versmelting van tradisionele houtblokdrukwerk en westerse kuns het gelei tot die skep van manga, 'n tipies Japannese strokiesverhaalformaat wat nou ook buite Japan gewildheid verwerf het.[89] Animasie vir televisie en film wat deur Manga beïnvloed is, word anime genoem. Japannese videospeletjietoestelle het sedert die 1980 opgang gemaak.[90]

'n Tradisionele Japannese teehuis.

Japannese musiek is eklekties met instrumente, skale en style wat van buurlande geleen is. Baie instrumente, soos die koto, is in die 9de en 10de eeue ingevoer. Die gepaardgaande, verhalende Noh-drama dateer uit die 14de eeu en die gewilde volksmusiek, met die ghitaaragtige shamisen, uit die 16de eeu.[91] Westerse musiek, wat in die laat 19de eeu ingevoer is, vorm nou 'n integrale deel van die kultuur. Naoorlogse Japan is hewig deur Amerikaanse en Europese moderne musiek beïnvloed, wat gelei het tot die ontwikkeling van 'n popmusiek vorm wat as J-Pop bekend staan.[92] Karaoke is die kulturele aktiwiteit wat die meeste beoefen word.[93]

Die vroegste Japannese letterkundige werke sluit in twee historiese boeke, die Kojiki en die Nihon Shoki en die 8ste eeuse digbundel, Man'yōshū, wat almal in Sjinese karakters geskryf is.[94] In die vroeë jare van die Heian-tydperk het die kana transkripsiestelsel, Hiragana en Katakana, ontwikkel. Die verhaal van die bamboessnyer word as die oudste Japannese verhaal beskou.[95] 'n Mededeling van Heian-hoflewe word deur Makura no Sōshi ("kussingboek") weergegee en is deur Sei Shōnagon geskryf, terwyl Die Verhaal van Genji deur Murasaki Shikibu baie keer as die wêreld se eerste roman beskryf word. Tydens die Edo-tydperk het letterkunde deel geword van die chōnin, die gewone mense, se lewe en is dit nie meer beperk tot die samoerai-aristokrasie nie. Yomihon het byvoorbeeld gewild geword en dui op die diepgaande verandering in leser- en outeurskap.[95] In die Meiji-tydperk het tradisionele letterkundige vorms begin taan soos wat Japannese letterkunde Westerse invloede opgeneem het. Natsume Sōseki en Mori Ogai was die eerste "moderne" romanskrywers van Japan, gevolg deur Akutagawa Ryūnosuke, Tanizaki Jun'ichirō, Kawabata Yasunari, Mishima Yukio en meer onlangs, Murakami Haruki. Japan het twee Nobelprysbekroonde outeurs — Kawabata Yasunari (1968) en Oe Kenzaburo (1994).[95]

Japannese beeldende kuns dek 'n wye verskeidenheid style en media insluitend pottebakkery, beeldhou in hout en brons, inkverf op sy en papier en talle ander tipies kunswerke. Skilder is die gewildste vorm van kunsinigge uitdrukking in Japan. Die Japannese het tot met die aanbreek van die moderne era met 'n borsel geskryf eerder as 'n pen wat waarskynlik bygedra het tot die waardering van skilder en skildertegniek. Met die opkoms van populêre kultuur in die Edo-tydperk het die ukiyo-e houtdruk style ontwikkel. Beeldhou word meestal met godsdiens geassosieer en is aan die taan met die verminderde klem op tradisionele Boeddhisme. Japannese keramiekware word as van die gevorderdste ter wêreld beskou. In argitektuur word Japannese voorkeur vir natuurlike materiale en 'n interaksie tussen buite- en binneruimtes duidelik uitgedruk. Japannese moderne kuns neem talle vorms aan en druk net soveel idees soos moderne kuns in die algemeen uit. Dit wissel van advertensie, anime, videospeletjies en die meer tradisionele argitektuur, beeldhou, skilder en skets. Een van Japan se mees bekende eietydse Japannese kunstenaars is Takashi Murakami wat werke skep waarvan die styl deur anime geïnspireer is en wat as "superflat" beskryf word.

Die geskiedenis van Japannese film strek meer as 'n honderd jaar terug en het begin met die stilprente Bake Jizo ("Jizo die Spook") en Shinin no sosei ("Heropstanding van 'n Lyk"), beide uit 1898.[96]. In Japan is stilprente tot laat in die 1930's gemaak. In die aanloop tot die Tweede Wêreldoorlog het vermeerderde sensorskap tot veroordeling van linksleunende films regisseurs soos Daisuke Ito gelei. Een van Japan se bekendste regisseurs, Akira Kurosawa, het sy eerste film, Sugata Sanshiro, in 1943 gemaak. Na die oorlog het die westerse besetting van Japan daartoe gelei dat Japan vir 'n dekade lank blootgestel is aan Amerikaanse animasie wat tydens die oorlog verban is. Die bloeitydperk van Japannese film is in die 1950's bereik met films soos Kurosawa se Rashomon en Sewe Samoerai en Yasujiro Ozu se Tokio Storie, wat as onder die beste films ooit gereken word.[97] Meer onlangs het Shohei Imamura die Palme d'Or (ook soms verwys na as die "goue palm") vir 'n tweede keer gewen vir sy en die Iranese Abbas Kiarostami regisseur se The Eel (1997). Hayao Miyazaki se Porco Rosso (1992) en Prinses Mononoke het (1997) nuwe rekords by die loket gestel wat slegs deur die Amerikaanse Titanic geklop is. Nuwe anime regiseurs het ook in die 1990's op die toneel verskyn met Hideaki Anno se Neon Genesis Evangelion, wat algemeen as een van die mees invloedryke anime van alle tye beskou word. In die 21ste eeu het Battle Royale kultusstatus Japan en in Brittanje verwerf en Hayao Miyazaki se Spirited Away (2001) Japannese loketrekords gebreek en 'n Oscar vir beste geanimeerde film gewen.

[wysig] Sport en ontspanning

Tradisioneel word soemo as Japan se nasionale sport beskou en dit is een van die gewildste toeskouersportsoorte in Japan.[98] Vegkuns soos judo, karate en kendō word ook wydverspreid beoefen en deur toeskouers geniet. Na die Meiji-restorasie is talle Westerse sportsoorte na Japan ingevoer en het dit deur die onderwysstelsel versprei.[99]

Die Bofballiga is in 1936 gestig.[100] Vandag is dit een van die gewildste sportsoorte in Japan. Sedert die vestiging van die Japan Professionele Voetballiga in 1992 het sokker ook 'n beduidende gevolg verkry.[101] Japan was 'n gasheer vir die Intercontinental Cup van 1981 tot 2004 en het die 2002 FIFA Sokker Wêreldbeker saam met Suid-Korea aangebied. Japan se sokkerspan is een van die mees suksesvolle spanne in Asië en het die Asiatiese Beker reeds drie keer gewen.

Japan se nasionale rugbyspan is tradisioneel die sterkste rugbyspan in Asië, maar het oor die jare gemengde resultate teen nie-Asiatiese spanne gehad. Rugby word deur die Japan Rugbyvoetbalunie (wat in 1926 gestig is) geadministreer. Die span neem jaarliks deel aan die Pasifiese Nasiesbeker teen Australië A, Fidji, die Junior All Blacks, Samoa en Tonga. Die span het ook aan elke Rugby Wêreldbeker deelgeneem maar hulle het tot dusver nog net een wedstryd in die toernooi gewen; teen Zimbabwe in 1991.

Golf is ook gewild in Japan,[102] en so ook motorresies, die Super GT sportmotorreeks en Formule Nippon.[103]

[wysig] Eksterne skakels

[wysig] Amptelik

[wysig] Ander

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Japan (bladsy)

[wysig] Verwysings

  1. ^ "Nihon Rettō". Daijirin / Yahoo Japan dictionary. URL besoek op 2007-05-07.
  2. ^ 2,0 2,1 2,2 "World Factbook; Japan". CIA: 2007-03-15. URL besoek op 2007-03-27.
  3. ^ [1]Habu Jinko, "Ancient Jomon of Japan", Cambridge Press, 2004
  4. ^ "The Yayoi period (c.250 BC – c.AD 250)". Encyclopædia Britannica: 2006. URL besoek op 2006-12-28.
  5. ^ Jared Diamond (June 1998). "Japanese Roots". Discover Magazine Vol. 19 No. 6.
  6. ^ "Pottery". MSN Encarta. URL besoek op 2006-12-28.
  7. ^ De Bary, William Theodore (2005). Sources of Japanese Tradition. Columbia University Press, 1304. ISBN 023112984X. Besoek op 2007-01-29. 
  8. ^ Minnesota State University, Timeline of Japanese History, Asuka Period, Besoek op 3 Februarie 2008
  9. ^ (1993) Delmer M. Brown (ed.): The Cambridge History of Japan. Cambridge University Press, 140–149. 
  10. ^ William Gerald Beasley (1999). The Japanese Experience: A Short History of Japan. University of California Press, 42. ISBN 0520225600. Besoek op 2007-03-27. 
  11. ^ Conrad Totman (2002). A History of Japan. Blackwell, 64–79. ISBN 978-1405123594. 
  12. ^ Conrad Totman (2002). A History of Japan. Blackwell, 79–87. ISBN 978-1405123594. 
  13. ^ Conrad Totman (2002). A History of Japan. Blackwell, 122–123. ISBN 978-1405123594. 
  14. ^ George Sansom (1961). A History of Japan: 1334–1615. Stanford, 42. ISBN 0-8047-0525-9. 
  15. ^ George Sansom (1961). A History of Japan: 1334–1615. Stanford, 217. ISBN 0-8047-0525-9. 
  16. ^ Stephen Turnbull (2002). Samurai Invasion: Japan's Korean War. Cassel, 227. ISBN 978-0304359486. 
  17. ^ Hooker, Richard (1999-07-14). "Japan Glossary; Kokugaku". Washington State University. URL besoek op 2006-12-28.
  18. ^ Jesse Arnold. "Japan: The Making of a World Superpower (Imperial Japan)". vt.edu/users/jearnol2. URL besoek op 2007-03-27.
  19. ^ Kelley L. Ross. "The Pearl Harbor Strike Force". friesian.com. URL besoek op 2007-03-27.
  20. ^ Roland H. Worth, Jr. (1995). No Choice But War: the United States Embargo Against Japan and the Eruption of War in the Pacific. McFarland. ISBN 0-7864-0141-9. 
  21. ^ "Japanese Instrument of Surrender". educationworld.net. URL besoek op 2006-12-28.
  22. ^ "The Nanking Atrocities: The Postwar Judgment". University of Missouri-Columbia. URL besoek op 2007-03-27.
  23. ^ Joseph Coleman (2006-03-06). "'52 coup plot bid to rearm Japan: CIA". The Japan Times. URL besoek op 2007-04-03.
  24. ^ "Japan scraps zero interest rates". BBC News Online: 2006-07-14. URL besoek op 2006-12-28.
  25. ^ 25,0 25,1 25,2 "The Constitution of Japan". House of Councillors of the National Diet of Japan: 1946-11-03. URL besoek op 2007-03-10.
  26. ^ "A History of the Liberal Democratic Party". Liberal Democratic Party of Japan. URL besoek op 2007-03-27.
  27. ^ "Prime Minister of Japan and his Cabinet". Office of the Prime Minister of Japan. URL besoek op 2007-03-27.
  28. ^ 28,0 28,1 ""Japanese Civil Code"". Encyclopædia Britannica: 2006. URL besoek op 2006-12-28.
  29. ^ "The Japanese Judicial System". Office of the Prime Minister of Japan. URL besoek op 2007-03-27.
  30. ^ 30,0 30,1 Prime Minister of Japan and his Cabinet, Basic Strategies for Japan's Foreign Policy in the 21st Century New Era, New Vision, New Diplomacy, Besoek op 22 Januarie 2008
  31. ^ Michael Green. "Japan Is Back: Why Tokyo's New Assertiveness Is Good for Washington". Real Clear Politics. URL besoek op 2007-03-28.
  32. ^ "UK backs Japan for UNSC bid". Cenral Chronicle. URL besoek op 2007-03-28.
  33. ^ Table: Net Official Development Assistance In 2004 (PDF).PDF (32.9 KiB) Organisation for Economic Co-operation and Development (2005-04-11). Retrieved on 2006-12-28.
  34. ^ 34,0 34,1 "Tokyo says it will bring troops home from Iraq". International Herald Tribune: 2006-06-20. URL besoek op 2007-03-28.
  35. ^ "Japan approves constitution steps". BBC News. URL besoek op 2007-05-15.
  36. ^ Mabuchi, Masaru (May 2001). "Municipal Amalgamation in Japan (PDF)". World Bank. URL besoek op 2006-12-28.
  37. ^ "Japan—City Population". citypopulation.de. URL besoek op 2007-02-01.
  38. ^ ""Japan"". Microsoft® Encarta® Online Encyclopedia: 2006. URL besoek op 2006-12-28.
  39. ^ "Japan Information—Page 1". WorldInfoZone.com. URL besoek op 2006-12-28.
  40. ^ "World Population Prospects". UN Department of Economic and Social Affairs. URL besoek op 2007-03-27.
  41. ^ "Tectonics and Volcanoes of Japan". Oregon State University. URL besoek op 2007-03-27.
  42. ^ "Attractions: Hot Springs". JNTO. URL besoek op 2007-04-01.
  43. ^ 43,0 43,1 "Essential Info: Climate". JNTO. URL besoek op 2007-04-01.
  44. ^ "Gifu Prefecture sees highest temperature ever recorded in Japan - 40.9". Japan News Review Society: 2007-08-16. URL besoek op 2007-08-16.
  45. ^ "Flora and Fauna: Diversity and regional uniqueness". Embassy of Japan in the USA. URL besoek op 2007-04-01.
  46. ^ Automaker Rankings 2007: The Environmental Performance of Car Companies, Union of Concerned Scientists, 10/15/07.
  47. ^ Totman, Conrad. "Tokugawa Peasants: Win, Lose, or Draw?" Monumenta Nipponica 41:4 (Winter 1986), pp457-476.
  48. ^ Lost Japan: ISBN 0-86442-370-5; Dogs & Demons: ISBN 0-14-101000-2
  49. ^ "Unprecedented Summit in Japan Aims to Tackle Overfishing of Dwindling Tuna Stock", Associated Press, 2007-01-24. URL besoek op 2008-01-14.
  50. ^ 2005 Environmental Sustainability Index Benchmarking National Environmental Stewardship, Yale Center for Environmental Law and Policy, Yale University en Center for International Earth Science Information Network, Columbia University, 2005.
  51. ^ 51,0 51,1 "World Economic Outlook Database; country comparisons". IMF: 2006-09-01. URL besoek op 2007-03-14.
  52. ^ "NationMaster; Economy Statistics". NationMaster. URL besoek op 2007-03-26.
  53. ^ 53,0 53,1 53,2 53,3 53,4 "World Factbook; Japan—Economy". CIA: 2006-12-19. URL besoek op 2006-12-28.
  54. ^ "Japan's Economy: Free at last". The Economist: 2006-07-20. URL besoek op 2007-03-29.
  55. ^ "Why Germany's economy will outshine Japan". MoneyWeek: 2007-02-28. URL besoek op 2007-03-28.
  56. ^ Corporate Profile, Japan Post Bank Co., Ltd.
  57. ^ Company Overview, Mitsubishi UFJ Financial Group, Inc.
  58. ^ Company Information, Mizuho Financial Group.
  59. ^ Company Profile, Sumitomo Mitsui Financial Group.
  60. ^ Market data. New York Stock Exchange (2006-01-31). Retrieved on 2007-08-11.
  61. ^ "Japan: Patterns of Development". country-data.com: January 1994. URL besoek op 2006-12-28.
  62. ^ Masake, Hisane. A farewell to zero. Asia Times Online (2006-03-02). Retrieved on 2006-12-28.
  63. ^ Kingshuk Roy. Water Resources in relation to Major Agro-Environmental Issues in JapanPDF (111 KiB). College of Bioresource Sciences, Nihon University (2006). Retrieved on 2007-02-21.
  64. ^ "Japan: Country Information". Strategis. URL besoek op 2007-04-01.
  65. ^ Blustein, Paul. "China Passes U.S. In Trade With Japan: 2004 Figures Show Asian Giant's Muscle". The Washington Post (2005-01-27). Afgelaai op 2006-12-28.
  66. ^ McDonald, Joe. "China to spend $136 billion on R&D." BusinessWeek (2006-12-04).
  67. ^ The Boom in Robot Investment Continues—900,000 Industrial Robots by 2003. and United Nations Economic Commission for Europe, Press release 2000-10-17. Afgelaai op 2006-12-28.
  68. ^ "World Motor Vehicle Production by Country". oica.net: 2006. URL besoek op 2007-07-30.
  69. ^ "Japan Plans Moon Base by 2030". MoonDaily: 2006-08-03. URL besoek op 2007-03-27.
  70. ^ "Japan Aerospace Exploration Agency Homepage". Japan Aerospace Exploration Agency: 2006-08-03. URL besoek op 2007-03-28.
  71. ^ 71,0 71,1 71,2 "World Factbook; Japan—People". CIA: 2006-12-19. URL besoek op 2007-01-05.
  72. ^ "The World Factbook: Rank order—Life expectancy at birth". CIA: 2006-12-19. URL besoek op 2006-12-28.
  73. ^ 73,0 73,1 "Statistical Handbook of Japan: Chapter 2—Population". Japan Ministry of Internal Affairs and Communications. URL besoek op 2006-12-28.
  74. ^ 74,0 74,1 Ogawa, Naohiro."Demographic Trends and Their Implications for Japan's Future" The Ministry of Foreign Affairs of Japan. Transcript of speech delivered on (7 March, 1997). Retrieved on 14 May 2006.
  75. ^ Hidenori Sakanaka (2005-10-05). "Japan Immigration Policy Institute: Director's message". Japan Immigration Policy Institute. URL besoek op 2007-01-05.
  76. ^ French, Howard."Insular Japan Needs, but Resists, Immigration". "The New York Times" (2003-07-24). Retrieved on 2007-02-21.
  77. ^ Bureau of Democracy, Human Rights, and Labor (2006-09-15). "International Religious Freedom Report 2006". U.S. Department of State. URL besoek op 2007-12-04.
  78. ^ Kisala, Robert (2005). in Robert Wargo: The Logic Of Nothingness: A Study of Nishida Kitarō. University of Hawaii Press, 3-4. ISBN 0-8248-2284-6.
  79. ^ 言語学大辞典セレクション:日本列島の言語 (Selection from the Encyclopædia of Linguistics: The Languages of the Japanese Archipelago). "琉球列島の言語" (The Languages of the Ryukyu Islands). 三省堂 1997
  80. ^ "15 families keep ancient language alive in Japan". UN. URL besoek op 2007-03-27.
  81. ^ Lucien Ellington (2005-09-01). "Japan Digest: Japanese Education". Indiana University. URL besoek op 2006-04-27.
  82. ^ Lucien Ellington (2003-12-01). "Beyond the Rhetoric: Essential Questions About Japanese Education". Foreign Policy Research Institute. URL besoek op 2007-04-01.
  83. ^ "School Education". (PDF) MEXT. URL besoek op 2007-03-10.
  84. ^ Kate Rossmanith (2007-02-05). "Rethinking Japanese education". The University of Sydney. URL besoek op 2007-04-01.
  85. ^ "The Times Higher Education Supplement World University Rankings". (PDF) TSL Education Ltd.: 2005-10-28. URL besoek op 2007-03-27.
  86. ^ OECD’s PISA survey shows some countries making significant gains in learning outcomes, OECD, 04/12/2007. Range of rank on the PISA 2006 science scale
  87. ^ Victor Rodwin. "Health Care in Japan". New York University. URL besoek op 2007-03-10.
  88. ^ "Health Insurance: General Characteristics". National Institute of Population and Social Security Research. URL besoek op 2007-03-28.
  89. ^ "A History of Manga". NMP International. URL besoek op 2007-03-27.
  90. ^ Leonard Herman, Jer Horwitz, Steve Kent, and Skyler Miller. "The History of Video Games". Gamespot. URL besoek op 2007-04-01.
  91. ^ Japanese Culture, The Concise Columbia Encyclopedia, 1983 edition, © Columbia University Press ISBN 0-380-63396-5
  92. ^ "J-Pop History". The Observer. URL besoek op 2007-04-01.
  93. ^ Kelly, Bill. (1998). "Japan's Empty Orchestras: Echoes of Japanese culture in the performance of karaoke", The Worlds of Japanese Popular Culture: Gender, Shifting Boundaries and Global Cultures, bl. 76. Cambridge University Press.
  94. ^ "Asian Studies Conference, Japan (2000)". Meiji Gakuin University. URL besoek op 2007-04-01.
  95. ^ 95,0 95,1 95,2 "Windows on Asia—Literature : Antiquity to Middle Ages: Recent Past". Michigan State University, Office of International Studies and Programs. URL besoek op 2006-12-28.
  96. ^ Seek Japan | J-Horror: An Alternative Guide
  97. ^ BFI | Sight & Sound | Top Ten Poll 2002
  98. ^ "Sumo: East and West". PBS. URL besoek op 2007-03-10.
  99. ^ "Culture and Daily Life". Embassy of Japan in the UK. URL besoek op 2007-03-27.
  100. ^ Nagata, Yoichi and Holway, John B. (1995). “Japanese Baseball”, Pete Palmer: Total Baseball, fourth edition, New York: Viking Press, 547. 
  101. ^ "Soccer as a Popular Sport: Putting Down Roots in Japan". (PDF) The Japan Forum. URL besoek op 2007-04-01.
  102. ^ Fred Varcoe. "Japanese Golf Gets Friendly". Metropolis. URL besoek op 2007-04-01.
  103. ^ Len Clarke. "Japanese Omnibus: Sports". Metropolis. URL besoek op 2007-04-01.


 
Lande van Asië

Afganistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kazakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek van Sjina (Sjina) | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabach - Republiek van Sjina (Taiwan) - Staat van Palestina - Suid-Ossetië - Turkse Republiek van Noord-Siprus

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika

Persoonlike gereedskap
Naamruimtes
Variante
Aksies
Navigasie
Gereedskap
Ander tale